Durban-burgemeester kry borgtog

Zandile Gumede tydens haar hofverskyning. Foto: Doctor Ngcobo/African News Agency(ANA)

Zandile Gumede, eThekwini-burgemeester, en nog twee verdagtes het Dinsdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Durban verskyn op ʼn string aanklagte van korrupsie.

Gumede en Mondli Mthembu, adjunkstreeksekretaris, het glo verlede maand se optog na die Durbanse stadsraad georkestreer waartydens die verwydering van die stadsbestuurder geëis is omdat hy glo nie ʼn betaling wou afteken vir ʼn onwettige tender nie.

Dié inligting het tydens die hofverskyning aan die lig gekom toe die Valke se ondersoeker in die saak se beëdigde verklaring in die rekord ingelees is.

Gumede, voorsitter van die ANC se eThewini-streek, het haarself die oggend voor haar hofverskyning oorgegee. Sy, Mthembu en ʼn diensverskaffer, is almal op borgtog van R50 000 elk vrygelaat. Die drie sal weer op 8 Augustus saam met die ander beskuldigdes in die saak in die hof verskyn.

Die beweerde bedrog hou verband met ʼn tender in Durban se departement vir vaste afval waardeur diensverskaffers na bewering groot bedrae geld betaal is, maar geen dienste gelewer is nie.

Maroela Media het vroeër berig daar is vandeesmaand reeds talle ander mense, onder wie die departement se adjunkhoof, Robert Abbu (62), en die stad se verskaffingskettingbestuurder, Sandile Ngcobo (41), in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog in verband met dieselfde tender.

Die ander verdagtes is Hlenga Sibisi (43), Mzwandile Dludla (24), Sinthamone Ponnan (55), Sithulele Mkhize (38), Bongani Dlomo (53) en Prabagaram Pariah (61).

Hulle het reeds in die handelsmisdaadhof verskyn en is ook op borgtog van R50 000 elk vrygelaat.

Volgens die Valke gaan die ondersoek na korrupsie in die eThewini-metro voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sandra ·

Welkom terug! Hier gaan ons alweer. Korrupte ANC aan bewind. Wanneer gaan dit ophou?

Defnitief ·

Eers wanneer ons ons eie pad stap. Dis belaglik dat dit so aanvaar word dat n burgermeester, en ander soos ministers, selfs n oud president, so korrup is en steeds aangaan, dis heeltemal onaanvaarbaar. Selfbeskikking is noodsaaklik.

Hannes ·

Een groot korrupte nes ten koste van die armorde waarin ons land verkeer

Sarel ·

Kom weer goeie geld vir Regsverteenwoordigers. Saak gaan weer vir jare uitgestel word.

Wa ·

More MM, die spelling van burgemeester in die hoofopskrif is verkeerd.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Wa

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Zoro ·

Dis g’n wonder dat buite landers niks dink van ons as SA burgers nie – Ons leiers het nie morele waardes – in haar posisie het sy groot aan sien en respek en baie goeie salaris – maar gaan aan soos tropical wolwe aan wat net nie versadig word nie –

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.