Eise ná Marikana-slagting amper afgehandel

Die koppie by Marikana. (Foto: Bongiwe Mchunu)

Uitstaande vergoedingseise ná die slagting van tientalle mynwerkers by Marikana in Noordwes ʼn dekade gelede, sal na verwagting teen die einde van hierdie maand afgehandel word.

Altesame 34 mynwerkers is doodgeskiet en 78 ander is gewond toe die polisie op 16 Augustus ʼn onwettige staking by die myn in bedwang probeer bring het. Die slagting word bestempel as die ergste daad van polisiegeweld sedert die einde van apartheid.

Prokureur-generaal Fhedzisani Pandelani sê die laaste siviele eise wat ná afloop van die skietery teen die regering ingestel is, sal na verwagting voor die einde van die maand afgehandel word.

Daar is nog 48 eise uitstaande.

“Ek kan die versekering gee dat ons, sover moontlik, binne die volgende maand in ʼn posisie sal wees om die sake af te handel,” het Pandelani Woensdag by ʼn mediakonferensie gesê.

Hierdie gevalle wentel om die omvang van persoonlike beserings, mediese ondersoeke en aktuariële berekeninge wat gedoen moet word.

Vergoedingseise wat direk verband hou met mynwerkers wat doodgeskiet is, is verlede jaar al afgehandel en byna R76 miljoen is aan die slagoffers se families uitbetaal.

Volgens Pandelani is dit “betreurenswaardig” dat dit so lank geneem het om die sake af te handel.

Dit sal Maandag tien jaar wees sedert die slagting die land geruk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

domheks ·

En hoeveel moet van oom cyrel verhaal word? – hy het opdrag gegee, nou is hy te bang om hulle te besoek.

Keelvol ·

En wat van die 10 mense wat deur die myners vermoor is? Gaan. Van daardie geld wat uit betaal word na hulle families toe? Die myners se familie is dit tog verskuldig.

Helena Elizabeth ·

Ek wou nou presies dieselfde gesê het. Dink daar moet teen die myners en die UNIE wat verantwoordelik was vir die staking ook eise ingesit word deur die slagoffers se famielie lede….

SjN ·

Afrika tyd, 10 jaar later, van die begunstigdes wat finansieel swaar gekry aangesien broodwinners gesterf het is ook al dood. Hul voel niks vir mense op voetsoolvlak nie.

Maritza ·

So dis waarheen ons belasting geldjies heen gaan. Moet van ou Cele se pakket af kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.