Duisende in Mosambiek vlug weens nóg djihadiste-aanvalle

Mense stap na veiligheid in Cabo Delgado, waar hernude aanvalle deur djihadiste duisende mense gedwing het om uit hul huise te vlug. (Foto: Alfredo Zuniga/AFP)

Die Mosambiekse regering het Dinsdag bevestig dat duisende mense uit hul huise verjaag is in ʼn vlaag djihadiste-aanvalle in die konflikgeteisterde noorde van die land. Die land het egter oproepe vir ʼn noodtoestand verwerp.

“Ons praat hier van 67 321 ontwortelde mense,” het Filimao Suaze by ʼn mediaverklaring in die hoofstad Maputo oor die situasie in die Cabo Delgado-provinsie gesê.

Die syfer strook met die altesame “14 270 families wat in die Nampula-provinsie en elders aangekom het”.

Suaze sê egter die regering “glo die toestande vir die afkondig van ʼn noodtoestand in Cabo Delgado is nie geskep nie”.

Hernude opstande het twee weke gelede in die noorde van Mosambiek uitgebreek.

Die Verenigde Nasies (VN) se migrasie-agentskap (IOM) plaas die syfer van diegene wat van tussen 22 Desember en 25 Februarie (Sondag) van aanvalle in Macomia, Chiure, Mecufi, Mocimboa da Praia en Muidumbe gevlug het, op 71 681.

Net tussen verlede Woensdag en Donderdag het die IOM meer as 30 000 ontheemde mense opgeteken wat in die dorp Namapa, net suid van die Cabo Delgado-provinsie aangekom het, geplaas. Die meeste van hulle het met busse, bote en selfs te voet daarheen gevlug.

“Die primêre behoefte wat in al die distrikte aangemeld is, sluit in kos, skuiling en nie-voedsel-items, asook gesondheidsdienste en ondersteuning,” het ʼn IOM-woordvoerder gesê.

Die insurgensie het in Oktober 2017 uitgebars toe vegters – wat sedertdien aanvoer dat hulle by die Islamitiese Staat (IS) geaffilieer is – die kusgebied van Cabo Delgado aangeval het. Die gebied is ryk aan gas en is naby aan die Tanzaniese grens.

Sedert Julie 2021 is duisende troepe van Rwanda en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) ontplooi om die Mosambiekse weermag te versterk. Hulle het die regering sedertdien gehelp om weer beheer van die streek te neem.

Die SAOG-sending verstryk teen die middel van Julie.

Suaze het aan verslaggewers gesê hy weier “om hieroor te praat, minstens nie nou nie”.

Hy het volgehou Mosambiek doen “alles wat hy kan” om “terroriste te beveg” en die veiligheid van die bevolking tot só ʼn mate te verseker dat die onttrekking of teenwoordigheid van ʼn “sekere mag” nie noemenswaardig is nie.

“Die regering skenk aandag hieraan,” sê hy.

Tydelike skuiling

Pres. Filipe Nyusi het verlede week die groot verskuiwing bevestig, maar het die bedreiging onderspeel en volgehou dat plaaslike veiligheidsmagte die situasie onder beheer het.

Die regering het ook gesê ʼn tydelike noodskuiling vir ontwortelde families is in die Erati-distrik, wat grens aan Cabo Delgado, opgerig.

Sowat 5 000 mense is al doodgemaak en byna ʼn miljoen gedwing om uit hul huise te vlug sedert die IS-verwante militante die insurgensie van stapel gestuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Sê Ook Maar Net ·

“67 321 ontwortelde mense” ..Hoe op aarde kry hulle die getal mense? Lyk my elkeen is getel.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die SANDF is onbevoeg en sal niks bereik nie.

Dup ·

Wat sê die ANC hiervan? Ek hoop hulle span regsgeleerdes is reeds oppad om die IS militantes se optredes te verdedig.

Pieter francois ·

Waar is die anc nou stuur julle fantastise weermag julle kan mos almal se probleme op los behalwe julle eie

Michael ·

Stuur die hele sa weermag hulle is glo die beste in Afrika volgens ons briljante minister van verdediging.

