ʼn Man is vandeesweek in Bityi in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die wrede moord op sy vyfjarige familielid.
Kapt. Dineo Koena, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 26-jarige familielid is Woensdag vasgetrek ná die slagoffer 31 Julie vermis geraak het.
“Hy is dood aangetref tussen die as in ʼn ou rondawel wat in die vroeë oggendure, omstreeks 04:00, gesien is waar dit brand,” het Koena gesê.
Die seuntjie se liggaam is deur die polisie gevind toe hulle die toneel gefynkam het.
“Die verdagte, wat deur die gemeenskap in hegtenis geneem is, sal binnekort in die rondgaande hof in Bityi voorkom op aanklagte van moord en brandstigting,” het Koena gesê.
Al hoe meer kinders sterf onatuurlik deesdae. Dis ongewoon.
Maroela media
Jul 3de laaste paragraaf se laaste deel maak nie sin nie.
na 4h00am….. en dan het die persoon met ‘n ander sin klaar gemaak.
Dankie
Skokkend hoe baie mense deur hul eie familielede vermoor word…
Die feit is dat mens in jou tuiste tussen jou familie weerloos is. Dit is waar jy ontspan en gemaklik is en geen suspisie het dat daar gevaar skuil nie.
Dit is hoekom die moorde so maklik is om te pleeg en ook daarmee weg te kom.
Die howe behoort sulke misdade dus baie strenger te beoordeel.