Duisende wit SA’ners wil landuit

(Argieffoto: Morné van Rooyen)

Hoewel daar ʼn afname in internasionale migrasiepatrone is – die gevolg van Covid-19-reisbeperkings en die uitwerking daarvan op migrasie-patrone – beoog talle wit Suid-Afrikaners steeds om die land te verlaat.

Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) sê in sy jongste verslag oor bevolkingskattings meer as 43 000 wit Suid-Afrikaners sal na verwagting tussen 2021 en 2026 die land verlaat.

Risenga Maluleke, statistikus-generaal, sê tussen 2021 en 2026 sal internasionale migrasie gelei word deur migrante uit Afrika (sowat 600 000) en hoewel duisende mense na Suid-Afrika migreer, wys die statistieke altesame 43 516 wit Suid-Afrikaners sal in hierdie tydperk na verwagting die land verlaat.

Die syfer vir Asiërs wat die land na verwagting in dieselfde tyd sal verlaat, staan op 40 979.

Teen 2019 het nagenoeg 255 000 Suid-Afrikaners in die Verenigde Koninkryk gewoon. Die syfer het wel in 2020 met 26 000 gedaal en lande wat bekend is as Suid-Afrikaners se voorkeurbestemmings vir emigrasie (benewens Afrika), het almal dalings in die getal immigrante wat die land binnekom, aangemeld.

Nietemin wys StatsSA se halfjaarbevolkingskatting dat die wit bevolking se getalle stadigaan besig is om te daal.

Daar is nou 23 191 minder wit mense in die land as ʼn jaar gelede.

Die getal swart Suid-Afrikaners het in dieselfde tyd met 430 480 toegeneem, terwyl die bruin bevolking die afgelope jaar met 44 951 gegroei het. Die Indiër‑ en Asiër-bevolkingsgroepe het met 9 774 mense gegroei.

Die proporsie wit mense in die land het afgeneem van 7,8% verlede jaar, tot die huidige 7,7%. Dit volg dieselfde patroon as die vorige paar jaar. In 2019 was 7,9% van Suid-Afrikaners wit, in 2016 het die syfer op 8,1% gestaan en in 2011 was 9% van die land se bevolking wit.

BevolkingsgroepTotaal
Getal% van totaal
Swart Afrikaan49 070 80981%
Bruin5 339 9198,8%
Indiër/Asiër1 554 9962,6%
Wit4 639 2687,7%
Totaal60 604 992100%

 

Volgens StatsSA is emigrasie die sleutelrede vir die afname in wit bevolkingsgetalle.

Duisende mense stroom steeds die land binne. Migrasiedata tussen 2016 en 2021 wys dat nagenoeg 852 992 mense na Suid-Afrika migreer het. Die meeste van hulle is van Afrika (894 365), terwyl 49 854 mense uit Asië in hierdie tyd na Suid-Afrika migreer het.

Sowat 91 000 wit mense het volgens StatsSA se syfers tussen 2016 en 2021 die land verlaat.

Internasionale netto migrasieverwagting
AfrikaanIndiër/AsiërWitNetto internasionale migrasie
1985‑2000632 63336 908-202 868466 673
2001‑2006565 91625 310-99 574491 652
2006‑2011815 78043 222-106 787752 215
2011‑2016972 99554 697-111 346916 346
2016‑2021894 36549 584-90 957852 992
2021‑2026595 05740 979-43 516592 520

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Harley Davidson ·

Die wiele kom nou af teen ‘n hoë spoed af ,byt vas waneer ons weer die land moet opbou gaan daar hope geleenthede wees.

Carel ·

Jou opmerking is die reine waarheid. My blanke Zimbabwiese kliënte is almal skatryk & besit elkeen ’n horde besighede wat hulle spotgoedkoop op geraap het.

Hulle rol in die geld & meeste van hulle het die land se monopolie, in hulle onderskeie besighede se industrieë .

