Facebook binnekort in SA parlement

Argieffoto (Foto: Gerd Altmann/Pixabay)

Die kommunikasie- en digitaletegnologieë-komitee het formeel bevestig dat Facebook binnekort in die Suid-Afrikaanse parlement sal verskyn. Die vergadering is vir 25 Mei 2021 belê. Soortgelyke uitnodigings is ook aan ander tegnologie-reuse, Google en Twitter, gestuur.

Phumzile van Damme, DA-LP, sê die DA is op die voorste linies besig om die kwessie te takel van waninligting en kwessies wat met die digitale transformasie van Suid-Afrika verband hou. “Ons is verheug dat die komitee die saak van belang beskou.”

Facebook se instemming om die vergadering by te woon is ʼn geskiedkundige gebeurtenis en ʼn eerste in Afrika. “Ons is een van die eerste lande in die wêreld wat suksesvol ʼn vergadering met Facebook kon belê. Kennis van die werk wat die DA gedoen het om Bell Pottinger aanspreeklik te hou, is ʼn aanduiding van die ernstige lig waarin die party die saak van waninligting beskou.”

Van Damme sê die party loof Facebook dat hy tot die vergadering ingestem het. “Ons hoop die vergadering sal konstruktief wees. Ek het vir die eerste keer op 15 Februarie vanjaar publiek versoek dat Facebook uitgenooi moet word om met die komitee te vergader en medekomiteelede het saamgestem. Ons wil uitvind watter stappe die tegnologiereus beplan om skadelike waninligting te takel – veral aangesien ons al hoe nader kom aan die plaaslikeregeringsverkiesing in 2021,” het sy bygevoeg.

“Facebook bied gereeld doelgemaakte planne vir lande voor verkiesings om beskerming te bied teen skadelike waninligting. Ons wil dieselfde vir Suid-Afrika doen.”

Van Damme sê van belang is ook die beskerming van privaat data van Suid-Afrikaanse gebruikers van platforms wat Facebook besit, asook aanvangsgesprekke oor wat Facebook aan Suid-Afrikaanse mediahuise betaal om hul inhoud te dra, soos wat onlangs suksesvol in Australië van stapel gestuur is.”

Die doel van die gesprekke met Facebook sal wees om seker te maak dat die belange van Suid-Afrikaners beskerm word en om die grondwetlike reg tot vryheid van spraak te verseker, het sy bygevoeg. “Ons staan enige voorstelle teen wat die regte van Suid-Afrikaners skend om hul gedagtes en menings te deel wat onder die reg tot vryheid van spraak gedek word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Madelein ·

Wie bepaal wat waninligting is. Kyk maar wat in Amerika gebeur. Waninligting is amper enige iemand wat net ‘n konserwatiewe denk het.

Pieter ·

As ek die woord transformasie hoor of sien dan wil ek sommer kots

KB ·

Nóú gaan die NVG en OPOD hulle werk makliker kan doen. Korrupte amptenary se persoonlike gegewens gaan nou bereikbaar wees vir baie!

Bart-Man ·

En so gaan die regering weer na prop in die mense se monde druk. En die SAUK dag na dag struggle stories en kommunis heroes uitsaai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.