Eskom: Netto verlies van R20,5 miljard

(Argieffoto)

Die uitvoerende hoof van Eskom, Andre de Ruyter, sê kostebesparing alleenlik gaan nie lei tot langtermyn finansiële volhoubaarheid vir die kragvoorsiener nie en dat elektrisiteitstariewe die koste verbonde aan die opwekking van krag sal moet begin weerspieël.

“In ons poging om ons onvolhoubare geskiedkundige skuld te pak gaan ons óf moet staatmaak op reddingsboeie van die belastingbetaler, óf ons finansiële situasie moet verbeter deurdat Nersa Eskom toelaat om tariewe te vra wat koste weerspieël,” het De Ruyter Vrydag by die bekendmaking van Eskom se jaarverslag gesê.

Beduidende operasionele en finansiële uitdagings het Eskom die afgelope jaar in die gesig gestaar en in Desember verlede jaar is fase 6-beurtkrag selfs noodgedwonge in werking gestel. Daar was in die afgelope boekjaar 46 dae waarop beurtkrag ingestel was en die maatskappy se verkope het op ʼn jaargrondslag met 1,3% afgeneem.

Eskom het die afgelope jaar ook ʼn netto verlies van R20,5 miljard gely.

Eskom het R50,9 miljard se skuld ingevorder waar sy teiken R46 miljard was en byna twee derdes van sy finansieringsbehoeftes vir die 2021-boekjaar is reeds bereik.

De Ruyter sê Eskom het doelgerigte invorderingsplanne teen die munisipale wanbetalers in werking gestel, wat gelei het tot ʼn toename van 17% in betalingsvlakke.

“Dit is een van die sleutelgebiede wat ʼn samehorige poging benodig as Eskom uiteindelik op ʼn volhoubare pad wil wees. Elke elektrisiteitsgebruiker moet betaal vir wat hy of sy gebruik,” het hy gesê.

De Ruyter sê Eskom het instandhoudingswerk aan sy verouderende vloot steenkoolaangedrewe kragsentrales verskerp en steenkoolvoorraad is aansienlik opgebou. Dit staan in hierdie stadium op 50 dae se voorraad in vergelyking met 36 dae in die vorige boekjaar.

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom. (Foto: Eskom)

“Die dringende behoefte om steenkool tydens die 2018-krisis aan te koop het ook tot hoër pryse gelei in ʼn poging om lewering te waarborg. Die meerderheid van hierdie duur korttermynkontrakte het nou verstryk en ons verwag dat ons steenkoolkosteverhoging vir die huidige boekjaar veel minder as inflasie sal wees.”

Eskom het die afgelope jaar ook gewerk aan die ontwerpfoute wat die dienslewering van sy nuutgeboude kragsentrales geknielhalter het. Herstelwerk aan die nuwe aanlegte sal na verwagting teen die derde kwartaal van 2021 afgehandel wees en gaan volgens die kragvoorsiener veel doen om opwekkingskapasiteit te verhoog.

Eskom het die afgelope jaar noukeurig gelet op sy finansiële posisie en veral klem gelê op kapitaal- en bedryfsbesteding, uitgawes, die optimalisering van sy steenkoolinventaris, inkomste-invordering en verhoogde internasionale inkomste.

Die onderneming het op dié manier tot dusver R16,3 miljard gespaar, terwyl sy teiken op R6,2 miljard gestaan het.

“Die besparings is uiters belangrik, veral in die lig van die uitwerking van Covid-19, wat sonder twyfel oor die volgende twee jaar ʼn negatiewe impak op Eskom se geldsake gaan hê,” het Calib Cassim, finansiële hoof van Eskom, gesê.

Eskom het die afgelope paar jaar in die besit van heelwat eiendom gekom en sê daar is begin om van dié bates ontslae te raak omdat dit nie noodsaaklik tot die kragvoorsiener se bedrywighede is nie. Hy werk in hierdie verband nou saam met die departement van menslike nedersettings om te verseker dat sogenaamde grondloses die geleentheid kry om by die verkoop van die eiendomme te baat. Dit het reeds tot ʼn bykomende kontantinspuiting vir die onderneming gelei.

Volgens Cassim was daar die afgelope jaar ʼn verbetering en Eskom se finansiële posisie danksy ʼn reddingsboei van R49 miljard vir die huidige jaar en ʼn R56 miljoen toewysing vir die volgende jaar. Hy sê kontant van Eskom se bedrywighede is in hierdie stadium onvoldoende om die onderneming se skuld te diens en steun van die regering is steeds nodig.

Cassim het egter ook benadruk dat die maatskappy nie op die regering vir sy oorlewing kan staatmaak nie en dat Eskom ook nie beoog om vir verdere hulp van die staatskas te vra nie.

Eskom se bestuur ontvang ook geen jaarlikse bonus of verhoging nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dries

Sny summier die krag-stelers af, problem solved.

Nioleen

Die blankes is nou al moeg betaal aan verbruik deur ‘our people’!!!!
cr moet nou maar se wat gedoen moet word met sy mense.
alles kan nie net altyd verniet weggegee word nie, die BAKHANDE moet nou bietjie begin werk vir wat hulle gebruik/ontvang.

Kokerboom

Welgedaan Andre. Ons KAN!!!

Johanncb

Hoe méér verhogings toegestaan word, hoe minder diens kry ons van Eskom!
Behalwe vir bedrog, waarheen gaan die vuisvoos verbruiker se geld? Ons is nie almal in hoë inkomste nie!
Verduidelik asseblief die hele situasie!

Anel

Wel gedaan, maar ek sou sê raak van die dooie hout ontslae, dan sal dit nie nodig wees vir ons om meer te betaal nie. En dit is ook nie ons skuld dat daar minder mense is wat van Eskom afhanklik is nie. So hoekom moet ons, wat nie anders kan nie, daardie verluese dra nie.