Drie vissermanne sterf ná seekoei-aanval

Foto: SAPD/Twitter

Die liggame van drie vissermanne is Saterdag in die Pongolapoortdam naby Jozini in die noorde van KwaZulu-Natal gevind.

Die vissermanne is Donderdag glo deur ʼn seekoei aangeval.

Die Empangeni-polisie se soek-en-reddingspan en ʼn span van Richardsbaai het vaartuigpatrollies in die dam onderneem ná berigte ontvang is dat die vissermanne aangeval is.

Die liggame is Saterdag gevind.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Samuel ·

Dit is baie tragies. Het die vissers dan nie geweet dat seekoeie gevaarlik is nie? Sterkte aan die naasbestaandes.

Erik ·

Dis soos om te vra of mense wat in ‘n motorongeluk sterf nie geweet het hul kan in ‘n ongeluk kom nie.

Tiptol ·

Dis moeilik as jy vir kos op die tafel moet sorg en dis die enigste opsie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.