Anel ·

O, maar dis mos niks! Niemand dink aan daardie arm mense wat niks het en openlik deur teroriste uit hul huis gedryf word, en vir wat? Maar almal het iets te sê oor Israel wat se mense teen teroriste beskerm! En wat van die Russe wat ook nog maar aan gaan? Die wêreld het mal geword!!!

Chris ·

My beskeie mening is dat die saga reeds sowat vyf of ses jaar aan die gang is. Dit het begin met die gasveld ontwikkeling deur ‘n Franse maatskappy en nie deur ‘n VSA maatskappy nie. Ek is bevrees dat die “aanslag/onstabiliteit” in die sub-Sahara streek in die afsienbare toekoms gaan vererger. Die grootste oorsaak is die regime se wisselvallige beleid en houding teenoor die Weste. Die regime is uitgedien en het homself gehang . Daar is groot omwentelinge en verandering wat aan die kom is. Interressante/opwindende tye wat vinnig nader kom.

Elmarie ·

Mense wat vir hul lewens moet vlug en niks oorhet is nóg interessant, nóg opwindend.

Pierre ·

en SA kla oor gebeure deduisende kilmoters weg, maar buurlande word deur die einste mense wat hulle ondersteun onderdruk maar seg nie n woord daaroor nie.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Lees beslis Robert Spenser se nuutste boek “The history of JIHAD from Muhammad to ISIS”. Tyd dat alle SAners presies weet wat JIHAD is.

Chris ·

Elmarie, verduidelik dan nou vir my hoe sien jy die situasie ontvou. Vir wie het die mense gestem? Jy verdien die regering vir wie jy gestem het. Die nie stemmers inkluis. As jy nie stem nie aanvaar jy maar net die massas en sleep saam soos ‘n skaap ter slagting. Ek sien uit na jou terugvoer.

Republikein in die Wes Kaap ·

George, die OB het nie Suid-Afrikaners onthoof nie. Suid-Afrikaners het ook nie in hul duisende gevlug nie. Die OB het teen die Smuts regering betoog en poskantore, telefoonpale en spoorlyne opgeblaas. Ek glo nie daar was onskuldige burgerlike ongevalle nie.

Niklaas ·

Gaan ons owerheid nou ingryp en hulp verleen daar ? Wonder maar net.

Bolandse Nooi ·

@Chris, daai twak van ‘n nie-stem is ‘n stem vir die huidige-regering gaan nie sit by my nie. Ek is nog nooit, ooit in enige sensus getel nie en ek staan al diep in die 50’s. Ek het sedert ek in 1999 laas gestem het, al 7 keer verhuis. Al “regeringsorganisasies” wat van my weet, is Jan Taks (belastingbetaling) en die Departemente van Arbeid (werksregistrasie) en Binnelandse Sake (ID dokument). So, ek is so “persona non grata” dat hulle ONMOONTLIK my stem as ‘n stem-vir-die-huidige-bestel kan aanvaar.

Elma ·

Chris, jou mening dra baie water. Dis maar net nie vir die deursnee mens interessant/opwindend nie. Dis tragies en baie hartseer.

Elmarie ·

Chris ek het oor niks anders kommentaar gelewer as die gedeelte van jou bydrae dat jy dink dat ons interessante en opwindende tye tegemoed gaan nie. Swaarkry, mense wat sukkel, mense wat verjaag word is, maak nie saak wie hul is, is of was nog nooit opwindend of interessant nie.

Bostoe ·

@Bolandse Nooi…. Jammer, maar jy sit nie net die pot mis nie; jy sien hom nie eens nie! Ju mag dalk nie in politiek belangstel nie, maar politiek stel baie belang in jou. Wie dink jy is in beheer van die daaglikse goedjies waarmee jy jouself bemoei? Krag toevoer, die paaie waaroo jy ry, SAPS, medies, skole, ens, ens, ens. Jammer nooi, maar as jy nie eens die moeite wil doen om te gaan stem nie moet jy maar gelate die verval om jou aanvaar. Mettertyd het “onse” mense ook maar in jellievisse verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.