Eskom waarsku oor plakkate teen kragpale

(Foto: Reint Dykema)

In die aanloop tot Suid-Afrika se nasionale verkiesing wat oor ʼn maand plaasvind, het Eskom opnuut ʼn waarskuwing oor verkiesingsplakkate teen kragpale en ander elektriese strukture uitgereik.

Mense is in die verlede al doodgeskok of beseer terwyl hulle plakkate as deel van politieke partye se verkiesingsveldtogte teen hierdie strukture aangebring het, het die kragvoorsiener gesê.

“Eskom waarsku alle politieke partye dus teen die gevaarlike praktyk om veldtogplakkate teen kragstrukture aan te bring.

“Dit sluit kragpale en torings, elektriese meterbokse en mini-substasies in.”

Eskom sê elektrisiteit kan dikwels nie met die blote oog gesien word nie, wat die risiko vergroot dat iemand moontlik geskok kan word wanneer hulle in aanraking daarmee kom. Dit kan ernstige beserings of die dood tot gevolg hê.

Ingevolge wetgewing maak Eskom dit ook duidelik dat slegs gemagtigde personeel op sodanige strukture mag klim of daaraan mag werk.

“Om plakkate teen kragstrukture vas te sit is nie net ʼn oortreding van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid nie, maar plaas die lewens van werknemers, lede van die publiek en vrywilligers in gedrang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annie ·

Nou eers waarsku. Al die duisende plakkate is reeds opgehang. Gaan Eskom nou probeer om sakgeld in te vorder van die duisend nuwe partye se borde of probeer dit om nie vir duisende gedagvaar te word nie omdat elektristeit glo moeilik gesien kan word? Wat sal ons tog sonder Eskom doen?

OU SAAR ·

Ok…
So as die kragpale dan kastig hevaarlik is, wat soek dit dan in die strate waar elke verbyganger of kind daaraan kan vat en ook ń kans staan om geskok te word…
Nee, eskom het weer hier ń ander agenda.
Hoekom is daar nie met die vorige verkiesings ook sulke waarskuwings uitgereik nie…

Juanita ·

Julle pale is dus ‘n daaglikste veiligheids risiko vir die publiek.

Stofdonkie ·

Snaaks hoe dit Eskom se maatjies, die ANC is wat hulle plakkate sommer teen mini subs plak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.