Een dood, een beseer in ongeluk op M4

’n Man is Saterdagoggend in ’n motorongeluk op die M4-hoofweg suid van Durban dood. (Foto: ALS Paramedics)

Een persoon is dood en nog een beseer toe twee voertuie Saterdagoggend in ʼn ongeluk op die M4 (noord en suid) naby die Quality‑straat-afrit suid van Durban betrokke was.

Garrith Jamieson, woordvoerder van ALS Paramedics, sê twee voertuie het teen mekaar in die noordelike rigting gebots, wat daartoe gelei het dat een van die voertuie verskeie kere gerol het.

Dié voertuig het eindelik op die hoofweg wat suidwaarts beweeg tot stilstand gekom.

Die bestuurder van hierdie voertuig, vermoedelik in sy 30’s, het veelvuldige beserings opgedoen.

“Daar was ongelukkig niks meer wat paramedici vir die pasiënt kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Jamieson gesê.

“ʼn Tweede pasiënt is op die hoofweg wat noordwaarts beweeg vir matige beserings behandel. Die pasiënt is op die toneel gestabiliseer voordat hy vir verdere behandeling na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is.”

Jamieson sê die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.