Duidelikheid oor verkoop van babaklere

(Foto: Philippe Jausions/Unsplash)

Die departement van handel en nywerheid het meer duidelikheid gegee oor die verkoop van baba- en kleuterbenodigdhede tydens die staat van algehele afsondering.

Ingevolge bepalings wat die minister van samewerkende regering en tradisionele sake op 25 Maart afgekondig het, word “produkte vir die versorging van babas en kleuters” as noodsaaklike items bestempel.

“Na versoeke om duidelikheid, kan ons bevestig dat die bepaling babaklere, komberse, handdoeke en ander noodsaaklike items vir pasgeborenes, babas en kleuters tot 36 maande oud insluit,” het Sidwell Medupe, woordvoerder van die departement, Donderdag gesê.

Alle winkels, soos onder andere supermarkte, wat toestemming het om noodsaaklike items tydens die staat van algehele afsondering te verkoop, mag dus dié produkte verkoop.

“Ons was in verbinding met die uitvoerende hoofde van groot kleinhandelaars en hulle het onderneem om die produkte tydens die afsonderingstydperk te verkoop teen ʼn prys wat net die basiese produksie- en verspreidingskoste dek,” het Medupe gesê.

Hospitale en klinieke mag die items direk aankoop soos wat hulle dit benodig om na babas in hul sorg om te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anel ·

Wat van ander kinders? Ouers soy met die vakansie vir kinders winterklere koop. Kinders wat ouers is se warm klere pas defnitief nie meer nou nie. Ek wil nog steeds weet hoe ‘n land so gyselaar gehou kan word agv ongeveer 20 onbevestigde virus sterfgevalle. Maar mense word gewoonlik siek van griep in die winter, gaan dood van TB en Vigs, word vermoor maar die land kom nie tot stilstand nie. En die is meer as 20.

Lizel ·

Dit help steeds nie die van ons in afgeleë gebiede en klein dorpies nie. Die naaste winkel aan ons wat reeds oop is en wel baba klere aanhou is 100km weg – en volgens daardie dorp se mense is dit maar skraps. So ek moet 3+ ure ry om by ‘n Pick ‘n Pay Hyper of Clicks te kom. Die hofaansoek het spesifiek gevra klere winkels wat baba klere aanhou moet toegelaat word om oop te maak, soos Pep, Jet of Woolworths (sonder ‘n kos afdeling is hulle ook toe in ons dorp). Hierdie help ons absoluut niks en my baba kom binnekort.

Jan Nel ·

My baba rook en geniet ook so nou en dan ‘n bier. Weet iemand dalk waar ek hierdie noodsaaklikhede vir hom kan aanskaf?

Boortor ·

Gaan vind uit by jou naaste polisie stasie. Ek hoor daar is baie voorraad beskikbaar.

Schalk N ·

Ek het gedink ek is al een met die probleem. DUIDELIK is daar meer van ons… ons arme BABAS word omtrent ru behandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.