Eskom, e-tol dié naweek op NUK-agenda

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: @MYANCA/Twitter)

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) vergader dié naweek onder die swaard van erge verdeeldheid oor ʼn verskeidenheid kwessies.

Eerstens is die toekoms van staatsbeheerde maatskappye, en spesifiek Eskom, op die agenda. Die besef dat Eskom disfunksioneel is en dat groot besluite geneem sal moet word wat ernstige en in baie kringe ongewilde gevolge gaan hê, het nou ongetwyfeld by die ANC-leierskap ingesink. Wat nou oorbly is om die inhoud van die besluite te bepaal, maar daar is verdeeldheid daaroor.

Wat Eskom betref is ministers soos Pravin Gordhan (openbare ondernemings) en Tito Mboweni (finansies) oorhoeks met ander oor hoe die kwessies getakel moet word, insluitend wat gedeeltelike privatisering van die entiteit en vermindering van veral minder hoogs opgeleide personeel betref.

Oor e-tol was daar al verskeie kere meningsverskil tussen Mboweni aan die een kant en die Gautengse ANC-regering, ondersteun deur die minister van vervoer, Fikile Mbalula, aan die ander kant.

Argieffoto

Mboweni is ten gunste van die huidige stelsel, naamlik dat die gebruiker vir die dienste verskaf deur die opgegradeerde padstelsel betaal deur middel van tolgeld. Die ongewildheid van die stelsel by Gautengers, waarvan baie weier om te betaal, maak dit egter polities sensitief, wat een van die redes is waarom die Gautengse ANC sowel as Mbalula steeks is om dit te steun.

ʼn Besluit oor die e-tolkwessie is telkens uitgestel, maar sal hierdie keer sterk ter sprake kom.

ʼn Derde belangrike punt van meningsverskil is die toekoms van Gordhan in die kabinet. Hy is een van pres. Cyril Ramaphosa se steunpilare en word in baie kringe hoog aangeslaan. Hy is egter in onguns by sy kollegas omdat ervaar word dat hy ander nie ag nie en kabinetsprotokol opsy laat om regstreeks met Ramaphosa te skakel en sy beleidsvoorkeure op dié manier deur te druk.

In die proses het hy gevaarlike vyande gemaak, insluitend adj.pres. David Mabuza en ministers Gwede Mantashe (minerale hulpbronne en energie) en Jackson Mthembu (presidensie).

Binne die dampkring van die regerende alliansie is Cosatu ook nou teen Gordhan gekant, deels omdat hy weier om afleggings van personeel uit te sluit uit die toekomstige hantering van staatsbeheerde ondernemings se toekoms.

Die algemeen patetiese stand van staatsbeheerde ondernemings word voorts deur Gordhan se teenstanders opgehaal as bewys dat hy nie slaag in sy taak nie.

Die verwagting is dat Gordhan net uit sy eie sal bedank as Ramaphosa persoonlik by hom daarop aandring. Die mees waarskynlike afloop in hierdie stadium (maar dit kan verander) is dat Gordhan deur Ramaphosa oor die kole gehaal word oor sy gedrag, dan daarvoor om verskoning moet vra vir diegene wat daaroor ontsteld is, en nietemin sy pos behou.

Enige ander afloop sal verrassend wees en erge gevolge hê.

Die NUK-vergadering sal na verwagting tot Sondag duur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johan Venter ·

Kan ek as buitestander die vergadering bywoon? Ek sal hulle graag wil sien sweet. Ook hoe hulle mekaar aangluur en wonder wat Tito met sy twiet bedoel het, op wie hy geskimp het?

Adrian ·

Die tolpaaie is gekaap deurdie ANC om geld te maak niks anners nie. Die punt is dat 80sent van elke rand wat ingevorder na kapch in Austria gaan. Die ” ganters” het meer gekos as wat die koste van die paaie wat gebou is hoe bereken jy dit. Taxis bussies wat lopende besighede is ry gratis hoe so. Busse ry ook gratis hoekom 50 passasiers op n bus en hul kan nie tolgeld betaal nie hoekom nie. Jacob zuma het dokument so vinnig moontlik geteken om geld vir hom en anc kaders te skep. LEES NOU MOOI NUK NIE EK OF ANDER MOTORISTE SAL TOLGELDE BETAAL NIE PUNT

Strandloper ·

Dom se jy….neeeeeeeeeee….dit is n under statement…

Strandloper ·

Ek was gister by Koeberg om n klein tegniese probleem op te los….n 8 ure ordeal….en werklike tyd spandeer aan probleem was so 30 minute.

Daar is geen haas of dringendheid nie. Dit maak mens moedeloos om te sien hoe alles ten gronde gaan wat ons opgebou het.

Security was n ander eye openner…. jong swart vrouens verskree mekaar n meter uitmekaar. Ek moes gehoor beskerming dra om nie mal te word nie.

Nou verstaan ek hoekom GEEN vergardering OOIT eenige vrugte kan afwerp nie…

Therese ·

Strandloper, dankie vir die interessante opmerking.
Die groot vraag is of Koeberg in hierdie tye nog genoegsaam onderhou word en 100% veilig is, want die teendeel is “too ghastly to contemplate”?

