EFF beaam Zindzi Mandela se uitlatings

Zindzi Mandela (Foto: Twitter)

Die EFF het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy steun Zindzi Mandela, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, se uitlatings oor wit mense.

“Sy het korrek getwiet oor die behoefte vir swart mense om hul grond terug te kry van die wit gronddiewe en rassiste,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn versoek aan Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, gerig om Mandela, dogter van oudpres. Nelson Mandela, terug te roep na Suid-Afrika en haar af te dank.

Ndlozi het AfriForum se versoek as rassisties afgemaak en gesê die organisasie probeer ʼn regmatige kreet onderdruk. “Geen Afrika-kind moet ooit onderdruk of selfs gedreig word dat hulle hul werk sal verloor omdat hulle die waarheid praat oor grond nie. Die grondkwessie moet opgelos word vir ʼn ware dekolonisasie van die land om plaas te vind.”

Mbuyiseni Ndlozi. Foto: Facebook

Mandela het Vrydag verskeie verdelende, rassistiese twiets op die sosialemediaplatform Twitter met die hutsmerk #OurLand gestuur. Sy het onder meer na wit mense verwys as lafaards en stelende verkragter-afstammelinge van Jan van Riebeeck. “Miss all these trembling white cowards, shem. Botha, Potgieter, Thieving Rapist descendants of Van Riebeck (sic),” lui die twiet.

Alana Bailey, uitvoerende hoof van internasionale skakeling by AfriForum, het gesê Mandela het met haar Twitter-boodskappe bewys gelewer van ’n haatdraende houding jeens wit inwoners van die land en het in die openbaar bygedra tot die verdeeldheid van plaaslike gemeenskappe. “Haar valse bewerings en vernederende beskrywings soos ‘cowards’ en ‘land thieves’ dra by tot die bou van ’n gevaarlike diskoers van sondebokskepping,” lui die verklaring.

Volgens Ndlozi is daar niks rassisties daaraan om dit feitelik te stel dat wit mense ʼn projek van grondonteiening, genaamd kolonisasie, bedryf het nie. Ndlozi het gesê Mandela moet verdedig word van die rassiste se aanslag. “Sy het alle reg tot vryheid van spraak.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê Mandela is ʼn verskoning aan alle Suid-Afrikaners verskuldig. “Die ironie ontgaan me. Mandela straks dat sy vanuit ʼn suksesvolle Eurosentriese land ʼn kwetsende aanval op wittes in haar eie land doen en hulle ‘gronddiewe en apartheidsapologete’ noem wat soos ‘genooide gaste weier om te loop’.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

emily ·

MM hou ons asb van die berigte op hoogte, ek hoop regtig iemand wat in beheer is met guts gaan iets hieraan doen,
So kan dit nie aangaan nie, Hulle was nie eers gebore nie, maar wil koning kraai. Ons mag nie so iets se nie, dan is ons binne n halfuur in die tronk. Wie dink hulle is hulle. Wil net alles he, Gaan werk soos ons narre.

Cherokee ·

Pieter, ek is teleurgesteld as jy dink sy behoort weg te kom bloot deur askies te sê. Ek sou in my noppies wees as die Deense regering teen haar sou optree. Haar die land uitsit.

Ronel ·

Jou verskoning, Me Mandela, sal nooit vir my aanvaarbaar wees nie. As enige wit mens daardie selfde woorde geuiter het, was daai persoon klaar terug in SA EN in die tronk, nou wat nou? Nou moet daar eers ondersoek ingestel word? Neewat, jy en jou verskoning…..

KaterinaKat ·

Wel julle weet mos nou al hoe dit is: Teen en van witmense kan daar enigiets gese word. Maar as n witmens dieselfde dinge sou se oor n swartmens, dan tronk toe met hom/haar. Daar is Geen maar Geen toekoms vir witmense in hierdie land nie. My oudste dogter het twee kleuter seuntjies, hoe hulle hier gaan grootword, kan ek my nie voorstel nie.

Al ·

Ten minste het die EFF hul appél verloor en moet Trevor Manual terugbetaal.
Een van die dae is hul niemand.

Neels ·

Wat verwag jy van mense wat te lui is om te werk . Dit is mos makliker om iets te kry sonder om dit te verdien .

Andries ·

Lyk my nie hulle het al genoeg geld vir hul uitlatings betaal nie, hulle het seker n ekstra #hatespeechpenaltyfund

James ·

Mense, hou op ontsteld raak oor hierdie, en soortgelyke uitsprake, deur die ANC, EFF en BLF.

Dit is ‘n seening. Wat dit doen, is om dit wat al jare lank onder die oppervlak broei, uit te bring in die lig – waar almal kan sien.

Dit lei tot die opening van die toe-ogies van die laasste paar draadsitters.

Dit trek die gevegslyne duidelik.

Dit bevorder sonder dat dit weet – SELFBESKIKKING.

In stede van ontsteld raak – hoop liewer vir MEER sulke uitsprake.

