Eerste klomp diere dood in Limpopo-dryfjag

WAARSKUWING: Foto’s in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Foto: DBV/Facebook

Foto: DBV/Facebook

Buitelandse jagters het Maandag voortgegaan met die omstrede dryfjag in Alldays, Limpopo, ondanks sterk openbare teenkanting en negatiewe publisiteit rondom die praktyk.

Ainsley Hay, bestuurder van die nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) se wildbeskermingseenheid, het aan Maroela Media gesê hulle kan bevestig dat 18 diere Maandag doodgeskiet is, waaronder gemsbokke, elande, wildebeeste, rooibokke, duikers en vlakvarke.

“Die DBV het ʼn lasbrief gekry om ons toegang tot die plaas te gee vir die volgende vier dae sodat ons die situasie kan monitor, maar ongelukkig is daar geen wetlike grondslag waarop ons die dryfjag kan stopsit nie,” het sy gesê. “Ons kan ons tot die hof wend wanneer iemand die wet oortree, maar dryfjag is nie onwettig nie. Daarom is ons op die plaas om die situasie dop te hou en bewyse te versamel vir moontlike regsaksie in die toekoms.”

Dryfjag behels platforms wat langs ʼn strook grond van ongeveer twee kilometer opgerig word met digte bosse weerskante. Jagters sit op die platforms terwyl ʼn groot verskeidenheid wild in die strook af gejaag word sodat die jagters hulle kan skiet. Inwoners van die gemeenskap word betaal om in ʼn reguit ry met groot metaaldromme te stap en die diere so aan te jaag. Dryfjag is tradisioneel ʼn Europese gebruik en word normaalweg nie in Suid-Afrika gedoen nie.

Foto: DBV/Facebook

Foto: DBV/Facebook

Hay het gesê sy vermoed die dryfjag is ’n effens afgewaterde weergawe van wat dit sou wees indien die bohaai rondom dit nie so groot was nie. “Ja, 18 diere is minder as wat ons verwag het, maar ek dink dit is ʼn meer gesuiwerde weergawe van die jag dié omdat hulle weet hulle word nou fyn dopgehou.”

Burckels Napo, woordvoerder van Limpopo se departement van toerisme en omgewingsake, wou Dinsdag steeds nie kommentaar lewer nie en het gesê die departement is nog besig met sy ondersoek. “Sodra ons meer inligting oor die saak het, sal ons ʼn verklaring hieroor uitreik. Wees asseblief geduldig. Ons moet eers al die feite agtermekaar kry,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Pierre ·

Hierdie het niks met jag te doen nie, kuns le daarin om self te gaan soek vir die wild. Wat gaan aan met die mensdom, is dit hoe ons met God se skepping omgaan, Geen respek vir God nie, dus geen respek vir Sy skepping nie, ons is immers aangesteel om Sy Skepping te bewaar, nie te vernietig nie.

Paul ·

Pierre,
Hierdie siek manier van diere doodmaak kan nooit jag genoem word nie. Die gebruik is egter horingoud en ek moes baie kere na my skoonpa luister oor hoe hulle gemaai het onder die wild en nooit eens die moeite gedoen het om kyk of die dier gekwes was toe daar niks geval het nie. Sy een sieklike gesegde was “Nou ja die bok is vort en toe skiet ek maar ‘n paar ander”. Dit was die oumense wat amper ons wildtroppe uitgeroei het maar genadiglik is daar deesdae jagtersverenigings wat etiese jag baie sterk bevorder en ek het moeite gedoen om my seun te leer wat etiese jag is en hoe om diere te bekruip en net te skiet wat jy kan gebruik sonder om te mors en is baie bly om te sien dat baie jong seuns so geleer word en regte etiese jagters is.

Tammy ·

Skande !! Wie sit agter die slagting? Hoop jy kry jou dag in soortgelyke voorval. Wreedheid het niemand nog ooit enige geluk gebring nie. Pasop hoor!

Adoons ·

Tammy, ek stem saam met jou. Maak bekend wie die mense is sodat hulle Europese vriende hulle kan moeilikheid gee – soos die slagter van Cecil die leeu ‘n paar weke gelede!

Annalize ·

Hoekom wys hulle nie die mense se gesigte nie? Hulle is mos nie skaam oor wat hulle doen nie. Dis mos nie verkeerd nie.

Ronel ·

Op fb is n post met fotos van die jagters sowel as die organiseerder se naam en selfoon nommer. Ek dink die fotos is op NSPCA se page maar ek praat onder korreksie.

