Die Sharks word aanstaande jaar die eerste Superrugbyspan uit Suid-Afrika wat in Hongkong in aksie sal wees, het die Hongkongse Rugbyunie (HKRU) Sondag bekend gemaak.
Lees meerAlles vir Sondag 17 Desember 2017
Vier vas ná moord op tienerseun
Volgens die polisie is die vier verdagtes almal tussen 16 en 18 jaar oud. Die vierde verdagte se ma het hom na die polisiestasie gebring.
ANC-konferensie: Hier is benoemings vir top-ses
Die ANC het Sondagaand by die nasionale konferensie wat by Nasrec in Johannesburg gehou word die lys bekendgemaak van aanspraakmakers vir die top-posisies in die party.
ANC-konferensie: Nee vir twee adjunkpresidente
Benoeming vir die ANC-top-ses sal Sondag vroegaand begin.
Drie sterf, 8 beseer toe taxi van brug af ry
Drie mense is dood en agt beseer toe ʼn minibus-taxi Sondag in die vroeë oggendure van ʼn brug in Constantia Kloof in Johannesburg afgetuimel en op sy dak te lande gekom het.
ANC-Vroueliga staan by Dlamini-Zuma
Bathabile Dlamini, president van die ANC Vroueliga (ANCVL), was Sondag steeds oortuig dat hul voorkeurkandidaat die stryd om die presidentskap van die party sal wen ondanks die verlies aan stemme in sleutelondersteuningsgebiede.
Drie ‘kapers’ doodgeskiet
Drie vermeende kapers is die afgelope naweek in twee verskillende voorvalle deur KwaZulu-Natalse polisiebeamptes doodgeskiet.
ANC-konferensie: Stemproses kan nou voortgaan
Volgens mediaberigte sal 4 776 afgevaardigdes aan die stemproses deelneem.
Nog ʼn persoon verdwyn in see
Twee reddingsbote en ʼn aantal reddingswemmers is uitgestuur om na die man te soek.
Superspanne verloor meer spelers as wat hulle bykry
Is dit die geldnood wat knyp, of maak die vier Suid-Afrikaanse Super-franchise’e staat op hulle jong spelers wat in die loop van 2017 tot Superrugbyvlak ontwikkel het?
Een sterf, 3 beseer toe motor rol
Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle ʼn vrou aangetref wat in die middel van die snelweg gelê het.
Man vas wat glo missielonderdele vir Noord-Korea wou verkoop
Die polisie beweer die man het die verkoop van missielkomponente, insluitende sagteware vir leidingstelsels van ballistiese missiele, probeer bewerkstellig en het ook na bewering probeer om steenkool aan derdepartye in Indonesië en Viëtnam te verkoop.
Nog Bokke op pad oorsee?
Dit gaan een van die Rassie Erasmus se grootste hoofpyne wees: om te keer dat al hoe meer Suid-Afrikaanse spelers in die buiteland gaan speel.
Seun verdwyn in see aan Noordkus
ʼn Verbyganger het opgemerk hoe die seun onder die golwe in die see verdwyn.
Polisie krap kop oor miljardêr-egpaar se raaiseldood
Die Kanadese miljardêr Barry Sherman en sy vrou, Honey, het onlangs hul luukse huis in Toronto in Kanada vir ongeveer $5,4 miljoen (sowat R70 miljoen) op die mark gesit. Vrydag is die egpaar onder raaiselagtige omstandighede dood in hul huis aangetref.
Drie vas oor vuurwapens, gekaapte voertuie
Polisiebeamptes het die motor deursoek en twee AK 47’s, ʼn LM5-geweer, twee pistole en ammunisie in die motor gevind.
Titans se wegholsege bring goeie nuus vir Proteas
Goed, dit is nou wel eerder vermaaklikheid as krieket, maar daar was Saterdagaand in die Ram Slam-eindstryd tog goeie nuus vir Suid-Afrika met die oog op aanstaande maand se toetsreeks teen Indië.
Motorfietsryer ernstig beseer ná hy meters ver val
“Toe reddingswerkers die man uiteindelik tot op grondvlak gekry het, is hy met ʼn helikopter van die Suid-Afrikaanse Lugmag na die Mediclinic Tzaneen geneem vir verdere behandeling.”
Gratis onderrig: Tesourie ondersoek moontlikhede
Nadat pres. Jacob Zuma Saterdag wyd reaksie ontlok het met sy aankondiging dat die regering gratis hoër onderrig vir arm en werkersklasstudente sal subsidieer, het die nasionale tesourie gesê hy het kennis geneem van dié aankondiging en sal moontlike finansieringsopsies ondersoek.
Mbete steun nou vir Ramaphosa
“Ons het gepraat en ons stem saam oor hoe om die kwessies rondom eenheid in die organisasie aan te pak.”