Eskom sny al maande lank brandstofolie-spoor by Matla

Argieffoto (Foto: Eskom/Twitter)

Eskom het al in Desember verlede jaar ’n interne ondersoek gelas nadat hy vasgestel het dat hy gereeld uit swaar brandstofolie by die Matla-kragstasie in Mpumalanga bedrieg word.

Eskom het Saterdag gesê hy het met behulp van Bidvest Protea Coin se ondersoekspan wat aan Eskom gekontrakteer is om die diefstal van steenkool, diesel en brandstofolie te ondersoek, maande gelede vasgestel dat brandstofolie gereeld op onbekende plekke afgelaai word voordat leë vragmotors by Matla aankom onder die indruk dat dié vragmotors brandstofolie by dié kragstasie aflaai.

Eskom sê weegbrugstrokies word bedrieglik geregistreer en gedruk asof die swaar brandstofolie by die kragstasie afgelewer is. Afleweringsnotas word ook elke keer afgeteken.

’n Senior skoftoesighouer van die Matla-kragstasie en ’n vragmotorbestuurder van ’n maatskappy wat gesubkontrakteer word om swaar brandstofolie aan Eskom te verskaf, is vandeesweek in hegtenis geneem vir hul beweerde aandeel in dié diefstal.

Maroela Media het vroeër berig Siphiwe Sindane en Loveless Mabaso is Woensdag in hegtenis geneem en het sedertdien op aanklagte van diefstal en bedrog in die Kriel-landdroshof verskyn.

Daar word beweer dat Sindane en Mabaso die swaar brandstofolie verkoop en afgelewer het aan iemand wat aan hulle bekend is en later ’n bedrieglike faktuur by Eskom ingedien het waarin beweer word dat hulle die brandstofolie afgelewer het.

Eskom het in die proses ’n verlies van R1 miljoen gely.

Die kragvoorsiener sê nou die diefstal van swaar brandstofolie is ’n hoogs georganiseerde misdadige aktiwiteit.

“Sindikate word verryk deur die opbrengs vanuit die onwettige handel in die gesteelde produkte, terwyl Eskom miljarde rande verloor weens die wantoewysing en vervalsing of verdunning van hierdie kritieke kommoditeite wat produksie uiteraard direk raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jacques Dawie ·

Nee, dit is nie sindikaate wat veryk word nie, dit is ESKOM werknemers. Dit vat n privaat sekuriteit mpy om ondersoeke te doen want SAPS is onbevoeg of betrokke by misdaad, is die stelling reg of verkeerd?. Skande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.