Eg Afrikaans-foto van 2020 – hier is die wenners!  

“Happie” deur Kevin Leo.

Die eerste South African Mobile Photography Awards het in 2020 afgeskop en ná duisende inskrywings en stemme van die publiek is dit uiteindelik tyd om die wenners van die Eg Afrikaans-kategorie bekend te maak.

“Mense se reaksie op die aankondiging van Suid-Afrika se heel eerste Mobile Photography Awards was oorweldigend,” sê Albert Bredenhann, eienaar van Pixel Pro Photography en organiseerder van dié fotografiekompetisie. Bredenhann is self ook ʼn professionele fotograaf.

“Altesaam 2 004 mense het sowat 9 400 slimfoonfoto’s ingeskryf. Ek en die beoordeelaars meen dat die inskrywings opwindend en kreatief was. Boonop wys dit ʼn mens hoef nie noodwendig ʼn duur kamera in jou hand te hê om ʼn uitstekende foto te neem nie.”

Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, sê ʼn fotografiekompetisie soos hierdie is ʼn manier om die mooi oomblikke van ons lewe vas te vang en te vier.

Die wenner van die Eg Afrikaans-kategorie is die foto getiteld Happie deur Kevin Leo.

Maroela Media se lesersgunsteling en naaswenner is:

“Bethulie” deur Tim Taylor.

In die derde plek is:

“Plaasvuur” deur Hestlerie Botha.

Die geskenkpak wat die lesersgunsteling in die Eg Afrikaans-kategorie wen (Foto: Maroela Media)

Die wenner van die Eg Afrikaans-kategorie ontvang R5 000, die Maroela Media-lesersgunsteling ontvang R2 500, asook ʼn allemintige geskenkpak ter waarde van R2 000 van Maroela Media. Die foto wat die derde plek in dié kategorie beklee, ontvang R1 500 van South African Mobile Photography Awards.

Die algehele wenner en kategoriewenners in Suid-Afrika se eerste slimfoonfoto-kompetisie is reeds bekendgemaak. Chantelle Loots se wenfoto en die ander kategoriewenners kan op die South African Mobile Photography Awards-webwerf gesien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Roedolf Johannes ·

Is net jammer die Afrikaners wil ook nie by die S A Bloedbank hulle stem dik maak en aandring op Afrikaanse vorms nie.As gevolg van geen Afriaanse vorms het ek opgehou skenk

Mia ·

Ek neem aan dat slegs afrikaanse mense jou bloed gaan kry.. Ek is ook afrikaans, maar dit is mos nou selfsugtig om anders mense se kans op lewe oor ‘n taal weg te vat.. Daardie mense vra nie vir die doktor is die persoon afrikaans of sotho of engels nie. Hulle vat dit met ope arms.

AH ·

Regtig selfsugtig Roedolf, jou bloedskenkery is toe nie om lewens te red en ‘n onbaatsugtige naastediens te lewer nie, maar vir een of ander duistere rede wat nét jy weet…..Ek het baie jare lank bloed geskenk (ek kan Engels en Afrikaans lees ) en het daardeur my eie lewe gered toe ek ‘n paar jaar gelede ‘n hele klompie eenhede bloed moes ontvang. Ek het dit heeltemal gratis ontvang omdat ek ‘n aktiewe skenker was. Ongelukkig mag ek nou nie meer bloed skenk nie a.g.v. akute bloedarmoede.

AH ·

Pragtige fotos! Elkeen “praat” met my op sy eie manier……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.