Eskom: ‘SA nié in algehele duisternis gedompel nie’

Argieffoto

Argieffoto

Brian Molefe, waarnemende hoof van Eskom, het Woensdag gesê ʼn kouer winter word vanjaar verwag en dat die vraag na elektrisiteit na verwagting hoër sal wees tydens piekperiodes.

Molefe het gesê in die winter is daar ʼn verhoogde vraag na elektrisiteit wat tot gevolg het dat Eskom se kragaanlegte teen 100% kapasiteit moet funksioneer en dat dit onbeplande kragonderbrekings verder vererger.

Volgens Molefe doen Eskom alles in sy vermoë om te verseker dat daar nie onbeplande instandhouding is nie. Hy het die versekering gegee dat daar geen vooruitsig van ’n algehele verduistering in Suid-Afrika is nie.

Molefe het gesê onafhanklike kragprodusente speel steeds ’n baie belangrike rol en dra sowat 1 800MW tot die kragnetwerk by wanneer die netwerk onder druk is. Volgens Molefe was die onlangse voorvalle van beurtkrag tussen 8 en 12 Junie weens ’n toename in aanvraag en onbeplande instandhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Paul ·

Onthou “onbeplande instandhouding” is slegs kodetaal vir “kragstasies wat breek”.

Ben ·

Absoluut korrek! Maar hierdie spul hou van eers bietjie dans om die tafel met woorde. Hulle dink bloot die nasie is ook dom.

Winston ·

Onbeplan ja. Alles in SA is onbeplan behalwe n paar prioriteits diefstalle. Louter onsin. Intelligensie is n snaakse verskynsel.

h ·

In n perfekte wereld sal die enigste uitweg private sonkrag of windkrag wees sodat Eksdom finaal sy g kan sien en slegs aan die moet verskaf wat tans alles verniet kry.

MJL ·

Brian Molefe sê ons moet kies tussen ‘n hoër prys vir elektrisiteit of beurtkrag. Klink vir my na afdreiging!

CHRISTA ·

As hy en die metro’s wat krag versprei net SEKER maak dat ALMAL wat krag gebruik daarvoor betaal, sal hierdie verhogings NIE NODIG WEES NIE!!!

Elphia ·

Nou moet julle slim mense my help – ek is tans in die VSA en omtrent alles hier is 110 V terwyl omtrent alles in SA 220 V is. Gaan ‘n oorskakeling nie dalk help om die las op ons kragnetwerk te verlig nie?

Filemon, The Wise One ·

Elphia, dis nie die voltse wat die probleem es nie, dis die êmpse. Dis die base wat die êmpse maak wat die probleem is. Hulle maak nie genoeg vir almal nie. Die base glo, net soos ons almal, dat instandhouding dom is. Hoekom moet ons werk aan iets wat nog werk? Eish! Jy moet wag tot hy stukkend es, DAN maak jy hom reg.

Filemon, The Wise One ·

Eish! Julle mense, julle weet ôk niks van job creation nie. Kyk hoeveel mense het nou werk as die ding regtig stukkend is.

Eddie ·

Dit is seker nog die beste wat Eskom op die tafel gegooi het. As ons wat krag koop by hulle nie meer opdok nie dan is load shedding ons voorland. Nou moet ons opdok vir hulle incompetence. Regtig Eskom wat van al die klomp wat glad nie eers betaal nie. Moet ons wat wel betaal nou hulle ook dra. Dit is mos lank nie meer appartheid nie ons is mos nou almal gelyk. So dan moet almal mos dieselfde betaal en as hulle nie doen nie gaan sit Hulle krag af. Word wakker Eskom julle is besig om julle naam verder met n plank te slaan. Daar is mense wat slim is en deur julle wolhaar stories kan sien.

CR ·

Lyk vir my al my kommentaar word verwyder… is dit omdat ek die waarheid praat en vir Eskom werk?????????????????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.