Fase 3-beurtkrag weer Maandag ingestel

(Foto: Maroela Media)

Fases 2- en 3-beurtkrag sal weer Maandag landwyd ingestel word.

Fase 1-beurtkrag sal van Sondag 16:00 tot 05:00 Maandagoggend geld waarna fase 2 tot 16:00 ingestel sal word. Daarna sal fase 3 tot Dinsdagoggend in werking tree.

Eskom het Sondag aangedui dat 15 777 MW se kapasiteit tans weens onklaarrakings onbeskikbaar is. Nog 6 122 MW word aan instandhoudingswerk afgestaan.

Oor die afgelope 24 uur is drie opwekkingseenhede weer in werking gestel, onderskeidelik by die Duvha, Kendal, Kriel en Majuba-kragstasies.

Oor dieselfde tydperk is ’n eenheid by elk van dié kragstasies egter van die netwerk afgehaal om instandhoudingswerk te doen.

Vertragings in die herstel van opwekkingseenhede by Duvha, Hendrina, Kriel, Majuba, Medupi en Tutuka duur ook intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.