Durban July-organiseerders in donker oor beurtkrag  

(Foto: Candiese Lenferna, Stuart Queripel)

ʼn Ondersoek kom nadat beurtkrag die jaarlikse Durban July-perdewedren ontwrig het.

Gold Circle, wat die Hollywoodbets Duban July-perdewedren aanbied, het gesê weens die kragonderbreking kon die laaste drie perdewedrenne nie voltooi word nie.

“Gold Circle vra onvoorwaardelik om verskoning vir die ongerief.” Die joggies het glo geweier om aan verdere wedrenne deel te neem omdat dit ʼn veiligheidsrisiko sou inhou nadat beurtkrag om 18:00 in die Greyville-gebied ingeskop het.

Volgens die organiseerders is daar met die eThekwini-metro gereël om nie beurtkrag in die area toe te pas nie, maar die krag het toe wel afgegaan. “Dit was heeltemal buite ons beheer en ʼn volledige ondersoek is van stapel gestuur.”

Winchester Mansion en jokkie Kabela Matsunyane het die Durban July gewen. See It Again, wat deur Pierre Strydom gery is, was die gunsteling, maar moes met die tweede plek tevrede wees.

Bless My Stars was derde en Do It Again vierde. Die organiseerders meen die Durban July was steeds ʼn groot sukses al het dit op ʼn laagtepunt geëindig ná die kragonderbreking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jr ·

Al wat een kan doen
HA HA HA HA HA. LAUGHING STOCK OF THE WORLD. 3RD WORLD COUNTRY

Vonkprop ·

Hoekom ‘n ondersoek doen? ‘n Versoek om nie die krag af te sit nie is geignoreer. Hoe duideliker moet dit nog gemaak word.

Ilze ·

Ek hoop nie dit gebeur tydens Saterdag se Springbok/Australië toets nie. Ek ry al die pad van Polokwane om die wedstryd te gaan kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.