Een dood, 50 beseer toe bus omslaan

Minstens een persoon het in die ongeluk gesterf. (Foto: IPSS Medical Rescue)

Een persoon is dood en minstens 50 ander beseer toe die bus waarin hulle gereis het Saterdagoggend op die R66 tussen Gingingldlovu en Eshowe in KwaZulu-Natal omgeslaan het.

Die bus het die pad verlaat en teen ʼn helling afgerol, sê Paul Herbst, woordvoerder van die reddingsdiens IPSS Medical Rescue.

“Een persoon het ongelukkig noodlottige beserings opgedoen.”

Paramedici van verskeie nooddienste het saamgewerk om die groot getal pasiënte te stabiliseer en te behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.