Christie Joubert ·

Dit is niks anders as n drive-thru kitskos bedryf nie. Jy is nou wragtag te lui om jou kos in die veld te gaan soek. Ek sal graag hierdie “jagters” deur dieselfde situasie wil sit as wat hulle met die diere doen. Sies!

T van Aswegen ·

Ai, ai, ai… Alweer sensasiesoekers wat nie weet waarvan hulle praat nie. Dryfjagte word jaarliks in die Karoo en dele van die Vrystaat uitgevoer en niemand rep ‘n word daaroor nie. Soos in die artikel vermeld, is dit nie onwettig nie. Persoonlik verkies ek om in die Bosveld wild te soek en te bekruip, maar sonder meer besonderhede kan ek nie sommer vinger wys nie hierdie jagters nie. Julle wat so lawaai, gaan kyk ‘n bietjie wat gebeur in ‘n slagpale!

Martin ·

T van Aswegen, waar val jy uit. Hierdie is totaal verkeerd,en dit is nie ‘n slagpale nie. Duidelik weet jy niks van jag af nie>

T van Aswegen ·

Martin, ek jag al van voor jou geboorte af; eties en te voet, MAAR ek weier om my deur sensasie op loop te laat neem. Ons kan semantiese speletjies speel oor wat die word “jag” vir verskillende mense beteken en persoonlik sal ek nie aan hierdie praktyk deelneem nie, maar kom ons laat staan maar die “bambi-sindroom”.

T van Aswegen ·

Ek probeer vir Martin hierbo antwoord, maar my kommentaar seuwel telkens. Martin, ek jag al van voor jou geboorte af; eties en te voet, MAAR ek weier om my deur sansasie op loop te laat neem. Ons kan semantiese speletjies speel oor wat die word “jag” vir verskillende mense beteken en persoonlik sal ek nie aan hierdie praktyk deelneem nie, maar kom ons laat staan nou die “bambi-sindroom”.

Knersus D ·

As jagter, distansieer ek my van hierdie metode. Dit is nie jag nie.

Martin ·

T van Aswegen. Glo my, ek weet van jag. Ek besit my eie Wildplaas en ek is daagliks betrokke by een of ander vorm van jag. Hetsy dit die bewaring, Boogjag, geweer jag,wettig of onwettig jag of enige ander vorm van die aspek betref. Dit wat hier aangaan is nie eties nie. Net so min as wat wild voorsit by ‘n watergat, en hulle dan skiet as hulle kom suip. Ek doen die ding al vir baie, baie, jare en het nog nooit vir dae agter wild aangeloop wat ander mense gekwes het nie. Dit is prakties nie moontlik nie, en as ‘n dier swaar gewond is – kan hy nie vir dae aaneen loop nie. As die dier lig gewond is, sal dit waarskynlik na ‘n paar uur weer gereed wees om voort te gaan. Daar is tegnies baie om hieroor te redeneer, maar vir my as Boer met etiese waardes sal nie jy of enigiemand anders die gemors aan my afsmeer teen enige prys nie.
In my gebalanseerde en nugtere beredenering is dit in totaliteit nie aanvaarbaar nie.

T van Aswegen ·

Martin Bly om te lees jy weet iets van die onderwerp. Ek haat ook “jagters” wat by drinkplekke skiet. Ek bly egter by my standpunt dat sensasie nie die saak dien nie en dat voorsitskiet ook elders beoefen word, maar niemand raas daaroor nie. Terloops, weet jy hoe goed hardloop ‘n bok en hoe lank leef hy as sy onderkaak afgeskiet is deur ‘ n aap wat kopskote probeer skiet?

T van Aswegen ·

Martin O ja, vergeet om te noem; ‘n bok met ‘n af been kan lank oorleef waar daar nie roofdiere teenwoordig is nie. Moenie the gou stellings daaroor mask nie.

Martin ·

Ek gaan toegee jy het ‘n wye kennis van die aspek. Daar is ook punte waarmee ek met jou saamstem. Die kakebeen storie – ek moes self al diere met af kakebene by my Bees suipings aanterf. Die diere met af bene is ook ‘n alombekende feit. Ek gaan jou standpunt respekteer. Ek gaan egter ook by myne staan. Ek is bly om te kan weet daar is nog ouens wat die jag en die etiek daarvan respekteer en uitoefen.
Groete
Martin

Justa ·

Die angs wat die diere moet ervaar en dit gaan nog die hele week aan. Wat wil hulle daarmee bereik, of is dit weer geld wat praat, ten koste van God se skeppings?

