Durban July gaan voort, maar sonder toeskouers

(Foto: ANA)

Vanjaar se Vodacom Durban July-perdewedren gaan agter geslote deure plaasvind, het organiseerders Donderdag gesê.

Die geleentheid sal uitgesaai word en die organiseerders sal seker maak dat daar baie streng voldoen word aan Covid-19-protokol.

“Gold Circle, in samewerking met die voortgesette ondersteuning van die borg Vodacom, bly ten volle verbind om met die 2020 Vodacom Durban July voort te gaan. Gegewe die realiteit van die huidige omstandighede, sal die geleentheid egter agter geslote deure en sonder toeskouers plaasvind,” het Michel Nairac, uitvoerende hoof van Gold Circle, gesê.

Die Vodacom Durban July het ʼn ononderbroke geskiedenis sedert die eerste wedren in 1897 – nie eers die twee wêreldoorloë het voorkom dat die wedren plaasvind nie. “Ons doen alles in ons vermoë om seker te maak dat 2020 nie die uitsondering is nie.”

Die voorgestelde datum vir die wedren was Saterdag, 27 Julie, maar “die uiters vloeibare aard van die huidige pandemie” beteken dat die datum verander kan word volgens omstandighede.

Michelle van Eyden, hoof van borgskappe by Vodacom, het gesê enige besluite oor die wedren sal “as ʼn verantwoordelike maatskappy, toegewyd tot die veiligheid van almal wat betrokke is”, geneem word. “As ʼn borg sal ons saam met die betrokke belanghebbendes werk en gelei word deur die perdewedrenfamilie en kenners in die bedryf, asook die regering. Ons wil almal graag seker maak dat vanjaar se wedren plaasvind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarel ·

Hahaha die Perde en Joggies mag jaag masr diexres van ons mag nie draf of fietsry nie. Wat ‘n grap.! Streng Prokol??? Hoe gaan hulle dit regkry onthoi die Joggies moet ” social distance” toepas. Daar mag ook nie Kospakkies aan honger kinders uitgedeel word nie maar die Perde gaan hardloop?

Kobus ·

En jy kan seker ook net aanlyn perde speel vir daai dag……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.