Eskom weer terug op fase 6

(Argieffoto)

Beurtkrag sal vandag om 12:00 verder verskerp word tot eers fase 5 en dan tot fase 6.

Eskom sê fase 5-beurtkrag sal Dinsdag tot 21:00 duur. Hierna word dit verhoog tot fase 6 wat tot Woensdag om 05:00 sal duur.

“Fase 5-beurtkrag sal dan deurlopend vanaf Woensdag om 05:00 tot verdere kennisgewing in werking gestel word,” lui Eskom se jongste kennisgewing.

Die kragvoorsiener is gedwing om beurtkragfases te eskaleer nadat ses opwekkingseenhede in die afgelope 24 uur onklaar geraak het.

ʼn Eenheid elk by die Duvha- en Hendrina-kragsentrale is nog nie weer in werking gestel nie, en dieselfde situasie geld by die Matla- en Arnot-kragsentrale.

Daar is boonop vertragings in die terugkeer van ʼn opwekkingseenheid elk by die Duvha-, Kendal-, Grootvlei- en Kriel-kragsentrale.

Altesaam 4 654 MW is tans weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 18 123 MW weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Truman Burbank ·

Hulle speel met die mense yoyo. Want hul kan. Selfs die wat deur die klug sien, is gevangenis van die klug

Koen ·

Presies wat jy daar sê. Dis besluite wat eskom maak. Wie sal weet wat is die doel en verwagte uitkoms daarvan.

Henri ·

Die cANCer vreet Suid-Afrika op… Geen trots en geen skaamte.

Nie Verbaas ·

Waar het jy al n cANCer gesien wat trots of integriteit het? Dit bestaan nie.

Andrè ·

Hoe,in die lewe in raak soveel kragstasies op een slag foutief

Jacques ·

Ja dit wek agterdog. Ons gaan maar net ons eie krag moet opwek. Eskom en ANC sorg daarvoor. Hulle beurtkrag hulself uit relevansie uit.

Koen ·

Dit is nie gekoppel aan enige foutiewe kragstasies nie. Dis besluite wat geneem word op die hooste vlakke.

Leana ·

Vra ek my self ook menigmale en ek verstaan ook nie hoe die goed dan nooit reg gemaak word om te hou nie. Voel vir my die goed word met kougom reggemaak.

Nie Verbaas ·

Breinkrag, kennis, gesonde verstand en deeglikheid. Nie een van die bogenoemde in ANC woordeboek nie.

Frank ·

Integriteit, rasionele denke, morele waardes en hele klomp ander dinge ook

Truman Burbank ·

Die enigste foute is die mense wat die stories glo

Jaco ·

Ek werk by een noem maar niks maar ja in ons Dae was daar herstelwek en geen probleme met die stasie nie

Johan ·

Ek het ook daar gewerk en dit het NOOIT gebeur dat soveel eenhede gebreuk het nie. As n eenheid breek was die langste wat dit gevat om dit weer aanlyn te bring twee dae en dit het BAIE min gebeur.

Yolandy ·

Dis net n liegstorie wat hulle elke keer gebruik om te reverdig hoekom hulle n hoer stage moet toepas.

Elma ·

Hulle het darem oor Desember geleer om tot by 6 te tel. Laas jaar het hulle ons konstant met “4 het die gees gegee” gelooi. Gee hulle nog so paar maande, dan kan hulle tot by 8 tel.

SwartBees ·

Dis al hoe meer rede vir hulle om die ramp toestand nader te roep soos Sarel Ramampara gesê het.

Blomkind ·

Nogal gewonder hoelank gaan ons op stage 4 wees…Eskom is al so voorspelbaar…En die boodskap bly alewig op dieselle ou deuntjie…

Jaco ·

Als gee in die land in het een keer gese dis die begin van die einde

Gerhard ·

Hoekom verander hulle nie die kragstasies se name na – Zuma-, Malema-, Mbeki,-Posa-, Cele- kragstasies toe nie, dan sal ons beter verstaan hoekom dit ‘n gemors is…… Nee wat, ek weet nie meer wat om te se nie, seker beter om stil te bly…. Iewers sal die regering en ESKOM moet begin rekenskap doen en ook begin mense vergoed wat hulle besighede moet toemaak a.g.v die kragkrisis. Dom soos grond, dit is wie in beheer van ons land is

Manie ·

Ek luister nou die dag na ‘n spreker se podsending waarin hy noem dat Kaapstad se beurtkrag oornag opgelos kan word. Daar lê 3 kernduikbote met ‘n gesamentlike kapasiteit van ongeveer 700 MW in Simonstad se hawe. Splinternuwe nuttelose kernduikbote wat nie deur die SA Vloot gebruik word nie en te veel gaan kos om weer seevaardig te maak. Dit lê al vir etlike jare daar ongebruik. As leek vra ek, kan dit nie aangewend word nie?

