Ermelo-voorval was ‘tragiese ongeluk’

Luidens ʼn verslag deur ʼn onafhanklike ondersoeker het Louis Grobler se bakkie op los mielieblare gegly en kon hy daarom nie betyds stop nie. (Foto: Verskaf)

“Louis is die laaste mens wat verdien wat nou met hom gebeur. Hy is saggeaard en in geen opsig ʼn rassis nie. Wat gebeur het, was ʼn ongeluk, niks anders nie.”

Só het ʼn vertroulike bron Donderdag aan Maroela Media gesê oor sy medeboer Louis Grobler wat daarvan beskuldig word dat hy Vrydag (15 Julie) twee kinders op ʼn plaas in Ermelo raakgery het. ʼn Verslag deur ʼn onafhanklike ondersoeker het bevestig dit was ʼn ongeluk.

Grobler (41) is steeds in aanhouding en sal Vrydag vir ʼn derde keer in die Ermelo-landdroshof verskyn waar sy borgtogaansoek verder aangehoor sal word. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy ʼn derde kind aangerand het.

Die bron, wat ook by verskeie landelike strukture in die omgewing betrokke is, was Vrydag een van die eerste mense op die toneel nadat Grobler hom gebel en ingelig het dat daar ʼn ongeluk op sy plaas was.

Hy sê verskeie vals weergawes van wat werklik gebeur het word egter nou versprei en selfs deur die staat in die hof aangevoer – onder meer dat Grobler die familie probeer omkoop het.

Grobler, wat gereeld skade ly weens diefstal op sy plaas, het Vrydag glo ondersoek ingestel toe hy mense in sy mielielande gewaar het. Twee kinders het toe glo uit die mielielande reg voor Grobler se bakkie ingehardloop. Die bakkie het albei kinders getref en een van hulle se been is gebreek.

Luidens ʼn verslag deur ʼn onafhanklike ondersoeker het Grobler se bakkie op los mielieblare gegly en kon hy daarom nie betyds stop nie.

“Dit was ʼn tragiese ongeluk. Daar was niks kwaadwillig aan wat gebeur het nie. Louis het boonop aangedring dat die polisie en private ambulans dadelik ontbied word, omdat hy net die beste behandeling vir die beseerde kinders wou hê.”

Volgens die bron is die beseerde kinders na nabygeleë hospitale vervoer en een is dieselfde dag ontslaan.

Die polisie kon glo nie dadelik by die plaas uitkom nie aangesien hulle nie ʼn voertuig gehad het nie. Nadat Grobler glo daarop aangedring het dat die polisie uitkom, is ʼn spesiale voertuig ontbied wat meer as ʼn uur later daar opgedaag het.

Die bron het geen teken gesien van die derde kind wat Grobler na bewering aangerand het nie en kon dus nie daarop kommentaar lewer nie.

“Die kind wat steeds in die hospitaal behandel word se pa werk op ʼn ander plaas in die omgewing. Louis het in geen stadium probeer om iemand om te koop nie. Hy is dan in die tronk. Hy het wel aangebied om vir behandeling in ʼn private hospitaal te betaal omdat hy besorg is oor die kind.

“Dit het nou in ʼn politieke ding ontaard. Ek het Louis in die tronk besoek en hy is self baie geskok oor die leuens wat oor die voorval versprei word. Selfs die ondersoekbeampte wat Saterdag op die toneel was, het gesê hy kan sien dit was ʼn ongeluk. Maandag in die hof het die hele storie egter gedraai.”

‘Geen vuilspel’

ʼn Onafhanklike ondersoeker is ook Dinsdag na die toneel ontbied. Die ondersoeker, wat ook verkies om anoniem te bly, het meer as 30 jaar ondervinding in die polisie waar hy vir 26 jaar in die speurdiensafdeling gewerk het.

Luidens ʼn verslag deur ʼn onafhanklike ondersoeker het Louis Grobler se bakkie op los mielieblare gegly en kon hy daarom nie betyds stop nie. (Foto: Verskaf)

Hy is die afgelope ses jaar by private ondersoeke en veiligheid betrokke.

Die ondersoeker het ʼn verslag saamgestel wat reeds deur Grobler se regspan by die hof ingedien is. Maroela Media het ook die verslag onder oë gehad.

Hy het bevind dat die voorval ʼn ongeluk was en dat vuilspel nie by die voorval betrokke was nie.

“Daar kan geensins bewys word dat daar opset was om ʼn misdaad te pleeg nie en daar is geen getuies nie. Mnr. Grobler het al die nodige stappe gedoen en daar was geen teken van ongerymdhede op die toneel nie,” lui die verslag.

Hou Maroela Media dop vir meer bevindinge in dié verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

N ·

Presies Marius. Dit maak mens bang om te dink jy kan dalk n ongeluk veroorsaak buite jou beheer en dan ontaard dit in n rasse voorval.

domheks ·

Ras kaart is gou om te trek! Al moet hulle nou LIEG en BEDRIEG!

Christine ·

Dis hoekom die DOODSTRAF NIE MAG TERUGKOM NIE. Die verkeerde mense sal ter dood veroordeel word.

Jack ·

Jy gaan nie wen met die mense nie.Was die situasie omgedraai sou alles vinning afgelag gewees het as ‘n ongeluk.Ons het nou al gesien hoe die gereg met blankes werk en veral boere.Jy is altyd skuldig ongeag die feite en waarheid.

