Eskom: Regering se regrukplanne ‘te laat’

Gwede Mantashe (Foto: Courtney Africa/African News Agency/ANA)

Die departement van minerale hulpbronne en energie se planne om Suid-Afrika se energiesektor reg te ruk is gans te laat, sê die Demokratiese Alliansie.

Die opposisieparty het gereageer op ʼn verklaring wat Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, Dinsdag uitgereik het. Hierin het Mantashe gesê dat dringende en onmiddellike ingrypings nodig is om te verseker dat die land se energiesektor nie heeltemal inmekaar tuimel nie en dat ekonomiese groei voortgesit kan word.

Van die voorstelle wat die minister gemaak het, is die publikasie van ʼn versoek om inligting oor onmiddellike opsies wat beskikbaar is om krag op kort termyn op te wek. Verder het Mantashe versoek dat die inhoud van art. 34 afgekondig moet word.

Ingevolge dié artikel sal bekwame munisipaliteite en groot kragverbruikers toegelaat word om krag direk van onafhanklike kragprodusente (OKP) aan te skaf.

Mantashe het ook gesê dat die OKP’s se projekte vroeër in werking sal tree, terwyl burgers en ondernemings aangemoedig gaan word om meer van vloeibare petroleumgas (VPG) gebruik te maak.

“Ons verwelkom die ingrypings, maar dit is ongelukkig reeds te laat. Die art. 34‑beslissings lê al maande lank op die tafel,” sê Kevin Mileham, die DA se skaduminister van energie.

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Verder is daar steeds te veel onduidelikheid rakende die versoek om inligting vir OKP-opwekking, meen hy.

“Die OKP-kantoor is opgestel om onafhanklike kragopwekkers se projekte te koördineer en word wêreldwyd erken as een van die beste in die bekendstelling van die verkryging van sulke projekte. Nuwe OKP-projekte (veral in die hernubare sektor) is gereed om te begin.

“Hulle wag net vir die projekte om goedgekeur te word, ten einde elektrisiteitsoplossings te bied wat meer koste-effektief en omgewingsvolhoubaar is. Dié oplossings kan ook binne ’n baie korter tyd geïmplementeer word as wat nodig sou wees om nuwe steenkool-, gas- of kernaanlegte te bou,” sê Mileham.

Net so moet die minister die regulering oor die lisensiëring van kleinskaalse aanlegte (onder 10 MW) en residensiële opwekking vergemaklik, voeg hy by.

Intussen het die Stad Kaapstad ook ʼn hofsaak begin om “skoner energie” direk by OKP’s te koop en energiesekerheid te verbeter. Hierdie stap kom namate die energiekrisis in Suid-Afrika ’n nuwe hoogtepunt bereik het en fase 6‑beurtkrag vroeër vandeesweek vir die eerste keer toegepas is.

Die stad beoog om die regter-president saam met ander partye te nader en die saak sal in Mei 2020 in die hooggeregshof in Gauteng aangehoor word. Sou die aansoek suksesvol wees, wil die stad openbare tenders aanvra.

Die burgerregte‑organisasie AfriForum het ook ʼn petisie van stapel gestuur sodat landsburgers hul onvergenoegdheid met Eskom kan lug. Die petisie stel talle eise aan Pravin Gordhan, minister van openbare werke, Mantashe en Jabu Mabuza, die waarnemende uitvoerende hoof van die Eskom-groep.

Die eise sluit in dat Eskom se ontbondeling bespoedig word, korrupsie hokgeslaan word, kontrakte met OKP’s vinniger gefinaliseer word, beter kommunikasie vanaf Eskom aan landsburgers oor beurtkrag geskied en die status van elkeen van sy van sy kragopwekkingseenhede met die publiek gedeel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

André André ·

Maroela, ek sien nou elders Cyril Ramaphosa sê dat die oorsaak van ons treurmare die afgelope week met die kragonderbrekings was sabotasie en is daar reeds mense uit diens gestel wat voor die hof gedaag gaan word. Het julle meer besondehede?

Frans C ·

Hoekom moet die belastingbetaler betaal vir die gemors deur verhoogde tariewe?Laat die ANC-parlementslede wat bygedra het tot die gemors Pa staan vir dit. Tans kry hul,hul brood aan twee kante gebotter.Sny hul salarisse en toelaes met 50% vir 5 jaar dan sal besef hul kan nie ‘n
President wat die land tot op die randjie van ineennstorting gebring het vir ‘n dekade lank beskerm nie.Los die getroue betalers uit hulle is nie verantwoordelik vir diie gemors nie.

Kabous ·

Tja, die ANC gaan nog agterkom jy kan nie al die mense heeltyd fool nie. Hulle kierangs gaan nou vinnig begin braai. Die omstandighede met SAA en ESCOM so kort op mekaar se hakke was die perfekte bestanddele vir die perfekte storm. Hoor my lied…

Rooikop ·

Ja, hulle het nog nooit van “maintenance” gehoor nie …………. Patetiese spul !!