Jy moet hare op jou tande hê om in Afrika besigheid te doen, maar gesoute sakemanne kan ’n fortuin maak in ’n land waar daar geen kompetisie is nie.

Di ·

Hy sal nog daai woorde sluk eendag wanneer daar NIKS oor is in die land en al die belasting betalers land uit is

Katinka ·

Ons is deel van die wittes wat gewaai het, 4 jaar al in New Zealand en kyk nie terug nie. Mis al ons mense, maar ons doen dit vir ons kinders

Gerhard ·

“Daar is nou 23 191 minder wit mense in die land as ʼn jaar gelede.” soos die artikel se…….dalk neem hulle nie in berekening hoeveel van die syfer is boere wat om die lewe gebring is in die tyd nie. Wel, ek ken verskeie SA’ners (wit) wat alreeds uit die land is en baaaaaaaaaie wat besig is om hulle dinge agter mekaar te kry om te gaan. Ek self is besig met n paar Immigrasie maatskappye om te sien wat ek kan doen om ook te gaan. Ek wil nie regtig die land verlaat nie, maar teen die trant wat dinge nou aangaan, gaan ons binnekort nie meer veel van n land oorhe om oor trots te wees nie. Al waarvoor ons goed is, is om elke maand klomp geld aan belasting af te staan net sodat sekere groepe daarby kan baat wat nie wil werk nie. Solank die regering net gaan geld uitdeel vir elke baba wat gebore word – ek praat van die kindertoelaag wat net gegee word, sal hulle die bevolking flood met geboortes, want dit is ook manier om geld te kry sonder om te werk. Nie te min, baie sterkete wit

Vonkprop ·

Nie almal kan bekostig om te emigreer nie so ons het geen keuse as om die beste van die slegste te maak nie. Ons sal maar aanhou baklei totdat dinge hopelik keerpunt bereik. Vir die daar buite wat so vermakerig is oor dat hulle oorsee is wil ek net sê jy bly ‘n Suid-Afrikaner wat maar net oorsee bly. Daar waar jy gebore is, is wat jy is. Jy kan dit nie verander nie. As dinge weer goed gaan kom almal druipstert terug te danke aan ons wat agter gebly het en vir die land geveg het.

Johan ·

Ek stem nie saam nie maat, het baie vriende oorsee wat na skool gegaan het hul kom hou gereeld hier vakansie en dit gaan goed met hulle, oorleef nie net nie maar floreer! As ek terugkyk wonder ek baie of ek nie ook maar moes waai nie, het die geleentheid gehaat, maar dis nou te laat.

Di ·

Ons land is klaar uitverkoop. Met al die biljoene wat geleen is sal ander lande een van die dae aanspraak maak op SA wat nie hulle skuld kan terug betaal nie. ANC het letterlik die land onder hulle allies uit verkoop. WAG vir daardie dag wat hulle die land kom vat, die wiel draai stadig maar seker. Rampie en sy trawante gaan self nog kook in daardie pot wat hy vir ons blankes gestook het

Johan ·

Nee wat, wanneer het politici al ooit geboet vir wat hul aanvang, kyk na die krimineel Zuma wat in weelde leef. Robert wat sy land vernietig het was nooit honger soos sy landgenote nie en word oral in Afrika as held vereer. Daai geregtigheid waarvan jy praat is bitter skaars.

JohanR ·

Ek wil net by enige plek op die aardbol uitkom waar die ANC nie is nie!

Oom ·

Ons familie hier in Europa het vanoggend met 25% toegeneem. As die twee onlangs gebore nuwelinge van die berekening uitgesluit word, is dit ‘n 34% toename. Begin van die jaar was ons 6. Nou is ons tien. Saam met die 5 ander Afrikaners naby ons is ons nou 15. Ons kan amper begin dink om ‘n eie tuisland te skep. Sterkte vir die wat nog in SA moet oorleef.

Riaan ·

Mooi. Ek verteenwoordig op die oomblik 14% van my familie (vrou, twee dogters en drie kleinkinders) wat nog in SA woon. (Sonder enige bates want dit is als oorsee).