Hendrik ·

Dit is maklik om so iets se maar is dit tegnies moontlik?

Manie ·

Volgens die artikel reken hy dat SA 3 kernaangedrewe duikbote het, nie kern vuurkrag nie, daar is ‘n verskil.

marius ·

Totale verval . Moet nie eers probeer om dit te ontken nie .

Danie ·

En ons sit sonder water al vir 2 maande weens die krag situasie.Wat n skande self die menseregte kommisie is korrupt kan en wil niks doen nie.

Waarnemer ·

Ag kom nou brian molefe,wanneer neem jy en jou en cyril se mpytjie nou die land oor?

RS ·

Genade! Help ons! dit kan nie so aangaan nie. Is daar nie n internationale instansie of iets wie SA kan regsien nie?~!

Yolandy ·

Daar was maar eskom het hulle gecancel nadat hulle gesien het dit gaan werk en die mensw gaan krag he. Eskom het die tender gecancel wat sou gewerk het

Marius ·

Die kinders kry nie hulle sin met verhogings nie , dit is hoe hulle die hool gyselaar hou – met die krag oner andere.

Danie ·

Net my mening, die verhoging van die fases vir beurtkrag word gedryf deur die besluitneming om die land weer soos vroeer berig in ‘n ramptoestand te sit.

Blomkind ·

Natuurlik…Hulle werk met n plan…Maar slim vang sy Baas

Johan ·

Miskien is die ramptoestand om die verkiesing uit te stel??

Hannelie ·

Ek sê mos, Eskom werk hul morsdood om te kyk wanneer kan hul weer die ligte uitdoof.

marius ·

Korrek . Diegene wat gegil het dat totale ineenstorting nooit sal plaasvind nie se monde hang nou oop .

JN ·

Probeer die Anc die witmense straf vir die apartheidsjare deur hul te ontneem van hul basiese regte geriewe soos water en elektrisieteit of is die Anc regtig so onbekwaam dat die infrastruktuur se instandhouding so ver agterstallig geraak het dat Suid Afrika in geheel homself nou bevind in situasie bevind waar alle begin inplof?
Een ding is verseker en dit is onder die Anc trek Suid Afrika terug na die steentydperk..

annie ·

Sou ‘n boer in ‘n laagte ‘n dammetjie skraap en na ‘n bui reën het dit vol geloop. Skuld die boer iemand op aarde iets vir die water? Maar as dieselfde boer iets uitdink en dit oprig en hy kan krag daarmee genereer, skuld hy Eskom en die staat. Hoe so?

JohanR ·

Weet ‘n minister ooit wat dit is om sonder krag en water te sit?

marius ·

Nee. Ook nie sonder kristal glase en die duurste whisky nie .

JohanR ·

Hello Squirrel. Weet jy as jou yskas 12 ure ‘n dag af is dan begin hy sukkel om die vleis gevries te hou. Dan naderhand vrot al die vleis en jy moet dit weggooi. Weet jy en jou nuttelose ANC dit ou Squirrel! Sou nie dink jy en jou ministers se vleis vrot nie!

Nie Verbaas ·

Is daar nog die wat glo dit gaan beter word? Sindikate floreer en Ramapokker dink met kommitees gaan hy die probleem oplos en blah blah blah net.

Samuel ·

Cyril en sy trawante beplan hierdie beurtkragfases. Hulle skep totale chaos waar hulle kan en ons kan nie bewys dat hulle lieg nie. Pfffffft

Truman Burbank ·

En selfs al kan ons, gaan dit hulle nie onttroon nie. Hulle het die monarg agter hulle

Sandra ·

waar is die krag wat van Vanderkloof en Gariep damme moet kom? Hulle word nêrens genoem nie, Gelukkig is ons in die Weskaap darem bietjie gespaar.

Nie Verbaas ·

ANC se kapasiteit om probleme op te los dieselfde as n rot wat probeer om n straler te vlieg.

Dup ·

Kan ESKOM nie eerder ʼn tydtafel gee van WANNEER die krag AAN sal wees nie?

Wondermaarnet ·

As die patete net die ESP app kan opdateer sal ek my lewe beter kan inrig, maar vir weke aaneen is die app se tye verkeerd.

James ·

JA. Dit gaan swaar, ja. NEE, Ek kla Nie. Maar JA, dinge lyk maar negatief……….

Prikkie ·

Eskom is ONKLAAR, of anders gestel, (nog) nie gereed om krag op te wek nie.

Daagliks Eskom werkers in die area waar ek woon wat gedurende werksure in die winkel sentrums ronddrentel.

Jacobus ·

Dit wil se meer as die helfte van Eskom se totale opwekkingsvermoee is nie beskikbaar nie. Ons stuur op n algehele ineenstorting af.

Johan ·

Elke dag vermanings om krag te bespaar maar hier in Uitenhage (Kariega) brand straatligte dag en nag. Munisipaliteit stel werklik voorbeeld…… die idiote

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.