Cathy Botha ·

Ek hoop ESKOM kan nou oop kaarte speel met die publiek en die Goverment moet ook ons betaal Electriese tyd en Belasting en ons kry noe die waarde waarvoor ons betaal nie as die bordtjies omgedraai was dan was dit groot moeilikheid so ons wat hierdie regering dra moet ook ons voete nou plat op aarde sit en se genoeg is genoeg dat hulle op ons rue ry

André André ·

Dit wat hulle op die SAL bepaar, kan hulle mos nou in Eskom ‘belê’.

Wisselstroom ·

Groen energie is nie die oplossing nie. Dit is eenvoudig te duur en onbetroubaar.

Behalwe vir hidroelektrisiteit wat energie dmv water as n gravitasie stoormeganisme kan gebruik, het wind en PV sonkrag geen elektrisiteit stoormeganisme nie. Dit kan nie konstant krag verskaf wanneer dit benodig word nie.

Dan moet nuwe langafstand kragtoevoerlyne ook vanaf hierdie stasies na geskikte, aangepaste substasies gebou word en is dit n nagmerrie om die nuwe, wisselvallige elektrisiteit aanbod te bestuur.

SA se elektrisiteitsoplossing lê in kernkrag.
Geen steenkoolmontrakte aan kaders nie, skoon, veilig, betroubaar.

André André ·

Ek het ‘n briljante plan. Kom ons bou ‘n klomp fabrieke op strategiese plekke in die land met rye en rye oefen trapfietse per fabriek, sommer derduisende, die fabrieke se krag wat met die trap van die fietse opgewek word, word dan met die nasionale netwerk verbind, en siedaar die probleem is opgelos. En die werkloosheidprobleem is iets van die verlede.

MJ ·

Daar is reeds minstens een sonkrag fasiliteit in die Noordkaap met ‘n 1300MWH stoorfasiliteit om deurlopend krag te voorsien.

Piet ·

@wisselstroom – jy is korrek.. Dit is die eenigste oplossing. Die res is gewoon nie goed genoeg nie.

Kobus ·

Sonkrag stasies kan wel energie stoor, maar vir kort tydperke. Indien daar son is kan dit steenkoolstasies se las deur die dag verlig, saam met windkrag (indien daar wind is). Die koste van groenenergie is tans wel heelwat hoër as steenkool, maar kostes verlaag soos wat tegnologie verbeter. Transmissielyne moet ook aangelê word teen hoë koste, maar groenkrag produsente en groot kragkopers kan saam werk aan finansiële oplossings. Van die nuwe transmissiegroepe kan op die JSE noteer. Eskom se transmissielyne is verouderd en dit sal in elk geval miljarde rande kos om te vervang. Kernkragstasies is duur om te bou en dit neem tyd, tot 15 jaar in die geval van die Russe. Die operasionele kostes is wel billik. Maar jy moet bekwame en betroubare mense hê om dit te bedryf. Hoe ook al, ons as gebruikers kan ons maar regmaak vir aardige prysskokke.

RP ·

Die ouens kan nie eers steenkool droog hou nie, wat op aarde laat jou dink hulle kan die kern-afval veilig stoor?

Wisselstroom ·

@Martin
Energie kan mos nie geskep of vernietig word nie, maar kan een vorm na n ander omgeskakel word. So bv skakel n windturbine kinetiese energie om na elektriese energie wat òf gebruik moet word òf gestoor moet word in bv batterye vir latere gebruik. Elektriese batterye is egter nie n baie effektiewe stoormeganisme nie.

n Meer effektiewe manier is n sg gravitasiebattery waar die opgewekte energie gebruik word om n groot massa opwaarts teen gravitasie te verplaas en dit dan as potensiële energie gestoor word.

Praktiese vb hiervan is die Palmietskema buite Somerset-Wes. Snags, tydens laer energieverbruik word water (i.e. n groot massa) van die onderste dam sowat 100m+ na die boonste een gepomp waar dit agv die hoogte as potensiële energie gestoor word. Die boonste dam is dus die gravitasiebattery. Wanneer energie bedags benodig word, word die water van die boonste dam vrygelaat, die afwaartse vloei daarvan skakel die potensiële energie om na kinetiese energie wat turbines draai en na elektriese energie omskakel.

Dis natuurlik nie moontlik om orals hierdie tipe stoormeganisme te hê nie omrede ons n waterskaars land is.

Die Noordkaapse “concentrated solar collector” stoor versamelde sonenergie in gesmelte sout (@ sowat 500 C) wat stoomturbines aandryf en so elektrisiteit genereer.

Fotovoltaiëse sonpanele (PV) moet egter hul energie in elektriese batterye stoor wat nie so effektief is soos n gravitasiebattery of die gesmelte sout stelsels nie. Kyk bv na Suidwes Australië se probleme met Elon Musk se battery-oplossing: verskaf slegs 4 minute se krag.

