Eskom-kragopwekkers weer beskikbaar

Argieffoto

Argieffoto

Vier Eskom-kragopwekkers wat by drie kragstasies onklaar geraak het, is Woensdagoggend weer in werking.

“Ons het die eenhede herstel,” het Khulu Phasiwe, waarnemende woordvoerder vir Eskom, gesê. “Die stelsel is nie meer so onder druk soos wat dit was nie. Ons het die kragstelsel redelik gestabiliseer.”

Phasiwe sê Eskom moet sy diesel- en waterreserwes opbou wat die afgelope paar dae as ʼn alternatiewe verskaffer gebruik is. Eskom het Dinsdag die gebruik van die drie kragopwekkers verloor. Phasiwe het gesê die moontlik vir beurtkrag bestaan steeds, maar dit is laag.

Eskom sukkel al die afgelope paar weke om die ligte aan te hou sedert een van sy steenkoolsilo’s by Majuba ineengestort het, ʼn tekort aan diesel en instandhoudingsprobleme. Fase 3-beurtkrag is op 5 Desember ingestel. Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, het op 8 Desember ontken Eskom het ʼn krisis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

As gereelde instanhouding soos vereis stiptelik gedoen word sal die probleem nie ontstaan nie, vier opwekkers op een slag, onbevoegdheid is die antwoord!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.