Eise vir WVF se noodverligtingsfonds kan tot dán ingedien word

(Foto: Facebook)

Die departement van arbeid en indiensneming het Dinsdag aangekondig dat uitbetaling van voordele deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se Covid-19-verwante tydelike noodverligtingsfonds (Covid-19‑TERS) tot 15 Augustus verleng sal word. Voordele uit dié fonds sou aanvanklik tot 30 Junie uitbetaal word.

Dié tydelike noodverligtingsfonds (Covid-19-TERS) is geskep om werkgewers by te staan wat nie hul werknemers ten tyde van die afsonderingstydperk kan betaal nie.

Boitumelo Moloi, adjunkminister van arbeid, het Dinsdag in ʼn virtuele voorlegging van die departement gesê aangesien die Rampbestuurwet tot 15 Augustus verleng is, sal dit gepas wees om die uitbetaling van TERS-voordele ook tot dán te verleng.

Moloi het die voorlegging gedoen namens Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, wat in die hospitaal opgeneem is nadat hy positief vir Covid-19 getoets het.

Die kriteria en struktuur waarvolgens werkgewers eise by die WVF kan indien, bly onveranderd.

Tot dusver het die WVF byna R31 miljard aan salarisse uitbetaal.

Die regeringsdepartement oorweeg dit om die aansoeke vir eise vir April, Mei en Junie teen einde Julie te sluit.

Teboho Maruping, kommissaris van die WVF, sê hulle sal toesien dat alle eise verwerk word en aan salarisse uitbetaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johannes Andries ·

Skynbaar word UIF noodfondse terug gehou van blanke onderwysers wat beheerliggaam poste beklee, terwyl hulle uif bydrae gemaak het. Wat gaan aan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.