Elektrisiën skok dood by Potch-munisipaliteit

(Argieffoto:
Unsplash)

Reni Seroalo, ʼn elektrisiën by die JB Marks-munisipaliteit (Potchefstroom) in Noordwes, is vandeesweek dood toe hy ʼn elektriese fout in Ikageng ondersoek het.

Die elektriese fout het plaasgevind waar ʼn Eskom-kabel met dié van die munisipaliteit kruis en ʼn oorhoofse transformator het ontplof en ʼn brand veroorsaak. Dit het tot Seroalo se dood gelei, sê Vincent Diphoko, woordvoerder van die munisipalewerkersvakbond Samwu.

“Die leierskap van Samwu stuur sy innige meegevoel met Seroalo se familie, vriende en die span by die JB Marks-munisipaliteit. Ons sal binnekort sy familie besoek om ons medelye te betuig namens munisipale werkers in die provinsie.”

Die munisipaliteit stel ondersoek in na die oorsaak van die ontploffing van die transformator.

“Ons beskou dié voorval as ʼn voorbeeld van die gevare wat daagliks deur munisipale werkers in die gesig gestaar word. Talle werkers groet hul gesinne in die oggend en weet nie of hulle veilig gaan terugkeer nie. Daarom doen ons vakbond deurlopend ʼn beroep op munisipaliteite in die provinsie om die veiligheid van werkers te verseker.”

Die vakbond versoek ook behoorlike instandhouding van verouderende munisipale infrastruktuur.

“Die vakbond sal die ondersoek na die oorsaak van die voorval volg,” het Diphoko bygevoeg. “As die oorsaak neerkom op ʼn versuim deur die munisipaliteit om die infrastruktuur behoorlik in stand te hou, sal ons die munisipaliteit aanspreeklik hou vir die afsterwe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

boerie ·

Hoeveel van die werkers het n vakleerlingskap gedoen as elektrisiën ?

SomeOne ·

jammer vir die verlies van ‘n werker
honderde munisipaliteite weet nie wat instandhouding van infra strukture beteken nie
al die fondse is in die grootbase se sakke gedruk, watter misbepaaldetyd gaan ooit verantwoording doen vir iemand se beserings of dood in die geval

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.