Eskom het nóg goeie nuus

(Foto: Shutterstock)

Suid-Afrikaners geniet nou 25 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag.

Eskom het ʼn kort rukkie gelede aangekondig dat beurtkrag tot verdere kennisgewing opgeskort sal bly.

Dié goeie nuus word toegeskryf aan volgehoue opwekkingskapasiteit en voldoende noodreserwes, sê die kragvoorsiener.

Onbeplande kragonderbrekings staan tans op 13 566 MW, terwyl beplande instandhouding tans 5 507 MW uit die netwerk haal.

Die verwagte vraag tydens Sondag se aandspitstyd staan in hierdie stadium op 26 434 MW.

Die kragvoorsiener beplan om teen Maandagaand 2 660 MW aan opwekkingskapasiteit weer in diens te stel en teen Vrydagaand die inligting by te werk óf enige beduidende veranderinge bekend te maak indien nodig.

Maroela Media het vroeër berig die laaste keer dat Eskom ʼn soortgelyke mylpaal behaal het, was in Junie 2022 toe die kragvoorsiener vir 20 opeenvolgende dae geen beurtkrag ingestel het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

annie ·

Noodreserwes… Die ANC hardloop die verkiesingsresies op noodreserwes. Die koletrok staan vol maar die diesel vloei. Goeie nuus?

Casper ·

Hoekom nou skielik voldoende opwekkingskapasiteit en noodreserwes.Teen Maandagaand word nog 2660 MW opwekkingskapasiteit tot die network gevoeg,dan kan dit mos nog beter gaan,maar wag tot na die verkiesing dan wink fase 8 tot 16,as die anc nog aanbewind is.

STEVE ·

Wag net tot die verkiesing verby is, dan is loadshedding weer die norm…

Grassie ·

Kom ons kyk maar of die “goeie nuus” na die verkiesing sal vortduur.

Frederik ·

Ag bog, hierdie is suiwer n verkiesings foefie. Daar moet mos vir die land gewys word dit is moontlik. Kies net die a en c die 29ste Mei. Grootste grap nog ooit

Pieter ·

Het jy al ooit ons regering so desperaat gesien vir stemme…… hahaha
As die verkiesing verby is, gaan ons weer n klomp usre sonder krag sit

Danie ·

Hoop die diesel en gas opwekkers gaan dit hou tot dan. Indien nie gaan dit seker effens donker raak hier aan die suidpunt…

hpven ·

Sê wie? En baie mense glo hierdie stories, beslis nie terwyl die ANC aan bewind is en bly nie!

Quinzie ·

Daar is so baie sonpanele opgesit by huise en besighede – natuurlik sal verbruik van eskom ook baie laer wees. Waarvan ek hou is dat daai sonpanele gaan maak dat hulle nie weer terug na eskom sal gaan nie want eskom se krag prys kom nie af nie al is daar meer gereeld krag !

Duck ·

Die klomp son panele wat die manne so ten duurste gekoop het, plus inverters en moet nie eens praat van die duur batterye nie – Ek ken ‘n klomp ouens wat se “back up” nou net sit en “idle” Lithium batterye was ten duurste aangeskaf en na 3000 of so siklusse, is hul kapoet en moet weer vervang word, weer ten duurste. Moet nie eens praat van Lead acid en Gel batterye nie, hul hou nie eens so lank nie.
SO ja, ons staan gereed….

Di ·

Ja net tot na die verkiesing, dan sit ons weer in die donker vir ure want die begroting vir diesel is klaar. Dis tatiek van ANC kaders laat mens soms sprakeloos, so skelm soos die houtjie van galg. Dink hulle onderskat sekere mense se intelligensie

Cassie Carstens ·

Hierdie is net die halwe waarheid om die ANC in ‘n goeie lig te stel. Baie besighede wek nou hulle eie krag op en daarvan se Eskom niks – ook dat hulle al minder krag verkoop nie. Ek wens net die kiesers wat hulle so getrou ondersteun kan deur hierdie liegstories sien.

Mel84 ·

Gelukkig sal ons geen loadshedding geniet tot 29 Mei! Geniet!

Pieter ·

@Duck, 3000 siklusse, gewoonlik gebruik jy dalk ‘n 1/4 siklus per dag -> 12000 dae 12000/365=30 jaar. Meeste goeie batterye kom uit met ‘n 80% kapasiteit oor 15-20 jaar waarborg.

Henker ·

@pieter. Jy is optimisties en is die ideale teikengroep vir verkoop foefies.
Realiteit is. Jy gaan maybe 5 jaar, as jy lucky is 6 op n battery kry. Sit maar die geldjies wat jy spaar van eskom eenkant. As jy oe knip is 6 jaar verby dan hoes jy weer v batterye

Republikein in die Wes Kaap ·

Henker, daar is ook ander sakemodelle waar jy batterye eerder huur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.