ChrisE ·

Ek kan dit nie kleinkry nie. Ses onbevoegde en ongeletterde mense wat oor die toekoms van ‘n land besluit. Daarmee saam nog voorvader geeste en sangoma’s wat geraadpleeg word. Ek het nie woorde om my misnoë en weersin uit te spreek nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Het jy ook in 1990 so intens weerstand gebied en krities gewees teenoor jou eie bleskop president en sy trawante? Mens kan nie misnoë uitspreek teenoor jou eie maaksel nie? Dis waarvoor Suid Afrika gestem het…….en dit is hoe Suid Afrika nou lyk. Get used to….or get out.

Johan Venter ·

Jy veralgemeen, 80% van die land se inwoners is Christene. (Sien berigte elders.)

Petrus ·

Baie van ons was in 1990 nog nie eers gebore nie. Vraag is: Wat het die Nee-stemmers gedoen om dinge om te draai? Niks, net gekla vir 30 jaar.

Frik ·

Johan, Christene in Afrika volg hul eie tipe godsdiens. Dis nie altyd westers nie.

Werner ·

Johan venter ek dink jy het die kat aan die stert beet want as 80% christene was sou die misdaad en die verval nie die ergste in die wereld gewees het nie dis maklik om te se jy is n christen en dan aanbid jy nog tien ander gode saam

Johan Venter ·

Werner, ek het ook daai een gewonder, want die amptelike syfer word as 80% Christene in SA aangegee.

Hansie slim ·

Nou sal hulle sowaar van die een/twee ontslae raak wat darem iets beteken!!??
Gordhan en Tito het nie vriende nie want hulle probeer darem dinge reg doen…

Piet left the Building ·

Solank hierdie spul verloordes in beheer is, is daar geen hoop vir SA.

Johan Venter ·

Die grootste besluit van almal wat dié naweek geneem sal moet word, is dat hulle moet ophou met planne maak, oor en oor, die probleme raak net groter. Al meer ondernemings gaan vanjaar in die hek duik. Volgens ‘n berig van Die Ontvanger het 76% van die besighede wat vir die 2019 boekjaar opgawes ingedien het, verliese getoon.

Hulle moet besluit om op te hou vergaderings hou, kommissies aanstel, hulle sal vir ‘n slag moet DOEN, DOEN, DOEN, veral betreffende die hordes entiteite wat hulle so koester. Laat die private elektriese kragvoorsieners in hul hordes krag aan die land voorsien, skaal die invloed van Eskom af tot 20% oor ‘n jaar. Maak die deure oop vir die private sektor om werk te skep, skrap van Maandag af alle remmende wetgewing en regulasie.

Maar die miljoendollar vraag is of die gewilligheid daar is om die perd vrye teuels te gee, waarom nie dan maar die perd hééltemal uitspan om op volle vaart die toekoms tegemoed te jaag nie?

SjN ·

Weereens vergadering op naweek en besluite op n Sondag, die voorvader geeste slaap seker in die week .

ChrisE ·

Gemaskerde Sopbeen, die bende wat gedurig die afgesaagde eentonige retoriek het van ja stemmers raak nou erg vervelig. Wat het die nee stemmers en volkstaat mense sover gedoen? Orania is daar. Almal kan nie in Orania gaan bly nie. Wie gaan in ‘n volkstaat bly en waar gaan die volkstaat wees? Almal het sakke vol planne en paai in die skaai, maar ek het nog nie van iemand gehoor die inisiatief geneem het nie. Jy sê get over it of get out. Wat gaan jy maak ou grote, get out.?

Neels ·

Dis nou te laat vir ‘n volkstaat. Nou moet alle minderhede maar saamwerk om êrens ‘n federasie of konfederasie op die been te bring. Die binneland is vernietig, dus is die westelike en suidelike deel van die land die enigste oplossing. Vergeet maar van die droom om Pretoria te beskerm en op te bou. Die plek is ‘n hool.

Trol ·

Die e-tol is onbehoorlik duur en net n paar km uitmekaar. OP een pad gaan jy sonder deur gantries waar die tariewe per km verskil. Dis ten eerste paaie waarvoor belastingbetalers en die np regering betaal het wat feur die anc gekaap en tol hekke opgesit word. Ons betal reeds met lisensies, brandstof, paye en btw on n paar te noem vir die bestaande paaie. Die Vader weet meer Kan ons nie betaal nie. Gemeenskappe wat NIE minisipale dienste betaal nie kan wragtig nie aandring op geteerde strate NIE. Hoe meer ons betaal hoe meer kom daar by. Iewers sal ons moet voet neersit.

Sarel ·

Versoek aan die organiseerders, verskaf tog iets meer substansieel as plastiek stoele? Giegiegie….

Johan Venter ·

Thuma Mina, Cyril, of was dit eintlik Thuma Mina vir Zuma? Maar toe word Zuma verwyder en daar lees Cyril die toespraak af wat vir Zuma geskryf was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.