Eskom gaan nou self beurtkrag in Ekurhuleni afdwing

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Rodger Bosch/AFP)

Eskom sê hy sal nou self beurtkrag op die substasies in Ekurhuleni afdwing – wat voorheen aan die  Stad Ekurhuleni oorhandig is om te bestuur – nadat die metro die reëls en regulasies van die kragonderbrekings verontagsaam het.

“Die besluit om beurtkrag in Ekurhuleni oor te neem volg op ʼn ontleding wat daarop dui dat die stad nie beurtkrag volgens die regulasies verminder nie.”

Die kragvoorsiener meen hy het die munisipaliteit by verskeie geleenthede genader oor sy nalatigheid om beurtkrag toe te pas, en sal nou self beheer neem.

“Die stad is voorheen slegs toegelaat om beurtkrag van kritieke substasies te bestuur, maar Eskom het later – met versoek van Ekurhuleni – die instelling van beurtkrag oor die hele stad heen aan die munisipaliteit oorhandig.

“Hoewel Eskom kennis neem van die stad se tegniese uitdagings in die uitvoering van beurtkrag, word hy met geen ander keuse gelaat as om self beurtkrag vir die metro in te stel nie.”

Volgens Eskom plaas die verontagsaming van beurtkrag verdere druk op ʼn reeds sukkelende nasionale netwerk en beïnvloed dit die integriteit en stabiliteit van die netwerk, wat tot hoër fases van beurtkrag lei.

“Eskom was verplig om beurtkrag Maandag tot fase 5 te verhoog omdat die druk op die netwerk te veel was.”

Die kragvoorsiener doen ʼn beroep op lede van die publiek om voort te gaan om beurtkrag te help verminder deur hul kragverbruik te beperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Pieter ·

Hoop julle begin dit in die townships ook teopas, want ek sien nie dat hulle loadshedding kry nie, en n groot persentasie van hulle betaal nie eers vir krag nie.

Pieter ·

Ag wat, as inwoner het ek nie gekla dat ons nie beurtkrag gekry het vir n hele ruk nie. Was heel aangenaam.

Hans ·

Hoe moet ons publiek meer spaar? Son- en gasgeysers. Gastoof en gasyskas. Sonkrag ligte. Wat nog?

domheks ·

Wonder of Eskom vir die mense wan NIE betaal nie, ook vra vir vermindering van krag?

Republikein in die Wes Kaap ·

So vou alles in Mzanzibabwe. Dit kan nie meer gestop word nie. Wentel meer funksies af na die Wes-Kaap.

TheSnake ·

Eskom het beslis die beste besigheid in die wereld. “Koop asb minder van ons produk want ons kan nie voorbly nie!” A.g.v. korrupsie, diefstal, onbevoegde personeel ens ens ens.

Koos 100 ·

En dan betaal jy sommer meer ook daarvoor, terwyl ons nou besig is, want sien terwyl ons hele netwerk tengronde gegaan het, het ons top bestuur al ons reserwe fondse geplunder, en sommer ook van ons kundige mense ontslae geraak ter wille van raskotas. So asb, gebruik minder van ons produk, wat ons nie kan lewer nie, teen 150% van die tarief so 5 jaar terug.

Vinny ·

ja die groot AEROTROPOLIS gaan nou pikdonker bly. Ons is dae gewoond sonder krag.

CHRISTINE ·

Sien.
Daar IS die heeltyd genoeg krag as dit nie vir die misdaad, sabotasie en mobsters in die regering is nie.

Jakes ·

Eskom moet liewer hul eie huis in orde kry. Raak ontslae van ten minste 50% van julle werksmag asook julle vrot bestuur. Korrupsie neem steeds toe binne Eskom en nou moet Jan publiek die kastaings uit die vuur krap.

Johan ·

Ek woon in Kiblerpark vanwaar ek die hele Thekoza en nuwe uitbreidings kan sien. Vandat beurtkrag ingestel is was daardie gebied nog nooit donker nie.

Delia ·

Ek bly in Ekhuruhleni Metro. 2 strate van ons af, onder ander bestuur was daar miskien een meer n dag beurtkrag, in sekere areas amper nooit. So ja, almal moet oor dieselfde kam geskeer word.

M ·

Waar is die sg. Minister van Elektrisiteit …? Hy is bot-dood stil. Seker maar “Klem in die kaak” opgedoen.

Brombeer80 ·

Eskom wil beheer uitoefen oor die munisipale substasies, maar hulle kannie eens korrupsie beheer en dit uitroei om beurtkrag hok te slaan nie. Hoe verstommend????

Keelvol ·

Eskom, wat van Clayville in Olifantsfontein wat onder Johannesburg val? Hulle het nog nooit load shedding gehad nie. Nie eers vir n dag nie.

Maar ons in Kempton Park met party vir dae lank sonder krag sit.

Julle is maar pateties.

Jeanette ·

Ek moet ook eenvoudig kommentaar lewer. As Eskom net dadelik begin om van onwettige krag verbindings ontslae te raak en die wat nie betaal nie se krag af te sny, is daar al heelwat meer KW beskikbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.