Drie van Gauteng se vier isolasiepersele gesluit

Die Nasrec-veldhospitaal. (Foto: Nokuthula Mbatha/ANA)

Die Nasrec-veldhospitaal wat opgerig is in reaksie op die Covid-19-pandemie sal tot Januarie volgende jaar in bedryf bly, hoewel drie ander kwarantyngeriewe in die provinsie nou gesluit word.

“Die kruin is nie teen die einde van September bereik soos wat aanvanklik voorspel is nie en die gevaar van ʼn tweede vlaag van infeksies bestaan volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie steeds,” het Jacob Mamabolo, waarnemende LUR vir gesondheid, gesê.

Volgens Mamabolo is die bedreiging van Covid-19-infeksies nog nie heeltemal afgeweer nie en om dié rede bly die hospitaal steeds in bedryf.

“Die provinsie is versigtig om die getal beddens buite die hospitaalomgewing te verminder sonder oorweging van onderliggende bedreigings soos ʼn tweede vlaag wat reeds in ander lande gesien is,” het hy Dinsdag gesê.

Die Nasrec-veldhospitaal was een van vier fasiliteite wat die provinsie laat oprig het vir isolasie- en kwarantyndoeleindes van Covid-19-pasiënte in die provinsie. Ander persele was by Telkom in Olifantsfontein, Transnet in Esselen Park en Eskom in Midrand.

Die departement sê weens die lae vraag na dienste by die fasiliteite en die behoefte van die eienaars om die venues te gebruik, is die persele by Telkom en Transnet in onderskeidelik Augustus en September gesluit. Die perseel by Eskom sal na verwagting teen die einde van volgende maand gesluit word.

Die veldhospitaal by Nasrec sal eers ná Januarie volgende jaar toegemaak word, nadat infeksies oor die feestyd fyn dopgehou is.

Gauteng het teen Dinsdag 225 559 Covid-19-gevalle gehad waarvan 204 424 mense reeds herstel het. Die dodetal in die provinsie weens die virussiekte staan op 4 621.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

gehasie ·

Al is dit somer, die tweede vlaag is oppad!!! Wat nou gemaak? Of is C-19 die leuen van die eeu! ?

Dries ·

Voorsorg seker beter as nasorg, maar sal interessant wees om te weet hoeveel geld vermors is op hierdie manier (buiten nou die Covid-geld wat sommer net blatant geroof is).

Bernard ·

En laasjaar se voorsorg? Of was daar toe nie steun van die internasionale media nie?

Martie Smartie ·

Wanneer begin hulle die helse lot grafte toegooi, of word dit ook oopgehou net vir in case? Dit sal julle ANC narre leer om te luister na die duimsuigers by die WGO …

Jacobus ·

Kan aan baie onvanpaste name dink. Die probleem is dat waar ook al onbevoegdheid en kriminaliteit saamkom is, daar chaos. Die gunsteling jagveld vir ANC.

Jacobus ·

Die bestaan van virus is waar. Die geleentheid wat dit die korrupte spul trog vreters gebied het was een teveel. Groot aspek was om die gewone burger tot oorgawe te wurg en is/was gewoonweg krimineel. Die probleem is dat die maglustige kaders steeds hulle hande op die stuur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.