Winston ·

Jag. Betekenis: te skiet, te agtervolg, te soek na . Word jaglisensies nog uitgereik? Is daar nie meer “verbode jagmetodes” soos jag met n skietlamp nie? Het die regering hiervan ontslae geraak of het dit bloot abrogeer? weens nie toepassing, soos dit in hulle aard is? Dit is swak beheer in n land wat sulke dinge in die nuus haal. Wild oes met n chopper verskil weinig en jag in die karoo nie veek nie. Wild word net met perde aangejaag en jagter op sy stoel oes net. Elke persoon wat aan n jag deelneem, hetsy deur te skiet of agtervolg, aan te jaag of andersins, is n jagter.

pop ·

Ek het sondag gesit en kyk op Carte blanch en toe was ek nie verbaas om die eienaar se reaksie te hoor nie. Eerste ding wat hy gevra het is of die verslagewer wit of swart is. En toe se hy dis n rassistiese aanval, oor hy n sukses maak van sy boerdery. I rest my case. Daai arme diere het meer integriteit as sulke barbare. Maar ek glo daar is n spesiale plek waar sulke mense eendag heen sal gaan.

Henry ·

Pop jy is een van die siele wat gewoonlik sinvolle kommentaar lewer.
Maar.
Die feite rondom ‘dryfjag’ is die volgende:
Dit word vir eeue lank as jagmetode in die ‘beskaafde’ gedeeltes van die planeet soos Europa en die VSA aangewend. Oud soos die berge en tot vandag toe die gebruik…
Die Britte skiet elke jaar voëls soos Grouse (nie die drinkbare weergawe nie!) en Europese Fisante dat die biesies bewe mbv dryfjag.
In die Oos Kaap is dit die wyse waarop Koedoes in die berge en dale van Graaf Reinett en ander plekke poerdes moerdes geskiet word. Vir donkie jare reeds en minstens vanaf die 18 honderds.
Die arme Kase en Belge wat by Alldays doenig is, skiet jaarliks bosvarke in die Luxemburg omgewing dat die kranse antwoord gee mbv dryfjag.
Ekself het al ‘n vark of drie en ‘n Grouse of meer op hierdie wyse laat harp speel.
Doen dit nie meer nie maar eet graag die vleisies en biltonge wat deur die insette van ander jagters bekom kan word.
Terloops. Hier word nou so geteem en geween oor die dryfjag ding. Wat veel erger en gewetenloos is, is die siele wat in die nag met skietlampe die arme bokke op die wildplase uitroei. As daar van onetiese gedrag gepraat wil word, moet daar veel eerder na daardie siele gekyk word.
Is maar hoe dit is…

nig ·

Henry : “..is maar soso dit is” – dis nou jou “kwalifikasie” van hierdie barbarisme. Tsk tsk! Of die barbarisme in ander lande toegepas word en of dit al eeue lank gebruik word maakd it nie REG of ETIES nie!

Henry ·

Beste Nig (amper sê ek OU Nig!!!)
Ek merk nêrens op dat ek dryfjag goedkeur nie. Stel slegs enkele feite.
Waarom al die temers en ander ‘etiese’ oompies en anties nie die spul dryfjagters in die res van die wêreld aanvat, aankla en wat ookal nie, is vir my duister.
Jyself het natuurlik reeds laaaaank terug daai spul Europeërs en Amerikaners oor hul onetiese gedrag aangevat.
O ja. Julle is natuurlik almal ywerige en eetgraag vegetariërs!

pop ·

En daar sneuwel my kommentaar. Waaroor sou ek bitter graag wou weet? Mag ons nie se wat ons op TV sien of wat??

Henry ·

Pop en daar sneuwel myt kommentaar ook wat ek sonder enige kragwoord of rassisties inhoud aan jou gerig het. Is soooo vervelend.

Sune van Heerden ·

Dagsê Henry

Soms beland ‘n kommentaar bloot in ‘n mandjie waar dit met die hand goedgekeur of afgekeur moet word. Dit kan dus soms ‘n wyle neem voordat jou kommentaar gemodereer word. Jou kommentaar is goedgekeur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Henry ·

Pop ek probeer weer met ‘n korter weergawe.
Dryfjag word tot vandag toe en vir eeue lank in Europa en die VSA aangewend.
Grouse (nie die drinkbare ene nie) en Europese Fisante word jaarliks in hul duisende geskiet. Bosvarke word deur die Hollanders en Belge so geskiet.
Koedoes in die Oos Kaap en veral in die berge rondom Graaf Reinet word sedert die 18 honderds mbv dryfjag geskiet.
Daar moet veel eerder geteem word oor die siele wat elke jaar mbv koplampe die wild snags op wildplase jag. Dan word aan hul vriende vertel hoe hulle dae lank deur die bos geloop het, op soek na hul prooi.

