Eienaar van veiligheidsmaatskappy vas oor wapens

(Argieffoto: SAPD, Facebook)

Die eienaar van ’n veiligheidsmaatskappy in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga is Maandag in hegtenis geneem nadat agt verskillende vuurwapens op sy perseel in die dorp gevind is. Die vuurwapens was nie in ’n kluis toegesluit soos die Wet op Beheer van Vuurwapens bepaal nie.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê in ’n verklaring die Valke het inligting ontvang oor ’n verdagte met ’n aantal vuurwapens in sy besit waarna die owerhede die man (42) op sy perseel besoek het.

Volgens Sekgotodi is daar op ses gewere en twee 9 mm-pistole beslag gelê en die man is in hegtenis geneem.

Die verdagte sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn. Hy word daarvan beskuldig dat hy die Wet op Beheer van Vuurwapens oortree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marius ·

Hy was dus nie in onwettige besit nie . Weereens , hoeveel polisie beamptes het nie kluise by hul wonings nie ?

Sean ·

Presies wat is die valke se werk in hierdie land???? Wie ondersoek hoe profiel misdade en white coller crime???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.