ZET ·

As hulle kon weet hoe baie ek dai woord gebruik, kry ek my bas nooit weer in hierdie
leeftyd uit die tronk!

ANDRE ·

WAT GAAN JULLE MOET GROND MAAK,JULLE NIE GEWOOND AAN WERK…WIL MOS ALLES VERNIET HE….DIE BAK HAND SPAN

HM ·

EK het my nou so.pap gelag vir daardie ondersteuning van EFF. Daardie uitsprake kry nou al hare. Nee wat dank haar gerus af sy verdien nie hierdie titel nie.

Jc ·

Ha ha ????????????ja EFF julle betaal deesdae soveel boetes en eise uit dat julle nie meer lank gaan bestaan nie agv te min geld.

Ai ·

So did hoe dit hier werk. Vryheid van spraak is ‘n reg as jy aan die meerderheids bevolking van die land behoort. As jy in die minderheids kant behoort het jy geen reg nie. Dan is jy maar net ‘n uil op n kluit wat wag om uitgemoor te word.

On is vinnig oppad na ‘n 2de Zimbabwe……en dan gaan ons bietjie kyk wie huil eerste vir land, geld of ordentlike mediese sorg of onderrig. Ek se julle wat gaan vra vir die A en Cee en die EFF en BLF.

Andreas ·

Hierdie uitspraak van Zindzi Mandela is net die oortjies van die seekoei, dis hoe hordes, hordes en hordes van hulle, die BLF, die EFF en nog ‘n menigte ander teenoor blankes voel. Dit is die saadjie wat nou besig is om te ontkiem en tot uitbarsting kom, van daardie disinformasie wat hulle gevoer is, in effek word hulle nog elke dag daarmee gevoer, so vir haar was die Tweet reg.

Dis die ingesteldheid van die mense wat aangespreek moet word, beginnende by die mense wat daardie saadjies plant en dit loop verkondig. En waar is dit waar mens moet begin? By die ingesteldheid van mense soos hoofregter Mogoeng wat met sy uitsprake die Afrikaner misken, Cyril Ramaphosa oor die grondkwessie wat hy loop verkondig, Ace, Angie Motshekga, Lesufi, jy noem dit, die lys het net nie einde nie van almal wat die Blankes verdag bly maak.

Nou sit ons waar ons sit en al bogemelde persone wat die vure stook, was hul hande in onskuld.

James ·

In ander nuus, sien ek die BLF het ‘n nuwe teiken: NASPERS!

Hoe lekker krul my tone van pure lekkerkry!!

Sakkie ·

Johan , daar is baie hoekoms wat hulle sou verkies om nooit te antwoord nie.
Die hoekom wat my pla is die regering se passiewe houding teenoor ons. Die feit dat hulle nie van ons hou nie is lankal geen geheim.

Andreas ·

nog ‘n rede is hulle wil nie hul stemvee/ondersteuners die harnas in jaag nie, ‘n ander een is, dan het hulle Julius op hul rug.

Dirk ·

@James. Die mense raak ontsteld oor die uitlatings, omrede dit verdere haat gepaardgaande met wraakaanvalle aanspoor teenoor witmense oor die algemeen. Teen die tempo wat aanvalle toeneem gaan bitter min mense die voorreg he om selfbeskikking te verwesentlik. Al wat jy sien is selfbeskikking, maar wat die ander mense sien is wraakaanvalle onder die dekmantel van misdaad met die doel om vrees in te boesem by mense en wat, as dit nie gekeer word nie, die mense se wil en weerstand sal laat verkrummel! Daar is reeds meer as twee duisend boere vermoor en nog steeds is daar nie selfbeskikking nie, so hoeveel uitsprake en moorde gaan dit vat voordat julle sal besef dat mense geen vertroue meer langer koester in die selfbeskikking idee nie as gevolg daarvan dat die argitekte van selfbeskikking, reeds met plaasbeveiliging die mense gefaal het en misluk het!

Amanda ·

Ek sal vir jou ‘n sakkie grond pos ,die klomp ANC EFF BLF wat so kla en alles verniet wili he!

who cares ·

haar uitlating sê meer van haarself as van witmense, daar gaan niks van kom nie … haar pa sou skaam gekry het vir haar …

ap ·

nog n lee dop wat aandag soek , plaas dat sy eerder n ordentlike werk kery

Erika ·

Die slegste van als….. hulle is kwaad vir hulle eie velkleur! Aanvaar dit net en leef soos al ons ander reenboognasie in vrede. Sy kry dalk nie genoeg aandag oorsee nie, nou moet sy iets sê om haar op die map te sit. Ons moet haar eintlik jammer kry soos ons vir Malema kry, want hulle is kwaad vir hulle self…

kolla ·

Wel as die tipe retoriek aanvaarbaar is vir die ANC dan is wittes in SA voorwaar in gevaar. As die regering niks hieraan doen nie is dit dalk tyd dat organisasies soos Afriforum hoë vlak samesprekings met die VSA en ander lande doen om vlugtelingstatus vir ons te beding. Dis die enigste manier hoe die meerderheid wittes hier sal kan wegkom.

