Drie sterf in Limpopo-ongeluk

Die wrak van die Toyota Avanza. (Foto: SAPD)

Die polisie in Limpopo ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n motor Saterdag vroegoggend langs die Ga-Masemola-nedersetting omgeslaan het.

Drie mans is in die voorval dood.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die bestuurder van ’n Toyota Avanza het omstreeks 06:00 beheer oor dié voertuig verloor waarna dit omgeslaan het.

Die bestuurder en twee passasiers is op die toneel dood verklaar. Een passasier het die voorval oorleef en slegs ligte beserings opgedoen.

Dit is nie in dié stadium duidelik wat aanleiding tot die ongeluk gegee het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wielspore ·

Ons het self ‘n Toyota Avanza besit en die hoof rede hoekom ons hom weer verkoop het was sy onstabiliteit op die pad. Gedurende een van ons ritte het ek amper die Avanza om gegooi toe die pad oppervlakte se hoogte verander het. Die voertuig het soos ‘n wilde perd die pad vol gespring en dit was die laaste…. koebaai Avanza.

Cherokee ·

As jy wil bestuur Wiele, dan moet jy ervare wees en kophou!

Cherokee ·

Ek hoop, ja ek hoop daar gaan nie weer iemand dit in sy kop kry om te vra teen wie die saak van manslag ondersoek word nie. Dit sal nie slim wees nie.

Gert Johannes ·

Wie moet nou aangekla word van strafbare manslag??@@

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.