Een vas ná Edenburg-aanval

(Foto: Dall-E)

Die Edenburg-polisie het Donderdagaand ʼn man aangekeer wat glo verantwoordelik is vir die wrede aanval op ʼn bejaarde inwoner van die dorp.

Maroela Media het vroeër berig die 91-jarige Elodie Kingsley is die afgelope naweek vir dood in haar slaapkamer agtergelaat nadat ʼn onbekende aanvaller Sondagoggend by haar huis ingekom en haar erg aangerand het.

Kingsley het ernstige beserings aan haar kop en gesig opgedoen en is na ʼn hospitaal in Bloemfontein geneem.

Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê die ondersoekspan het sonder ophou gewerk om ʼn verdagte aan te keer.

“Die polisie het gisteraand ʼn deurbraak gemaak toe ʼn 33-jarige verdagte by die township in Edenburg in hegtenis geneem is. Hy is met die gesteelde items uit die bejaarde se huis betrap,” sê Earle.

Die man sal na verwagting Vrydag in die Edenburg-landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak en diefstal, asook aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Moedeloos ·

Ons het jare gelede, 1979-1981, op Edenburg gebly en gewerk by Sentaal Wes Kooperasie. Ek is seker dat die tannie en haar man op n plaas in die distrik geboer het. So jammerte dat plattelandse dorpe nie meer veilig is nie. Sterkte aan die familie

Mariana ·

Klink meer na poging tot moord,maar hopelik kry hy die straf wat hom toekom. Lafhartige aanval op ‘n Weerlose mens.

domheks ·

Boendoe hof sal goed wees vir die vuilgoed! Seker op heterdaad betrap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.