Henry ·

Dankie Sune!
Ek was besig om ‘n ernstige duik in my selfvertroue te ervaar.
Groetnis
Henry

Justa ·

Het die eienaar al sover gedink dat sy sogenaamde ” sukses” binnekort tot n einde gaan kom want daar gaan geen wild meer oor wees nie.

gekwesde hasie ·

Word wakker Justa ..die diere is nie bedreig as jy die betekenis wil he gaan soek dit op …pop die hele isue gaan nie oor rasisme nie ..duidelik het julle geen benul wat aangan nie dit is geensins n drukgang nie ..dalk moet julle begin opsoek wat is n plaas wat beteken jag …daar het jy duidelik gese vir iemand dat hy nog nooit agter n dier aangeloop wat gewond is nie ..daar se jy dit self jy wond ook diere ..die diere word ook gesoek as gewond ..almal lewer komentaar oor limpopo maar gaan stop dan al die ander lande .Kom by in die lewe en dink met ju brein ..moenie kometaar lewer oor die diere net omdat ander mense dit doen nie ..dalk moet julle aandag op n ane plek soek en mense uitlos laat hulle maak op hulle plaas wat hulle wil ..of koop die plaas oor dan kyk jy vir die diere en vee hulle mondtjies af as dt vuil is

Justa ·

gekwesde hasie, ek neem aan jy is n jagter. Op die plaas is net X aantal diere. Die eienaar gaan seker hierdie jagtog nie net een maal n jaar hou nie. Agtien diere op een dag en dit duur n week. Hulle sal teen n hengse spoed moet aanteel. Maak maar self die sommetjies.

pop ·

Dankie maroela en Henry, ek het ook n baie groot identiteits krisis beleef. lol

Liezel ·

@ gekwesde hasie, Pop is 100 % reg. As jy Sondag Carte Blanche gekyk het sou jy gehoor het die “eienaar” van die plaas se die heel tyd dis ‘n rassistiese aanval. Niemand het iets gepraat van ‘n drukgang nie. Kyk na die fotos – dit kon net sowel een gewees het. Jy het ook seker ‘n plaas waar sulke dinge gebeur, dis hoekom jy dit probeer goed praat. En sit jou regte naam by, hoekom agter ‘n skuilnaam skuil?

Justa ·

@gekweste hasie, die eienaar gaan vir seker nie hierdie dryfjag net eenmaal n jaar doen nie. Daar is net x aantal diere op die plaas. Hulle sal teen n hengse spoed moet aanteel as daar 18 alreeds op die eerste dag geskiet is. So sy sogenaamde besigheid is nie volhoubaar nie. Moet asseblief nie maak of ek onnnosel is nie. Jy is seker n jagter, dis hoekom jy dit goedpraat en soos Liezel se dis makilik om agter n skuilnaam weg te kruip. Laastens ek haat jagters met n passie.

paul ·

Ek is jagter (Belgie) en kom reelmatig jag in za ;ek is nie vir die dryfjag nie maar in Europa is dit normaal jag in die winter met baye skietres en drywers met honde

Retha ·

Hierdie is ‘n onteieningsplaas wat verniet vir die ou gegee is. Hy het geen gevoel vir diere nie solank sy dollars inrol. Hoekom kan die vuilgoed nie op die regte manier gaan jag nie,oop met jou voeye en durf hom op sy gebied asn. Ek het nie tyd vir slapgatte wat by watergate, uitkykpunte, stellasies en agter op bakkies diere skiet nie. Julle is agterbakse uitvaagsels. Verder gaan die edele natuurbewaring boggerol hieraan doen nie. Hulle weet lankal daarvan, so die deler is so goed soos die steler. Volgens Beeld het die eienaar doodsdreigemente gekry, goed so ek hoop jy slaap nooit. Dan is hy ook verskriklik ontsteld oor die publiek se teenkanting. Sjame. Hoop murphy slaan sy brein uit.

Paul ·

Mia,
Hierdie manier van “jag” is suiwer moord, die arme dier het geen kans nie en die slagter is eintlik barbaars.

mia ·

Die natuurbewaring sal niks daaraan doen nie hulle steur hulle self nie aan patete nie

Winston ·

Ek lag maar net. Daar sal nooit konsensus wees oor die onderwerp nie. Die tipe jagpraktyd sal ook nooit ophou nie.Aanvaar dit en geniet die biltong. Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.