Duisende vakante poste lê staatsdiens lam

(Argieffoto)

Teen einde verlede jaar was daar presies 166 365 vakante poste – boonop reeds gefinansier – in die staatsdiens. Meer as ʼn driekwart hiervan was in provinsiale staatsdepartemente.

Waarom dan, vra die DA, word die poste nie gevul nie.

Die minister van staatsdiens en administrasie het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die opposisieparty gesê dat begrotingsbeperkings en die herprioritisering van geld wat bedoel is om vakante poste te vul maar net enkele van die uitdagings is waarvoor die staat te staan kom.

“Interne en eksterne administratiewe struikelblokke” vertraag boonop die finalisering van aanstellings terwyl mededinging uit die private sektor ongetwyfeld ʼn rol speel in die groot aantal vakante poste in die staatsdiens.

Altesame 31 062 van die vakante poste in die staatsdiens was teen 31 Desember 2022 in die Oos-Kaap, gevolg deur Gauteng met 23 687 poste en KwaZulu-Natal met 22 267 poste.

Dr. Mimmy Gondwe, die DA se adjunkskaduminister van staatsdiens en administrasie, sê die vakante poste lê dienslewering lam. ʼn Hoë vakaturekoers in die staatsdiens is boonop strydig met enige beweerde pogings om die diens te professionaliseer omdat ʼn deel van die professionele status van die staatsdiens juis die vereiste is dat staatsdepartemente hul vakaturekoers so laag moontlik moet hou, sê sy.

Gondwe sê dit is kommerwekkend aangesien ʼn vakante en gefinansierde pos ingevolge die staatsdiensregulasies binne ses maande geadverteer moet word nadat dit vakant geraak het.

Die pos moet ook binne 12 maande gevul word.

Volgens Gondwe is die vertragings met die vul van sommige van hierdie vakante gefinansierde poste deur staatsdepartemente heel moontlik direk strydig met regulasies.

Die DA het daarom nou opvolgvrae aan die departement gerig om vas te stel presies hoe lank die poste vakant is en in watter nasionale en provinsiale departemente hierdie vakante gefinansierde poste is.

“Met die voortgesette verswakking van lede van die publiek se vertroue in die regering se vermoë om doeltreffende gehaltedienste te lewer, is dit ontstellend dat staatsdepartemente sukkel om vakante poste te vul, veral vakante gefinansierde poste,” sê Gondwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Bernard ·

Behalwe vir dokters en verpleegpersoneel is daar eintlik heeltemal te veel amptenare – onder wie 37 000 miljoenêrs.

Pietertjie ·

Nee wat, daar sal geen verskil in die gebrek aan dienslewering wees as al daai poste gevul word nie. Los dit maar vakant, eerder as om te vul met onbevoegde kaders.

Shakespeare ·

Die kabinet en staatsposte is “top heavy” met onbevoegde, korrupte kaders. PUNT !!!

Henk ·

Kan hierdie Nuus nie ook in Xhosa en Zulu berig word nie ?
Daar is baie van hierdie mense wat nie die Nuus lees nie.
Dit sal hulle oë oopmaak en anders na ons Regerende party kyk.

KAIROS ·

Hulle sal dit afskryf as “Fake News” en die Afrikaner wat weer wil onmin saai tussen die klomp. Ons gaan moet saamstaan en sterkstaan

SjN ·

Henk. die probleem is baie kan nie lees nie en die wat kan lees weet net van 30% syfer wat bereik moet word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Op provinsiale vlak is die poste meestal onderwysers en gesondheidswerkers. Nogal ‘n probleem indien daai poste vakant bly.

Shakespeare ·

My genade ANC. Gebruik onbevoegde korrupte kaders vir die “vacancies”. Julle doen dit al amper 30 jaar.

John ·

Hoe kan daar dan soveel oop poste wees. Dit is die grootste wat die staatsdiens personeel nog is en was. Ooral waar jy kom sit daar mense rond en niks doen nie. Ek was myself n staats amptenaar en ons het nie helfte die personeel gehad wat hulle nou het nie.

Anel ·

Hulle vul nie die poste want daardie geld word gebruik vir die ander se bonusse!!! As die helfde van die wat wel daar werk hulle werk gefoen het, het ons nie so baie nodig gehad het nie!!!

Nie Verbaas ·

Is die vakante poste nou om 10 in diens te neem om een se werk te verrig?

Lillian ·

Vakante poste, maar die wat daar werk is in elke geval onbevoeg, lui, do hoekom nóg aanstel wat in dieselfde groef as hul kollegas gaan verval want daar is absoluut géén trots meer in die uitvoering van hul daaglikse pligte nie.

Papsak ·

Ja hulle stel onbevoegde kaders aan vir werke net so onbevoeg is die korrupte anc ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.