Egpaar in hul kafee vermoor  

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Egpaar wat die eienaars van ʼn kafee in Christiana, Noordwes is, se liggame is Sondag in die kafee aangetref.

Volgens brig. Sebata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is die liggame van die egpaar, vermoedelik in hul 70’s, omstreeks 8:00 in die winkel gekry.

Die polisie in Christiana ondersoek twee sake van moord.

“Die motief vir die voorval is onbekend en in dié stadium is niemand nog in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.”

Geen verdere besonderhede is in dié stadium bekend nie.

Mokgwabone het gesê die egpaar se name sal bekend gemaak word sodra hulle amptelik uitgeken is en al hul naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kalla ·

Liewe Vader wees ons mense asseblief genadig. Sterkte aan die egpaar se familie en naaste.

Andre ·

So kom die berigte in na ‘n nag van vrees en vrees vir die volgende nag. Is daar rêrig nog ‘n realistiese oplossing vir die nie-amptelike uitwissing van mense?

Adam Adriaan ·

Massa moord is ‘n SA aan die orde van die dag!!! Dit het die nuwe nasionale sport geword

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.