Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê Paulos Sithebe (31) het Donderdag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn en is borgtog van R3 000 toegestaan. “Hy kan dit egter nie betaal nie en bly in aanhouding.” Die saak is tot 28 November uitgestel vir verdere ondersoek.
Van Schalkwyk en sy seun Jan-Hendrik is dood nadat hulle bakkie Dinsdagaand teen die vragmotor waarmee Sithebe gery het, gebots het. Jan-Hendrik was ʼn gr. 1-leerling aan die Laerskool ML Fick in Potchefstroom.
Van Schalkwyk se vrou, Karin, en hul twee ander kinders is ook in die botsing beseer. Karin het ernstige beserings in die botsing opgedoen en is al verskeie kere geopereer. Marco (6) het ligte beserings opgedoen terwyl sy ses maande oue babasussie Roelien steeds in die hoësorgeenheid is.Aletta Steyn, Karin se ma, het aan Maroela Media gesê daar is ʼn hulpfonds gestig in ʼn poging om die gesin by te staan. (Besoek Laerskool ML Fick se Facebook-blad hier vir meer besonderhede).
Die botsing is glo veroorsaak deur die vragmotor wat ʼn u-draai gemaak het.
Dis hartverskeurend!!!!! Sooooooo onnodig. Hoop hy sit vir ewig in die selle, hy het n hele gesin verwoes. Sterkte aan almal betrokke. Bid vir herstel vir julle 3!!!
Dis verskriklik erg. Wat ‘n pragtige gesin deur een persoon se dom besluit! Ag Here, dra hierdie vrou in hierdie tyd en seen die kindertjies. Pa en seun is veilig by U maar die wat agterbly se seer!
Ons mooi land het n hartseer land geword. Genesing kan kom, maar nooit nooit sal die littekens uitgewis kan word nie. Watter bitter trane sal daar nog geween word? Mag ons Hemelse Vader jul troos en berusting gee, Mag jul weer jul weg in die lewe vind. MaroelaMedia, Die opskrif lui “drywer”
Dit is verkeerd. Mens praat van n drywer agter n span osse donkies of perde. Vragmotorbestuurder is reg.
I rest my case!! Alweer n vragmotor wat onverskullig gery het. En onskuldige mense is dood en hy het niks oorgekom nie!!! Dit maak my buite myself van woede!!!
Slegs R3 000 borgtog vir 2 lewens!! Hulle moes geensins borgtog toegestaan het nie. Hy het direk 2 mense se dood veroorsaak deur sy onnoselgeit. Maar o, ja? HY het mos menseregte!!