Drie rowers deur polisie doodgeskiet

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

Drie vermeende rowers is Donderdag in ʼn skietgeveg met die polisie in Roodepoort doodgeskiet.

Volgens kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, het ʼn multidissiplinêre span van die polisie en lede van private veiligheidsmaatskappye reageer op inligting oor ’n groep verdagtes wat by gewapende rooftogte in Gauteng betrokke is.

Die span is in Roodepoort ontplooi waar hulle twee voertuie opgemerk het wat ooreengestem het met die beskrywings wat ontvang is. Die motors het teen ʼn hoë spoed by ʼn winkelsentrum uitgery.

’n Jaagtog en skietgeveg het gevolg en drie verdagtes is in die proses noodlottig gewond. ʼn Lid van die publiek is gewond en drie staatsvoertuie is ook tydens die voorval beskadig, het Sello gesê.

Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die verdagtes kort tevore ʼn poskantoor van ʼn onbekende bedrag kontant beroof het.

Daar is op drie vuurwapens en van die gesteelde geld beslag gelê. Die rowers in die ander voertuig kon daarin slaag om weg te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Kriminele moet desperaat wees om ‘n poskantoor te beroof. Die stand van die ekonomie moet wragtig sleg wees.

Danie ·

Ek lees ook sekuriteit betrokke dan is dit danksy hulle flink optrede en sukses.

Sêmanet ·

Is daar ooit nog geld in die poskantoor?? Hulle het seker posseëls gebuit.

Corné ·

Hier was n helse geskietery op Robert Broom langs Helderkruin Laerskool eergister. Weet julle manne by Maroela wat daar gebeur het al? Hulle het n Sassa bussie probeer roof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.