Fase 4-beurtkrag nou ingestel

Die Kendal-kragstentrale in Mpumalanga. (Foto: Eskom)

ʼn Eenheid by die Kendal-kragsentrale wat Dinsdagoggend onverwags uitgeskop het, het Eskom genoodsaak om fase 4-beurtkrag van Dinsdag om 10:00 in werking te stel.

Die kragsentrale het ʼn maksimum opwekkingskapasiteit van 1 920 MW.

Volgens Eskom sal fase 4-beurtkrag in hierdie stadium minstens tot Donderdag om 05:00 duur.

Eskom sukkel sedert verlede week om die ligte aan te hou nadat altesame 42 eenhede uitgeskop het.

Die kragvoorsiener sê hy sal binnekort verdere inligting oor die situasie bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Antie Sarie ·

Ek ruit nie eers n rot nie. Dit is nou n rot boerdery

Hennie ·

Mmm, die hele kragsentrale af in ‘n oogwink. Mens wonder wat die verskoning die keer gaan wees. Dalk sal alles beter gaan sodra daardie 34% verhoging goed gekeur word.

Pieter ·

Ramphosa en die hele ANC is ‘n ramp. ANC must fall, permanent.

Antie Sarie ·

Sien niemand dat hierdie n wêreldwye tendens is nie?

Pieter ·

Great Reset agenda en ANC is pionne hiervan. Dus die ANC dien nie die land nie maar die wêreldregering. Niks demokraties hieraan nie. Beste om jou eie verteenwoordigers te kry. Kalifornië en Europa se energie krisis is ook net mensgemaak, doelbewus.

Ian ·

Daar is nou nie meer net n skroef los nie maar hele paar boute ook…….dalk n draad ook

Republikein in die Wes Kaap ·

Hoe naby is ons aan Dag Zero? Ek reken ongeveer 80%.

Fluisterwind ·

Fase 1 is die minste ernstig, en fase 8 is die ernstigste. Onderbrekings duur gewoonlik ongeveer 2,5 uur en dit is nie eers WINTER nie! Ek reken 92%

Pieter ·

En die mense met die ondervinding wat die probleme kan oplos, waarvoor Eskom GEVRA het, sit en wag om hulle ondervinding aan te wend ten einde die probleme op te los…… Maar ons almal weet hulle sal nie aangewend word nie, want hulle velkleur is verkeerd…….

Samuel ·

Jip. Die kamtige mense met ondervinding was ook net ‘n geleentheid vir Afriforum en Solidariteit om bek te rek. Eskom stel níé belang in oplossings nie, veral nie wanneer die kundiges wit is nie!!

marius ·

Alles is onverwags ? Twak man , julle weet presies in watter toestand alles is . Waarom erken julle nie dat die hele plek gevou het nie ? Jul verskoningtjies is pateties !

Samuel ·

Mantashe het na bewering gesê “electricity is a colonial luxury”.

Jack ·

Die oorsaak is veelvoudig en kompleks maar kortlik saamgevat: Die ANC regering.

Republikein in die Wes Kaap ·

Na 14 jaar se beurtkrag is dit ‘n geldige vraag. Word dit doelbewus gedoen om Eskom te knak en te vervang met ‘n nuwe kragreus wat aan die kaders behoort, gebou met belasting geld?

piet ·

In die afgeloopte 14 jaar was daar darem ‘n lang tydperk wat daar geen kragonderbrekings was nie. Ek weet dit was erg in 2006, dit kan ek goed onthou. Dis nou erger as ooit.

Kobus ·

Vreemd dat daar skielik (ek dink) 57 opwekkers op dieselfde tyd onklaar geraak het………..dalk nie so vreemd nie. 1 + 1 = 2

Papsak ·

Wees liewers eerlik met land se mense en se wat gaan regtig aan by Eskom kom staaf ons ons wag

Ina ·

Te gewoond aan spoeg en plak en ons moet betaal. Daar is genoeg kundige mense wat bevoeg is om die werk te doen kry hulle net.

Samuel ·

Alles gebeur onverwags by Eskom. Die kragtoevoer word ook onverwags herstel.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Eish, ek stel voor dat die regering alle wettige en onwettige skrootwerwe genooi word om onverwyld binne ‘n maand alle kragstasies te kom aftakel en wegry. Dan kan die ANC/SAKP/COSATU/EFF-regering met hul kaders splinter nuwe kragstasies bou wat sal voldoen aan alle eMzansibabwe kommunistiese kwaliteitsvereistes.

Keelvol ·

Ek neem aan dat dit nou maar gedane sake is. Oh well…. Wanneer die krag opwekkings eenhede breek dan stel ons maar net beurt Krag in. Ons hoef nie n oplossing te bied nie. Die publiek moet maar te vrede wees.

James ·

Sou jy ‘n gelaaide geweer aan ‘n kind oorhandig, is dit ‘n kwessie van tyd voordat skade volg. Sou jy gevorderde tegnologie aan ‘n klomp kinders oorhandig, is dit ‘n kwessie van tyd voordat skade volg.

MAGRIETHA ·

Ek dink dis tyd dat die regering elke huishouding subsideer met installeering en gebruik van sons krag stelsels en son verhitte warmwater stelsels , eskom kan nie meer vertrou word nie te veel verskonings en die publiek en die ekonomie ly daaronder, ekt op n aanleg gewerk wat nou al 70 jaar oud is maar da is n hand gehou oor hom en mense met goeie kennis het dit bedryf

Johan ·

Sit dit af, sit dit af! Met apologie aan Johannes Kerkorrel….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.