ʼn Man wat glo ʼn epileptiese aanval gekry het terwyl hy bestuur het, is Sondagaand dood ná hy beheer oor sy voertuig verloor het.
Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, het gesê die man (in sy 30’s) is op die R26 sowat 9 km buite Ficksburg in die Vrystaat oorlede.
“Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle vasgestel die man is uit sy Ford Fiësta geslinger toe die voertuig by ʼn walletjie afgerol het. Ons het hom aangetref waar hy gedeeltelik onder die voertuig gelê het,” het Dormehl verduidelik.
“Daar is medikasie om epilepsie te behandel langs die voertuig gevind. Dit word aanvaar dat hy ʼn epileptiese aanval gehad en daarom beheer oor die voertuig verloor het.”
Die polisie sal die voorval ondersoek.
So jammer vir jou gesin en familie. Dit is regtig net sommer hartseer. Sterkte vir julle.
So uiters hartseer. Nogtans is ek verlig dat daar nie ‘n ander motor(s) betrokke was in die ongeluk nie.
Jammer vir julle verlies.
Net een vraag, as ek in n ongeluk beland en hulle kry bloeddruk pille in my kar, gaan hulle seker aan neem dat ek n hartaanval gekry het??
Wonder wat het geword van die dae toe ‘n ongelukstoneel behoorlik uit gemerk en opgemeet is??