Egpaar bedrieg ouetehuis glo uit R2,2 miljoen

(Argieffoto ter illustrasie: Pixabay)

ʼn Egpaar van Noordwes word daarvan beskuldig dat hulle ʼn ouetehuis in Mahikeng glo uit meer as R2,2 miljoen bedrieg het.

Die paartjie, onderskeidelik 48 en 55 jaar oud, word nou deur vyf aanklagte van bedrog in die gesig gestaar.

Volgens ao. Bonnie Nxumalo, woordvoerder vir die Valke, het die man na bewering in 2015 meer as R2,2 miljoen van die Rotaris-ouetehuis se geld aan die begrafnisonderneming wat hy saam met sy vrou besit, oorbetaal.

Die man was ten tyde van die beweerde bedrog die voorsitter van dié ouetehuis.

Hy het glo voorgegee dat die geld aan ʼn konstruksiemaatskappy vir konstruksiewerk betaal is.

Die saak is by die Valke se ondersoekspan vir ernstige handelsmisdaad in Mahikeng aangemeld, wat verdere ondersoek ingestel het.

Die man en vrou is nou gedagvaar om op 10 Junie in die Mmabatho-landdroshof te verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.