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis die ding. Emigrante en hul nageslagte kry kinders in die buiteland. Effektief is die impak van emigrasie oor die langer termyn veel erger.

gpsa ·

Nie in 100 jaar of dalk 1000 jaar nie maar met wereld trent gaan wit mense wereld wyd heeltemal uitsterf. Seker as hulle die gemiddelde ouderdom van blankes ook in ag gaan neem sal hulle sien jong blankes se getalle neem ook af, Gemiddelde ouderdom is ek seker neem sterk toe

Johan ·

Ek dink nogal jys reg, baie lande se aanwas is 1.6 of selfs 1.3 per gesin onder westerlinge, terwyl hul emigrante aanwas baie hoër is, selfs tot 4 per gesin in daardie selfde lande, en dikwels uit Noord Afrika en middel ooste. Gaan kyk gerus in VSA state ook, van die noordelike state het oor 25 jaar van 97% na 84% gedaal, trek dit vir nog 50 jaar….

Chris dupreez ·

Ek dink die groot uittog gaan kom as die anc die 2024 verkiesing wen.

Twallie ·

Verbyster my hoe snaaks en lelik mense in die Kommentare seksie raak met mense wat kommentaar lewer en land uit is, sonder om in ag te neem wat hul omstandighede was of dat hulle dit vir hul kinders gedoen het wat geen toekoms in die land het agv hul vel kleur nie.

Wys jou net hoe petty mense kan wees, en dit spruit normaalweg uit afguns en jaloesie. Sies man.

Johan ·

As jy kan gaan, moet jy gaan. Hier is niks v ons behalwe om n weglaatbaare minderheid te word.

Duck ·

Die gras groener aan die ander kant, tot jy daar aankom……………………

Hennie Biebouw ·

Wat hierdie syfers nié vir ons sê nie, is hoeveel swart gegradueerdes en swart professionele mense Suid-Afrika verlaat. Die swart “brain drain” uit Suid-Afrika is lank reeds aansienlik meer as wit Suid-Afrikaners.
Dis egter ‘n skandvlek wat die ANC ten spyte van sy obsessie met statistieke, totaal irnoreer.

Republikein in die Wes Kaap ·

Volgens emigrasie konsultante is die meerderheid emigrante deesdae swart. Almal goed opgelei.

Johan ·

Dit word natuurlik statisties oorskadu deur die massa instroom uit Afrika.

Wondermaarnet ·

My kinders is volgende. Studeer en verwerf grade, maar sukkel om werk te kry en een sukkel om haar meestersgraad te kan begin. Ek blameer nie my kinders nie en gun hulle ‘n blink toekoms.

Manie ·

Ek het niks teen mense wat die land wil verlaat nie, om welke rede ookal. Ek het vriende wat na NZ, Aus, Engeland en Nederland verhuis het vir beter werksgeleenthede en ja, onder andere veiligheid ook en almal is nie gelukkig daar nie en sal enige dag terugkom indien hulle kinders saam terug sou keer. Die kinders het egter aanbeweeg en is gemaklik in hulle nuwe land. Dis waar dat jy nie ou bome maklik hervestig nie.

Saartjievandiebosveld ·

As ek jonger was…sou ek dit sterk oorweeg het om die land te verlaat…

Jaco ·

Twee vrae:
1. Hoe gaan daardie 43000 wittes dit regkry om SA te verlaat, want ek het probeer en dit was onmoontlik. Australië, Nieu-Seeland, Kanada, die VSA, Brittanje, Duitsland, Frankryk, België, Nederland het almal streng en uiters duur vereistes.
2. Waarom gaan so baie Indiër-Suid-Afrikaners weg? Raadgewys was hulle tog slagoffers van apartheid, so dan moet dit mos nou, 28 jaar na apartheid, goedgaan met hulle in die wonderlike “non-racial” SA.

Truth2bfree ·

Ek bly absoluut heerlik hier in ons eie land van melk en dorings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.