Driejarige val na dood by Vrystaatse sentrum

Die gesin se uitstappie het tragies geëindig. (Argieffoto: Unsplash)

ʼn Gesin se uitstappie na ʼn winkelsentrum in Bloemfontein het tragies geëindig toe die kind by die sentrum na sy dood geval het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die gesin van vier van Bergman Square naby Bloemfontein was omstreeks 14:30 op pad na die parkeerterrein nadat hulle hul inkopies afgehandel het.

“Die pa het agtergebly om vir die parkering te betaal. Nadat hy by die res van die gesin aangesluit het, het hulle besef die driejarige seuntjie is skoonveld,” sê Makhele.

Hulle het dadelik na die kind begin soek en het ʼn veiligheidswag teëgekom wat gesê het dat ʼn kind geval het.

“Hulle is inderhaas na die plek waar die kind se lewelose liggaam gelê het. Die Parkweg-polisie en paramedici is ontbied en die kind is op die toneel dood verklaar.”

Makhele sê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Meer inligting oor die voorval was nie dadelik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hannelie ·

Absoluut tragies! Ek kan myself nie eens indink waardeur die ouers moes gaan toe die veiligheidswag dit vir hulle sê nie. Ek kan die ouers net sterkte en gebede toewens.

Frank John ·

Baie hartseer. Ek kry die ouers jammer. Dis nie lekker gevoel waneer jou kind iets oor kom nie.

anniekiewiet ·

Dis verskriklik. So iets het ek nog nooit van gehoor in Bloemfontein se winkelsentrums nie. Mag julle getroos word deur Christus se heel grootste liefde en genade.

Marlene ·

Die grootste hartseer wat enige ouer kan deurgaan, om ‘n kind terug te gee. En dit op so ‘n wrede manier. Sterkte aan die ouers en almal na aan hierdie engel kindjie

Mieke ·

Ag hoe tragies! So jammer vir die familie. Klein kinders kan só vinnig in die moeilikheid kom – en voordat jy oë kan uitvee is dit dikwels te laat.

Herman L ·

Dit is tragies, maar was die kind nie onder sy ouers se toesig nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.