Ervare veldwagter vermoor

Anton Mzimba (Foto: Timbavati- private natuurreservaat)

Die Timbavati- private natuurreservaat in Mpumalanga is in rou gedompel nadat sy veldwagterhoof vandeesweek doodgeskiet is.

Die 42-jarige Anton Mzimba het 25 jaar lank by Timbavati gewerk voordat hy Dinsdag glo by sy huis doodgeskiet is. Min inligting rakende die skietery is in dié stadium bekend.

Timbavati sê in ’n verklaring hy staan tans die owerhede in hul ondersoek by. Luidens die verklaring moet die reservaat egter in dié stadium vertroulik omgaan met die besonderhede rakende die moord op Mzimba.

Mzimba het as jong man in 1997 by Timbavati as ’n erosieveldwerker begin werk voordat hy in 1998 as een van die reservaat se jongste veldwagters aangestel is. Hy het hom as van veldwagterhoof veral beywer vir die bekamping van renosterstropery.

“Die Timbavati, sowel as ons Groter Kruger-landskap, het nie net ʼn groot man verloor nie, maar ons het ʼn spesiale familielid, ʼn renostervegter, ʼn wildbewaarder, ʼn geliefde, ʼn kameraad, ʼn vriend en ʼn ware legende verloor,” sê Timbavati in sy verklaring.

Anton Mzimba (Foto: Timbavati- private natuurreservaat)

“Anton, jy het ʼn nalatenskap gelaat – een wat ons, tot jou eer, hoog sal hou en nooit sal vergeet nie.”

Die reservaat het voorts sy meegevoel betuig “met almal wat die voorreg gehad het om saam met Anton te stap – diegene wat sy reis, sy voetspore en sy passies gevolg het.

“Ons bedank Anton vir die gee van sy lewe en liefde aan die wild en mense van Timbavati. Hy sal diep gemis word, maar nooit vergeet word nie.”

Medelye stroom intussen van ver in.

Ook prins William, die hertog van Cambridge, het sy medelye met Mzimba se naasbestaandes betuig.

“Ek is diep bedroef om te hoor van die moord op Anton Mzimba met wie ek in November gepraat het,” sê die Britse koninklike in ’n twiet. “Toegewyde en dapper veldwagters soos Anton staan sentraal tot die bewaring van Afrika se fantastiese natuurlewe. Diegene wat verantwoordelik is, moet vinnig voor die gereg gebring word. My gedagtes is by sy familie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

KatjieDeKat ·

Ag Neeee!! Dit maak my baie hartseer . Mense soos Anton is kosbaar, nie net vir sy geliefdes nie maar vir die land self, en die natuur, ons wilde diere. My innige simpatie aan sy gelieftes, so bitter jammer vir jul groot verlies!

Trotse Boervrou ·

Hierdie breek mens se hart. Bitter hartseer om dit te lees. Sterkte aan al sy geliefdes.

Patch ·

En so val nog ‘n held vir natuurbewaring. So hartseer. Sterkte aan sy familie in die hartseer tyd. Mag die skuldiges sommer gou vasgetrek word.

Chantel ·

Ag hel, daar tjank ek. Dis so hartseer!! Sterkte aan sy familie

Michele ·

Anton was n asemrowende man met soveel kennis en passie vir renosters. Hy was absoluut n legende om mee saam te werk. My hart gaan uit na sy familie, vriende en kollegas. Hy het sy lewe verloor deur monsters wat nie n duit omgee vir renosters nie.

Manie ·

Ek vermoed dis deur ‘n wildstroper sindikaat gedoen. Baie jammer dat iemand met soveel passie vir sy werk moet boet omrede hy sy werk goed doen. RIV Anton.

Harley Davidson ·

Nog n goeie man vermoor in die hoof land van moorde.

SjN ·

So jammer en simpatie aan sy gekiefdes. Hy het verseker vertroulike inligting oor stropery sindikate gehad en is stil gemaak, mark my words.

5ku883 ·

Van ander media artikels blyk dit dat hy moontlik vermoor is deur n poaching sindikaat omdat hy nie renoster inligting met hulle wou deel nie.

Dit is baie hartseer om te lees van iemand wat vermoor is omdat hy by sy beginsels gestaan het.

Ek glo vas (maar het geen bewyse daarvoor nie) dat daar tans nie n politieke wil is om poaching meer ernstig aan te vat nie aangesien daar politieke voordeel getrek word uit die poaching uit. Hetsy dit direkte aandeel in die fondse is of ander politieke voordele maak nie rerig saak nie.

melW ·

Dit is so pynvol, hy het geleef vir die natuur en sy liefde vir dit. RIV, jy het so ń verskil gemaak.

Toy ·

Dis so jammer, die berig moes andersom gewees het. My innige simpatie aan sy familie. Dit is vreeslik hoe daar ‘n oorlog gevoer word net om die land se kosbare diere te beskerm.

Buzz711 ·

Dis waarskynlik iemand van n stroper sirkel. My kollega se broer is omtrent twee maande terug vermoor, dit was in die nuus, die taverne episode waar die eienaar en werker naak op die vloer in hul eie bloed gevind is. hy was ook vroeër n bewaarder gewees en het gereeld dreigemente ontvang. die familie is oortuig dit was die stropers gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.