Al ·

Wanneer ruk die ANC hulself eerder reg? Hul moet besef belastinggeld moet aangewend word vir dienste, nie vir vet salarisse en luukse reis en verblyf uitgawes en vet bonusse nie.

Adriaan ·

Ek dink die aanhalingstekens in die opskrif moes eerder om die “regrukplanne” gewees het.

Elize ·

Ek hoor nou by vriende in die Vaaldriehoek dat hulle nog nie n enkele dag beurtkrag gehad het nie. Nou verstaan ek glad nie. Hul munisipaliteite skuld Eskom miljoene, maar hul krag bly aan.
DA beheerde munisipaliteite in die Kaap skuld Eskom nie n sent nie, maar ons gaan gebuk onder beurtkrag. Dit maak doodeenvoudig nie sin nie!!!! Ek is woedend kwaad hieroor.

Commie ·

Dis al wat hierdie mense kan doen, een vergadering ná die ander en planne om dit en dat te doen …… maar niks word ooit gedoen nie. Die “paw-paw het nou letterlik die fan getref”. Om nog geld uit arme belastingbetalers te wurg gaan ook nou end kry. R=eskom is leeg gesuig. Dankie ook aan al die unies (Solidariteit uitgesluit) en die freebies wat aan ons ewe hopelose buurlande gegee word en Eskom “bestuur” wat van die absolute kundige mense ontslae geraak het. Die 2 Olifante van Eskom (Medupi en Kusile) kan maar plat gestoot word. Oor ‘n jaar gaan nog net die buurlande krag vra van julle. Soos die Engelse sê “you need intelligence, ethics and hard honest work”

shark ·

sny krag af na buurlande….ESCOM kan ook nie want waar gaan hul dan geld kry om verhogings en luukse voetuie te koop…..ESCOM klaar leeg getap.

Mia ·

Eskom kan nie, want die buurlande kry net en kannie betaal nie. Lees hoeveel is Zimbabwe agterstallig. As dit nie so hartseer is nie kan mens net lag

Willem Grobler ·

“…dat ekonomiese groei voortgesit kan word.” ?? Leef hierdie mense in ‘n droomwêreld of wat? Al wat ekonomies groei is diegene wat salaris en toelae van die Staat ontvang. Vir die res van ons “groei” die ekonomie in trurat.

Michael P ·

Hierdie minister was n vakbond leier hulle weet baie goed hoe om alles te verwoes

Cheryl ·

Waar is Andre de Ruyter? Is hierdie nie ‘n gulde geleentheid vir hom om SA te wys dat hy die regte man vir die “job” is nie? Wonder maar net.

Andre ·

Skaduminister…presies wat die DA is. Hul kom net uit die donker as hul stemme soek. Dit is juis een van die faktore ( ‘n swak opposisie) wat SA gebring het tot waar hy nou is. In die duisternis!

bokka ·

En wie se skuld is dit dat die amptelike opposisie se stemme so verdeel word? Nee wat ek het geen simpatie nie. Kry vir julle ANC regering.

Geitjie ·

Haai!!! Skrik julle nou eers wakker, dis gans te laat om Eskom nou te red. Masiewe skade is klaar aangerig en gedoen….

Strandloper ·

@rede. Ooooo dog dit is kerm, kla, kreun of dalk kavoevel….

Ou bobbejaan ·

Dit alles is net ñ laaste noodkreut. Daar is nie meer iets te redde nie. Koop maar vir jou ñ kragopwekker of son krag toerusting en stoor maar genoeg water, dit gaan nog slegter raak. Sterkte vir al die goeie mense wat nog hard werk om Escom stande te hou.

Penellope Jones ·

Maar Eskom, wat het julle gedoen om nie in hierdie posisie te beland nie?
Wat was julle bydrae om vandag ‘n suksesvolle, goedbestuurderde NGO te wees?

John ·

… die korrelbedkernkragsentrales-idee is nog geensins begrawe nie, inteendeel. Die klimaatsverandering-paradigma speel lekker saam met Eskom se tranedal om Europa se arm te draai om Afrika se arme maar slim natuurkinders weer eens te help en so gaan ons die aarde se ou weer ‘n nuwe lessie leer…

Eddie ·

Omskep tronke in kragopwekkers wat deur ” Manpower ” aangedryf word , hulle geniet tans gratis Staatslosies op die belastingbetaler se beursie !

Kobus ·

Ag mens die puens het geskrik vir die donderweer toe pieppie hulle die steenkool nat. Dis al

Johan Pretorius ·

Is daar nog enige bekwame ANC munisipaliteite oor? Nee die ANC het alles vernietig.

Diefie ·

Reg ruk? hahaha. Al wat die regering doen, is om die hoender uitmekaar te ruk en dan verwag dat die hoender ‘n eier moet te lê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.