Eskom soek jóú kundigheid

(Grafika: Eskom)

Eskom het ʼn digitale platform bekendgestel om voordeel te trek uit die verskeidenheid van vaardighede uit die publiek.

Die kragvoorsiener sê hy het die afgelope paar maande ʼn oorweldigende reaksie ontvang ná sy versoek vir vaardige kragopwekkingspersoneel om na vore te kom in die heropbou van vaardighede in die organisasie.

“Skareverkryging is anders as werwing omdat dit aangedryf word deur spesifieke tegniese uitdagings; dit word nie verbind met ʼn permanente posisie nie; en dit teiken ʼn talentpoel wat bestaan uit hoogs vaardige en ervare persone,” sê Eskom in ʼn verklaring.

Die skareverkrygingsplatform is deur Eskom ontwikkel en is Dinsdag bekendgestel. Besoek die digitale platform hier: https://www.eskom.co.za/crowdsource/.

“Die platform het ten doel om die skareverkrygingsproses te vereenvoudig en seker te maak dat vaardige en ervare persone hul besonderhede direk op die platform kan invul.”

Tot dusver sluit die basis 238 individue in, waarvan 153 reeds op ʼn kortlys geplaas is as aktief, vaardig en bereidwillig. Altesaam 25 persone is reeds gekies vir die eerste fase van die skareverkrygingsinname. “Die individue sal tussen November en Desember 2022 met werk begin. Bykomende werwing sal plaasvind soos en wanneer dit benodig word, om spesifieke tegniese behoeftes te takel.”

Om volhoubaarheid te verseker en die impak van dié vaardighede te vergroot, word daar van elke individu deur die skareverkrygingsplatform vereis om vaardighede oor te dra na die permanente Eskom-span saam met wie hulle werk.

Die publiek word aangemoedig om die platform te besoek en hul besonderhede te voltooi indien jy aan die volgende kriteria voldoen:

  1. Jy is ʼn hoogs vaardige kragopwekkingskenner of tegniese professionele persoon (bv. ingenieur, kragstasieoperateur/beheerder, ambagsman, tegnikus)
  2. Jy het meer as 10 jaar verwante ervaring
  3. Jy is in staat en bereid om Eskom te ondersteun
  4. Jy is bereid om jou vaardighede en kennis oor te dra

“Eskom sien uit daarna om met Suid-Afrikaners saam te werk om die huidige uitdagings rondom elektrisiteitsvoorsiening te takel.”

Klik op hierdie skakel om jou besonderhede te voltooi: https://www.eskom.co.za/crowdsource/
Vir navrae kan jy ʼn e-pos stuur aan die skareverkrygingspan by [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Henry ·

Baie goeie gedagte. MAAR hulle gaan probleme optel met die mense wat nie die kundigheid sal wil aanvaar nie

Dup ·

Dit sal seker nou by al die vervalle staatsdepartemente ingestel word.Hoe red jy ñ skip wat lank reeds op die rotse geloop het?

pamela ·

Het my skoonpa se besonderhede ingestuur, hy het 40 jaar ondervinding in die elektrise bedryf. Het vir ons dorp se munisipaliteit vir jare gewerk tot hy afgetree het, hy het al hulp aangebied maar is van die hand gewys. Kom ons hou maar styf duimvas.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jong kundiges gaan eerder in die buiteland werk. ‘n Afgeleefde Eskom bied geen toekoms nie.

Pietertjie ·

Rêrig? Is dít nou om die kragonderbrekings ‘n bietjie sagter te laat voorkom?

Wendy ·

Kundigheid gee aan die permanente span wat di pos bekom het hoekom?? Na al die jare moet die permanentes wat die salaris kry mos darm teen die tyd al weet wat hul doen , hoe stel mens iemnd aan om met krag te werk wat niks daarvan af weet nie en nou skielik kundiges se kundigheid verniet kry ?

Jillian ·

Hulle soek jou breinkrag maar het geen geld om instandhouding te doen nie. Wat is die punt dan?

Nie Verbaas ·

Kan ons asseblief die lys met name sien wat alreeds gekies is?

Lillian ·

Eskom het al die kundigheid en kundiges gehad, maar omdat hulle blankes was, is hul uitgewerk. Nou skielik dat daar ‘n probleem is, is ons wit velle weer goed genoeg.

domheks ·

Eskom soek jou kundigheid – om die agtergeblewenes op te lei en daarna – ‘n skop onder jou alie!

Sarel ·

1.Wat het van Solidariteit se lys van Kundiges geword.
2. Gaan die asnstelkings eerlik en sonder BEE of
Politieke inmenging gedoen word?

Marthina79 ·

Ek wonder nou net, gaan regstellende aksie opgeskort word vir Eksom? Want die kundiges wat hulle destyds afgedank het sal dan nie kan aansoek doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.