Een dood toe steenkooltrokke bots

Albei vragmotors het aan die brand geslaan (Foto: Verskaf)

ʼn Vragmotorbestuurder het Maandagmiddag noodlottige brandwonde opgedoen nadat die vragmotor waarin hy gery het met ʼn ander vragmotor in ʼn ongeluk betrokke was.

Albei vragmotors het steenkool vervoer.

Volgens Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, het die twee vragmotors op die N4-snelweg tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga reg van voor gebots. Die vragmotors het glo teen ʼn hoë spoed gery.

Verkeer in die omgewing van die ongeluk is kwaai ontwrig nadat die pad tydelik vir opruimingswerk gesluit moes word (Foto: Verskaf)

“Met die trefslag van die ongeluk het een van die vragmotors aan die brand geslaan. Die bestuurder van dié vragmotor, vermoedelik 40 jaar oud, het onherkenbaar verbrand. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar,” sê Van Reenen.

Die bestuurder van die tweede vragmotor is vir geringe beserings behandel.

ʼn Tweede ongeluk het gevolg nadat ʼn motoris teen die wrakke van die twee vragmotors vasgery het. Vier volwasse insittendes het matige beserings opgedoen.

“Die insittendes is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere sorg geneem is.”

Verkeer in die omgewing van die ongeluk is kwaai ontwrig nadat die pad tydelik vir opruimingswerk gesluit moes word. Die pad tussen die Nkomazi-tolplaza en Malelane was Maandag teen 15:00 steeds vir verkeer gesluit.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, raai diegene wat na en van Malelane reis aan om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Witbaard ·

Hoeveel sperstrepe moet hulle nog aanbring . Op die foto is daar 4. Nogsteeds ignoreer mense dit

Racheltjie Debeer ·

Miskien moet die verkeerspolisie hul werk doen en meer sigbaar wees. Die N4 is uiters gevaarlik want sommige trokdrywers dink die pad behoort aan hulle. Omdat hulle sulke groot voertuie ry, dink hulle almal gaan pad maak vir hulle. Die wetstoepassing in hierdie land is pateties.

Cindy ·

Stem saam jou Racheltjie. Verkeerspolisie moet ophou wegkruip en “Coke” geld insamel en begin WERK. Trokke en busse en taxi’s se spoed is BAIE laer volgens wet as wat dit is vir gewone voertuie, maar het jy al ooit gesien dat een van hulle afgetrek en beboet word as hulle meer as 80kph ry op snelweg?

Piet ·

Ja, wetstoepassing deur wetstoepassers is seker belangrik, maar toepassing/gehoorsaamheid aan die wet, begin tog by die individu. Dan nie?

Di ·

Grootste oorsake van hierdie trok ongelukke is SPOED! Het al self gesien teen watse spoed van hierdie trokdrywers kan jaag op die paaie

Blikkantien ·

Ek is glad nie verbaas nie. Hierdie steenkooltrokke is ‘n gevaar op die pad. Hulle kom net met ‘n geweldige spoed en jy moet maar koes

Watsenaam ·

Bring terug die spoor vervoer, en haal ALLE steenkool en swaar vrag vervoer van ons paaie af.
Lei tog asb. net eers die spoor werkers ordentlik op. Daar sal talle werksgeleenthede vir mense geskep word. Die vervoer van die goedere het voorheen gewerk, nou, hoekom die wiel probeer herontwerp?

Flip ·

Ek stem saam maar dit sal nie gebeur nie want:
Die regering maak baie geld uit die trokke se lisensies, diesel wat verkoop word, versekering vir elke voertuig, werk wat geskep word, paaie wat sat gery en herstel moet word.
Iemand skep baie geld met hierdie trokke wat ons paaie tot niet ry……..

Casper ·

Ek het daardie pad tenminste 2 keer per week gery om deportasies te doen na Mosambuek vanaf Piet retief.Daai trokke het nie ‘n saak nie,as hy wil verby dan ry hy verby.Ek het menige male gesien hoe hulle in ‘n aankomende baan twee trokke gelyk verby vat.

Casper ·

Gooi maar nie die ander karre weg nie.Hulle ry net so roekeloos.’n Verkeersbeampte hy Hecktorspruit trek my broer af en vra hoekom dra hy nie sy veiligheidsgordel nie.Ewe kordaat klim my ouboet uit en sê vir hom.,ulle jong laaities ken nie die wet nie.Oor 60 dra jy nie meer veiligheidsgordels nie en waaragtig die verkeersbeampte glo hom en laat hom gaan.

marius ·

Ry soos maniake om nog vragte in te druk op instruksie van hul geld behepte base .

Jaco ·

Spoed nie regtig die probleem nie. Ongeduld is egter n veel groter probleem. Duidelik het die departement nog nooit die roete gery nie. Daar is GEEN alternatief nie

Thelsa ·

Spoed het ‘n bydraende faktor. Verontagsaming van verkeetsreëls is die oorsaaklike faktore.

Andries ·

Steenkooltrokke is net bietjie agter taxi’s wat padreels verontagsaam.

Servaas ·

Die skrikbewind wat sykant tip bak vragmotors op die paaie voer word verdoesel. Hoekom ? Want meeste groot kokedoore het n aandeel in daardie maatskappye so gooi maar n blinde oog asb. mnr. publiek.

Wielspore ·

Ons gebruik die N4 in die Laeveld elke werksdag, soggens en saans, die hoeveelheid HMV, spesifiek die side tippers wat rou materiaal vervoer het baie toegeneem. Onlangs het ons vir ‘n kort 2 km op die N4 gery voordat ons afdraai en 56 van hierdie trokke getel wat van voor af gekom het. Twee weke terug is daar 5 mense dood agv ‘n motor and HMV ongeluk hier naby ons. Verkeersdepartement doen nie hulle werk en so ook Track N4 wat verantwoordelik is vir die veiligheid van pad gebruikers.

Blom ·

@ Windhond, die N4 begin Skilpadshek grenspos in Noordwes, dan Gauteng en dan Mpumalanga: Die N4 hou oos, steeds ’n snelweg en gaan deur Witbank (eMalahleni). Net na Witbank sluit die N12 nasionale pad by die N4 aan. Na ongeveer 30 km word die N11 nasionale pad gekruis. Dit is ook die afdraai na Middelburg. Na ’n verdere 66 km gaan die N4 verby die Belfast afrit en die pad is bykans 2 000 m bo seevlak. Net hierna begin die N4 daal en kronkel tot by Machadodorp. Buite Machadodorp draai die Schoemanskloofpad af terwyl die N4 parallel met die Elandsrivier hou. Die pad gaan deur Waterval Boven en verby die bekende N.Z.A.S.M.-tonnel. Dertig 30 km voor Nelspruit sluit die Schoemanskloofpad weer by die N4 aan. Die N4 gaan dan deur die Montrosepas en dan na Nelspruit. Die N4 is ’n verbypad by Nelspruit. Ongeveer 140 km verder gaan die N4 eers deur Malalane en dan verby Komatipoort tot by die Lebombo grenspos. Aan die Mosambiekkant is die N4 bekend as die EN4 hoofweg

Jakez ·

Spoed was die oorsaak hier – het die video gesien en die een vragmotor het teen net onder 100km/h gery.

Roek ·

Hierdie mense saai verwoesting, ernstige wetstoepassing MOET ingestel word , die trokke wat nie meer as 80 KM p u mag ry nie steek my verby op 120 kmpu,
geen wetstoepassesrs nie, waar is die profinsiale mense ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.