Eswatini-polisiekommissaris sterf by OR Tambo

Eswatini se nasionale polisiekommissaris, William ‘Tsitsibala’ Dlamini (Foto verskaf deur die Eswatini-regering)

Eswatini (Swaziland) se polisiekommissaris het Saterdag by OR Tambo-lughawe in Johannesburg gesterf.

“Die regering neem met skok kennis van die skielike afsterwe van die nasionale polisiekommissaris, William ‘Tsitsibala’ Dlamini, in die Republiek van Suid-Afrika vanoggend,” het Mgwagwa Gamedze, waarnemende eerste minister van Eswatini, in ʼn verklaring gesê.

“Namens sy majesteit se regering betuig ons ons innige meegevoel met hul majesteite, die land, die koninklike Eswatini-polisiediens, sy familie, vriende en naasbestaandes.”

Maroela Media verneem Dalmini het ʼn ernstige komplikasie beleef toe hy van ʼn oorsese vlug op OR Tambo geland het.

Volgens Swaziland News het Dlamini van Angola teruggekeer ná hy ʼn Interpol-byeenkoms bygewoon het. Hy het omstreeks 04:00 inmekaargesak terwyl hy gewag het vir ʼn vlug op pad terug na Eswatini.

Nooddienste het ʼn uur lank tevergeefs gespook om hom by te bring.

“Die koninkryk van Eswatini het ʼn dapper, nederige en lojale dienskneg van hul majesteite en die land verloor,” het Gamedze bygevoeg. “Ons versoek die land om die polisiediens en die Dlamini-familie in hul gebede te hou in dié hartseer tyd.”

Begrafnisreëlings sal later bekendgemaak word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bolandse Nooi ·

Eish ……….. ek kyk te vinnig en ek dink, mag! Wanneer het ek dit dan gemis – dis mos ou Zuma daai!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.