Fase 2-beurtkrag tot verdere kennisgewing

Argieffoto (Foto: Mujahid Safodien/AFP)

Fase 2-beurtkrag het Vrydag om 05:00 begin en sal tot verdere kennisgewing geld.

Volgens Eskom is dit die gevolg nadat vier opwekkingseenhede onklaar geraak het, asook die behoefte om reserwes aan te vul ter voorbereiding vir die komende week.

Fase 2-beurtkrag is sedert Maandag van 16:00 tot die volgende oggend om 05:00 ingestel, terwyl daar geen beurtkrag deur die dag was nie.

Beurtkrag is oor die naweek aansienlik afgeskaal nadat ʼn eenheid by die Kusile-kragstasie weer begin werk het. ʼn Gedeelte van die kragstasie het op 23 Oktober 2022 ineengestort terwyl die eenheid vir herstelwerk gesluit was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

KB ·

Die toerusting van Eskom moet in ʼn haglike toestand wees. Elke week breek die een of ander ding!
Selfs my 20-jarige motor is in ʼn beter toestand (of is dit die Eskom-bestuur wat in so ʼn haglike toestand is?!)

hpven ·

Ek gebruik daagliks ‘n 38 jaar oue Mercedes, slegs binnestedelik, dit funksioneer en lyk soos ‘n nuwe. INSTANDHOUDING is die woord wat hulle nie verstaan of wil verstaan.

JohanEtz ·

ESkom is erg belaglik. Geen vermelding van watter 4 eenhede so skielik tegelyk “ontklaar” geraak het nie?!

Vriendelike Frikkie ·

Watter verskil gaan dit maak as jy weet presies watter eenhede uit diens uit geraak het?

JohanEtz ·

My 1 Pekingese heet ook Frikkie….LOL
seker geen verskil nie.
4 eenhede by een stasie? By 4 verskillende stasies?
Sabotasie? Of swak onderhoud?
Deursigtigheid!?

SjN ·

Reserwes behoort daagliks aangevul te word, hoekom wag tot iets breek en dan wakker skruk?

Casper ·

Hulle spog nou oor die 1 eenheid by Kusile wat weer werk,ons wil hoor wanneer word die ander 3 eenheid inwerking gestel.

vuurvliegie ·

Daar is baie Solar specials vir die manne wat so kla. Koop jou eie klein Eskom, onderhou homself en dan het jy geen rede to kla en tantrums nie. As jy Eskom dan mis kan jy sommer jou eie loadshedding instel soos jy goeddink.

Samuel ·

Almal kan nie solar bekostig nie! Die volk het rede om te kla. Dit is nie bloot tantrums nie. Glad nie.

Vriendelike Frikkie ·

Stem saam, Ek het my jare gelede weerhou om ‘n nuwe motor aan te skaf en elke jaar met vakansie te gaan. Ek het daai maandelikse paaiemente in sonkrag begin belê. Enige geldjies wat my kant toe gekom het is in die sonkrag blikkie gebêre. Vyf jaar later weet ek nie van beurtkrag nie. My image is eenvoudig, maar ek het lig in die nag.

Vriendelike Frikkie ·

Kan Maroela dalk vir ons ‘n breedvoerige artikel skryf oor wat presies dit behels om ‘n opwekkings eenheid terug te stel in diens asseblief? Baie lesers het absoluut geen idee hoe lank dit neem om ‘n eenheid te diens en weerin diens te stel nie. Miskien sal dit die gemor en gemompel kalmeer as ons lesers weet hoe dit werk. Dankie.

hpven ·

Ramatripswitch, ons kan maar net lag vir die totale chaos wat deur totale onbevoegdheid en korrupsie veroorsaak is. Met absoluut geen verbetering in vooruitsig…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.