“Dit volg nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof geweier het om die saak aan te hoor,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF gesê. Ndlozi se bewering kon egter nie by die hof bevestig word nie. Die EFF-LP’s is deur die parlementêre komitee oor regte en voorregte geskors nadat hulle van wangedrag aangekla is.
Ndlozi het gesê die EFF het die konstitusionele hof ook versoek om te beslis oor of Baleka Mbete, nasionale voorsitter van die ANC, geskik is om speaker van die parlement te wees. Die EFF het die hof verder versoek om duidelikheid te gee oor die status van regstellende stappe wat deur die Openbare Beskermer voorgestel word.
Julius Malema, leier van die EFF, hoofsweep Floyd Shivambu, Godrich Garee, Mpho Ramakatsa, Khanyisile Litchfield-Tshabalala en Mbuyiseni Ndlozi is vir 30 dae sonder vergoeding geskors. EFF-LP’s Elsabe Louw, Ngwanamakwetle Mashabela, Nthako Matiase, Hlengiwe Maxon, Magdalene Moonsamy en Andile Mngxitama is vir 14 dae geskors. Agt EFF-LP’s moet die huis persoonlik om verskoning vra en hulle is ook ʼn boete gelykstaande aan 14 dae se salaris en toelae opgelê.
Geen KFC vir jou hierdie maand nie MAL-ema !