Drie sterf, 8 beseer toe taxi van brug af ry

Foto: ER24

Drie mense is dood en agt beseer toe ʼn minibus-taxi Sondag in die vroeë oggendure van ʼn brug in Constantia Kloof in Johannesburg afgetuimel en op sy dak te lande gekom het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 02:30 gebeur. By paramedici se aankoms op die toneel het daar mense op die grond gelê, terwyl ander op ʼn nabygeleë sypaadjie gesit het.

“By nadere ondersoek is daar gevind dat drie mense reeds gesterf het. Agt ander het matige tot ernstige beserings opgedoen,” het sy gesê. Die pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bella ·

Dis omdat daar nie padreëls is vir taxis nie. Spoed, roekeloos, vervalle voertuie, gee nie om vir ander bestuurders nie…. dis hartseer om sulke nuus te sien…. maar ‘n skande dat daar niks aan gedoen word nie

Johanna Botha ·

Volg geen reels betaal geen tolgelde ry die paaie vrot en betaal geen belasting …daar is die antwoord

Chrisjan ·

Ek wag nog om te hoor of hier ‘n minister van Vervoer in die’ vrot land is!Hy/sy kruip deksels goed weg maar ontvang ‘n salaris sonder om IETS daarvoor te doen.Ek hoop dat as Ramaphosa verkies word as die nuwe president,hy dadelik ontslae sal raak van die naamlose en gesiglose onbevoegde minister.

Elsa ·

Verskeie kere was geskryf aan Chronicle koerantjie oor die spoed op die paaie aan die Wes Rand asook Taxies wat reels oortree dan volg anders motors hul voorbeeld, maar dit het op dowe ore geval. Jammer dat daar nie digbaarheid is van verkeers polisie en polisie nie….ongelukke kon voorkom word

Cherokee ·

Inteendeel Elsa, die probleem is dat daar so bàie digbaarheid is by die metro en sap. Hulle is dikwels heel dig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.