Deon ·

Dit wat jy noem is die beste opsie. Die son is besig om te sak.

Henk ·

Wonder nou net. Afriforum word nou weer as rassisties gebrandmerk omrede hulle optrede teen Mandela en haar uitsprake, (Twiets) , eis. Waarom stel Afriforum hulle nie op terme en eis ‘n openbare apologie en onttrekking van hierdie verklaring nie, in gebreke waarvan daar regsoptrede moet wees en ‘n paar idiootjies se mondjies gesnoer moet word ? Noem dit nou maar skoolgeld op die harde manier vir die EFF, jy kan nie wil aangaan om iemand as rassiste te bly uitkryt en niks word daaraan gedoen nie. Hoe lyk dit Meneer Kriel ?

Leon ·

Hulle is jaloers op wittes want hulle sal nooit kan bereik wat ons bereik het deur hard te werk en bloed te sweet nie. Hulle is die enigste nasie in die wereld wat dink die wereld skuld hulle iets. Jy sien nie die Jode of Japannese of Russe vinger wys en blameer nie. Hulle is ook die enigste klomp wat die geskiedenis probeer herskryf sodat hulle simpatie en aansien oorsee kan geniet. Ek hoop die Deense regering verban haar uit hulle land.

Hanna Hoekom ·

Klink vir my ook maar na n minderwaardigheids kompleks! Hoe kan 45 miljoen mense tog so geintimideerd deur minder as 4 miljoen mense voel? Feite.

kolla ·

Ons sal gaan maar ons gaan dit nie verniet doen nie. Gee vir ons ‘n overseas settlement grant en ons waai met graagte.

Jannie ·

Ek het haar tweets geraporteer by Denemark in Kopenhagen als ge copy paste sodat hulle haar sakkies kan pak vir haar.

Spike ·

Erika, hulle is jaloers op ons, want hulle kon nog niks ontwikkel nie.

Carel ·

Niks van wit mense is goed nie maar ons hare en grimering DIE dra ons

kolla ·

Vlugtelingstatus vir wit mense. Tyd om ander lande te begin beaarbei om ons op daai basis in te neem.

Bets ·

Ek sit in London op die oomblik en kyk finansies en investment opsies op die nuus en t mense van die groot koppe in die bedryc waarsku die wereld en sê moenie in Suid Afrika enive ieta belê nie want julle aal dit verloor. So sê tatta vir die rand. Gaan nie snaaks wees as van die mennlse hulle besighede begin ontrek uit SA uit nie.

Martin ·

Die hartseer saak is, die UK ???????? was een van die vele land wat vir hulle jammer gevoel het en toegelaat het om sonder n paspoort deur europa te reis om hulle leuens daar te verkondig. Nou sit daar einste lande hande gevou.

Klipindiebos ·

SKAAKMAT witman, SKAAKMAT? . Watter straf sal Mbuyiseni kry as hulle haar afdank? Hy stem dan ongekwalifiseer saam oor wat sy gese met!!!

Hanna Hoekom ·

Die ou raasblik reken daar is niks mee verkeerd om n “sekere groep” se aksies as feitelik te stel nie. Sou ek as blanke dit egter doen, was ek nou in die tronk en die MRK besig om my te vervolg! Verbeel jou ek begin op sosiale media uitvaar oor die werklike diewe, verkragters en moordenaars in ons land. Dis mos feite.

Johannes ·

En wat sal haar claim to fame dan nou wees?
Ry op die golf van kunsmatige heldedade van haar pa?
Haar onkunde en arrogansie spreek vanself.

Frikkie ·

So as jy wit is en iets negatief se soos byvoorbeeld “swart mense is oor die algemeen lui en parasiete in die samelewing en word net aangestel vir hulle kleur” dan is jy n rassis en word jy toegsluit maar as jy se wat sy se is dit vryheid van spraak. Haha die EFF en ANC is groter rassiste as wat die ou KP en AWB was. Die groot wiel draai mensies julle gaan nog swaarkry in afrika want met sulke intelligensie en redenasie haan julle nuwe hoogtes bereik

Adam ·

Dit is byna onwerklik om te glo dat so’n dwaas ‘n ambassadeur kan wees. Nelson Mandela was tot etlike jare voor sy dood op die VSA se lys van terroriste. Was dit ook Van Riebeeck se nasate se skuld? Ek meen van nee.

Rina ·

Me. Mandela vergeet duidelik dat sy in een van die lande sit waar ons vandaan kom… Sy vergeet dat hul weet hul was 50jaar voor die Xhosas en Zulus in hierdie land… Kom ons kyk maar hoe word sy as genooide gas gevra om eerder die partytjie te verlaat.

Henry ·

EFF moet pasop of hulle het seker baie geld (VBS) want elke keer as hulle hulle monde oop maak kos dit hulle net baie geld. Hulle leer nie hulle les nie, met al hulle uitlatings kos dit hulle net geld en Afriforum word ryk. Hou so aan een van die dae is hulle bankrot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.