Drie vas wat lid van Valke glo probeer omkoop

Argieffoto (Foto: Ian Landsberg/ Afrcan News Agency/ANA)

Drie mans is Saterdag in Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ’n senior lid van die Valke probeer omkoop het.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, sê daar is vroeër op die verdagtes se voertuig beslag gelê nadat dit glo gebruik is om onwettige sigarette mee te vervoer.

Die verdagtes het egter Saterdag ’n lid van die Valke genader en haar R7 500 aangebied om die voertuig te laat gaan.

Volgens Maluleke is die verdagtes kort nadat hulle die kontant aan die lid oorhandig het in hegtenis geneem.

Die drie verdagtes, tussen die ouderdom van 31 en 42, staan nou tereg op aanklag van bedrog en sal na verwagting Maandag vir die eerste keer in die plaaslike landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

Hello dommes. Maar net R7500? Klim nie uit die bed vir minder as R75000!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.