Swerwer ·

Geweet dit was net weer propaganda om aandag op ‘n onskuldige boer te plaas waar ‘n ongeluk plaasgevind het want al wat die wesens mos raaksien is geld as ‘n ongeluk plaasvind. Wanneer wesens ongelukke veroorsaak word dit so stil moontlik gehou en in die kiem gesmoor maar waar ‘n blanke betrokke is by ‘n ongeluk word alles altyd uit verband geruk. Ek hoop hy dagvaar hierdie wetenloses wat hom opgesluit hou. Hy moet hul kaal uittrek.

Snowball ·

Soos dié in die taverne voorval – hulle is die beste ouers op aarde as eise teen die staat en individue finansiële voordeel kan beteken. Dan is dit ‘n geween en ‘n gekners van tande oor die kinders se wrede lot , maar die res van die tyd loop die ‘onskuldige’ kinders vir kwaadgeld rond en maak wat hulle wil.

Swerwer ·

Die kaders ken mos nie grense nie en maak hul kinders ook so groot. Alles behoort mos aan hul, Kan nie man as iets afgebaken is jy nie jou tone eers oor daarsie lyn/muur/draad durf waag sit nie. Nou moet ‘n onskuldige man weer aan die pen ry vir kulturele verskille

JohanR ·

Toe my suster soe paar jaar gelede daar by Steve Biko uitry het iemand by die booms skiekik uit geskreeu dat sy oor haar voet gery het. Toe my suster uitklim om ondersoek vas te stel wou die vrou he sy moet haar in die hospitaal in vat en haar geld gee vir haar voet besering. Die security het nader gekom en gese my suster moet net ry want dit is ‘n ou truk.

Piet ·

Noudat daar meer inligting beskikbaar is, soos gevra, is die beoordeelaars tjoepstil.

DLR ·

Mense kry vir julle dashbord kameras. Dit neem video waar jy ry. Al is dit ‘n boer op sy plaas in sy bakkie kan jy jou weergawe van die gebeure staaf met video materiaal. Dit het my al gered.

ES ·

Dis nie waar nie Johan, dit kan as bewysstuk ingedien word vir verdediging. Video bewyse word in die hof aanvaar.

Elize ·

Daar is geld op die spel vir hulle as hulle liegstories geglo word.

Harley Davidson ·

Ek het so gedink en die diewe is enige sake teen hulle geopen soos diefstal betreding?

Groen-oog ·

Duidelik was die voorval Na Skool… moes die 3 kinders nie huiswerk gedoen het nie? Waar was die persoon wat na hulle moes omsien na skool want as daai 3 huiswerk gedoen het sou die ongeluk beslis nie gebeur het nie.
Offfff moes hulle mielie pitte gaan optel vir hulle somme? ????

Lillian ·

Hys ‘n wit boer…. Hoop Gerrie Nel spring in en help hom.

Nick ·

Dit is tyd dat Afriforum ‘n fonds stig wat gebruik kan word om beskuldigers van vals rassisme klagtes te dagvaar. Hierdie klagtes is die aansporing van die EFF. Hulle moet gedagvaar en ontmasker word!!

Papsak ·

Mense dit was n ongeluk en nie aspres nie maar nou vra ek net wat soek hulle op sy plaas hy al groot skades gehad of moet hy maar terug sit en se plunder vat vir julle hy herken mos hy was nie moedswillig nie hou op stories op maak en vererger kyk na sy probleem ook en praat dan

ES ·

Soos ek gese het. Heksejag.

Jou vel is wit so jy is sommer outomaties ‘n rassis en jy het dit aspris gedoen.

Andries ·

Dit is omdat dit weer ‘n wit man is wat beskuldig word, dit is hoekom geen borgtog toegestaan word nie . Was dit nou ‘n swart man, is hy vrygelaat sonder enige borggeld. Flippen Pateties.

Jacobus ·

Vergelyk nou hierdie ongeluk met die “ongeluk” so paar maande terug waar n dronk bestuurder van n wit Porsche n fietsryer dood gery het en deur die publiek aangekeer is toe hy wou wegjaag. Die staat wou nie die Porsche bestuurder vervolg nie, hy is eers aangekla na Afriforum ingegryp het.
Sal graag wil weet wat daarvan gaan kom.

Groen-oog ·

Daar is n taxi bestuurder wat gesuip was en toe n jong paartjie se dood veroorsaak het…. hys n YSLIKE 8 JAAR vir die 2 moorde gevonnis.

Hou nou dop met die man …. hy gaan vir hierdie ongeluk en hulle leuens soortgelyk of erger kry.

Susanna ·

Kom ons kyk nou. Die dronkbestuurder wat skuld erken het dat hy 2 mense doodgery het, kry 8 jaar tronkstraf. Hy was dronk en het aan die verkeerde kant gery sonder om enigsens te probeer stop of uitswaai. Die boer kon niks sien nie, dit kon net sowel ‘n bees gewees het wat voor hom ingeloop het of ‘n bok wat uit die bosse gespring het. Daar is geen manier om so ongeluk te voorkom nie, en dan het hy nog polisie en almal laat kom en aangebied om vir hospitalisasie te betaal. Nee kyk, suffer sal ons nasie suffer tot almal in die tronk is of uitgemoor is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.